Stem vir Mej. Namibië op Mej. Heelal-webtuise - January 6, 2023

Mej. Namibië 2022, Cassia Sharpley is in die Amerikaanse stad New Orleans, Louisiana, om Namibië by die Mej. Heelal-kompetisie te verteenwoordig. Die 71ste Mej. Heelal word op 14 Januarie gekroon. Die Namibiese Uitsaaikorporasie, NBC, se raadsvoorsitter, Lazarus Jacobs, versoek Namibiërs om vir Cassia op Mej. Heelal se webtuiste te stem om die semi-finaal van dié […]

Read More

Swendelaars eis geld om verkeersboetes te betaal - January 6, 2023

 Die Namibiese polisiemag in die Erongo-streek het lede van die publiek gemaan om waaksaam te wees teen swendelaars wat betalings vra vir beweerde verkeersboetes en lasbriewe vir inhegtenisneming. Nampol se bevelvoerder vir gemeenskapsake in Erongo, inspekteur Ileni Shapumba, sê talle klagtes is ontvang oor swendelaars wat hulself telefonies as polisiebeamptes identifiseer en geld van die […]

Read More

Duidelikheid oor e-tolskuld gevra - January 6, 2023

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, vra duidelikheid oor die omvang van Gauteng se bydrae om die e-tolskuld te vereffen en hoe die voorgestelde terugbetaling gaan werk. Hulle hoor voortdurend dat die regering en Sanral se tegniese span steeds onderhandel oor ‘n finale ooreenkoms vir die afskaffing van e-tol. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê […]

Read More

Skietgevegte in Mexiko ná El Chapo se seun vasgetrek is - January 6, 2023

Die inhegtenisneming van een van die seuns van ‘n berugte Mexikaanse dwelmbaas het gelei tot wydverspreide skietgevegte in die stad Culiacan. Die 32-jarige Ovidio Guzmán word deur die VSA gesoek vir dwelmhandel. Hy is die seun van Joaquin Guzmán, bekend as “El Chapo”, wat bestempel as een van die wêreld se magtigste dwelmbase. Die jonger […]

Read More

Motorsport: Nasser-span rek algehele voorsprong - January 6, 2023

Toyota Gazoo Racing het nóg ’n oorwinning in die sakkie tydens die vyfde sneltrajek  van die 2023 Dakar-wedren. Die vyfde sneltrajek was 373 kilometer lank, maar dit was nie ‘n maklike dag in die duine van Saoedi-Arabië nie. Nasser Al-Attiyah en sy navigator Mathieu Baumel is steeds die voorlopers. Al-Attiyah is tevrede met hul algehele […]

Read More

Eiendomsagent: Namibiese huurmark onder druk - January 6, 2023

Sedert die repokoers in Desember 2022 aangekondig is, word sommige Namibiese huishoudings gedwing om hul lewenstyl af te skaal deur na goedkoper verblyf-opsies te soek. Sommige eienaars het nie hul verbande betaal nie en huurders nie hul huur betaal voordat met vakansie vertrek het nie. Die ekonomiese druk het ‘n beduidende impak op die land […]

Read More

Dwelms gevind tydens klopjag in Pollsmoor - January 6, 2023

Beamptes van korrektiewe dienste in die buurland, in samewerking met lede van die teenbende-eenheid en misdaad-intelligensie, het ‘n klopjag by die Pollsmoor korrektiewe sentrum in Kaapstad uitgevoer. Die nasionale kommissaris, Makgothi Thobakgale, sê hulle het op smokkelgoedere afgekom, insluitende dagga, selfone, laaiers en tuisgemaakte wapens. Thobakgale sê die smokkelgoedere word deur sommige van hul lede […]

Read More

Zelensky verwerp skietstilstand tydens Ortodokse Kersfees - January 6, 2023

Oekraïnse President Volodymyr Zelensky het Rusland se aankondiging oor ‘n wapenstilstand tydens die Ortodokse Kersfees verwerp. Hy sê dis ‘n poging om die vordering van Oekraïnse magte in die oostelike Donbas-streek te stuit. Zelensky het Russies gepraat in sy gesamentlike boodskap aan die Kremlin en die Russiese volk. Hy sê Moskou het Kiëf se eie […]

Read More

Krieket: Reën fnuik weer derde toets tussen Proteas en Aussies - January 6, 2023

Krieket: Reën het enige spel verhoed op die derde dag van die derde en laaste toets tussen Suid-Afrika en Australië in Sydney. Die weer het ook die eerste twee dae op die SCG verkort en altesaam 49 boulbeurte het reeds verlore gegaan. Teen uitskeityd op die tweede dag was die tuisspan op 475 vir vier, […]

Read More

President van Busa een van invloedrykstes in Afrika - January 6, 2023

Die president van Business Unity South Africa en ook die kanselier van die Universiteit van die Vrystaat, Bonang Mohale is op Reputation Poll International se lys van die mees gerespekteerde Afrikane vir 2023. Die verkiesings-kriteria het reputasie, invloed en sigbaarheid ingesluit. Mohale is ook ‘n skrywer van topverkopers, professor in die regte aan die Johannesburgse […]

Read More