Inwoners van Moses //Garoeb-kiesafdeling traag om te stem   - January 6, 2023

Volgens die Verkiesingskommissie van Namibië is inwoners van die Moses //Garoeb-kiesafdeling in Windhoek traag om in vandag se tussenverkiesing te stem. Die tussenverkiesing is genoodsaak weens die dood van die kiesafdelings-raadslid, Aili Venonya, in Oktober verlede jaar. Ná Venonya se afsterwe het die kiesafdeling geen raadslid gehad nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Rakondjerua Kavari, […]

Read More

ANC wil Befondsingswet vir Politieke Partye hersien   - January 6, 2023

Die ANC het na afloop van sy 55ste nasionale konferensie besluit dat die Befondsingswet vir Politieke Partye hersien moet word. Ingevolge dié wet moet politieke partye kwartaalliks alle skenkings hoër as 100 000 Suid-Afrikaanse rand aan die Verkiesingskommissie verklaar. Die ANC se verteenwoordiger vir die kommissie vir ekonomiese transformasie, finansies en volhoubaarheid, Joe Maswangayi, sê […]

Read More

Tennis: Waar is Naomi Osaka?   - January 6, 2023

Tennis: Niemand weet blykbaar of die twee-malige gewese kampioen, Naomi Osaka, wel aan vanjaar se eerste Grand Slam-toernooi gaan deelneem nie. Die Japanse speler het vroeër haar deelname bevestig aan die Australiese Ope wat volgende Maandag in Melbourne begin, maar is blykbaar op die oomblik in die Amerika. Dit volg op ‘n reis deur Europa […]

Read More

Landwye tekort aan bloed in Namibië - January 6, 2023

Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het ‘n kritieke tekort  by bloedbanke landwyd ná die feesseisoen. Hulle doen ‘n beroep op alle bloedskenkers, veral dié met die O-tipe en B-tipe bloedgroep om bloed te skenk. Die woordvoerder van die diens, Titus Shivute, sê aan Kosmos 94.1 Nuus môreoggend vanaf agt-uur tot twee-uur die middag kan Windhoekers die bloedskenk-kliniek […]

Read More

Oud-ombusman geskok oor geweld teen Namibiese kinders - January 6, 2023

Die voormalige Namibiese ombudsman, advokaat John Walters het sy skok uitgespreek oor onlangse skokkend voorvalle van geweld teen kinders. Vandeesweek het die 88-jarige Gustav Willem wat van die verkragting en moord op ‘n drie-jarige meisie aangekla word, het in die landdroshof op Ondangwa verskyn. Die 39 jarige Maria Johannes, die vermeende aanrander van ‘n verwaarloosde […]

Read More

Herwinbare verpakkings moet vir varsprodukte gebruik word - January 6, 2023

‘n Dringende beroep word op Suid-Afrikaanse boere gedoen om aandag te skenk aan die verpakkings-metodes van hul varsprodukte. Die groephoof van vernuwing, navorsing en ontwikkeling van Mpact, Valeska Cloete, het op die internasionale varsprodukte-vereniging, IFPA, se Fresh Solutions-geleentheid in Johannesburg gepraat. Sy sê ‘n dringende behoefte bestaan dat boere aandag moet skenk aan die volhoubaarheid […]

Read More

OB volstaan geen bewyse van Tembisa-tienling gevind - January 6, 2023

Die omstrede Suid-Afrikaanse joernalis wat die “Tembisa-tienling” bekendgestel het, volstaan met sy storie. Die redakteur van Pretoria News, Piet Rampedi, het in Junie 2021 die geboorte van Gosiame Sithole se tienling aan die Gautengse Oos-Rand aangekondig. Geen bewyse van die tien babas is egter ooit gevind nie, wat bevestig is in ‘n verslag van die […]

Read More

Franse César-filmtoekennings verander sy reëls - January 6, 2023

Die Franse weergawe van die Oscars het aangekondig enigiemand wat moontlik tronkstraf kan uitdien vir seksuele aanranding mag nie sy geleentheid in 2023 bywoon nie. Die César-toekennings vind aanstaande maand plaas en die besluit is geneem uit respek teenoor moontlike slagoffers. Die plegtigheid sal die Franse akteur, Sofiane Bennacer uitsluit, wat ondersoek word vir bewerings […]

Read More

Twee in hof oor mislukte transito-rooftog by Mosselbaai - January 6, 2023

Die Valke sê hulle verwag dat nog verdagtes binnekort in hegtenis geneem sal word in verband met ‘n poging tot ‘n transito-rooftog in die Wes-Kaap. Dit volg op ‘n voorval waarin ses mans ‘n pantser-voertuig by ‘n Engen-vulstasie buite Mosselbaai aangeval het. Die Valke se woordvoerder, Zinzi Hani, sê die verdagtes het die veiligheidswagte van […]

Read More

Minstens 700 babas per maand by Noorde-hospitaal gebore - January 6, 2023

Volgens die waarnemende mediese superintendent van die Onandjokwe-staatshospitaal naby Ondangwa in hospitaal, word 7 500 babas per jaar by die hospitaal gebore. Dr. Saad Rwehumbiza sê ten minste 700 babas word per maand by die hospitaal gebore en soms een elke uur, daarom is personeel opgewonde dat die konstruksie van die kraamsaal van 59 miljoen […]

Read More