Binnelandse sake se agterstand eers oor twee jaar uitgewis - December 12, 2022

Die DA sê die departement van binnelandse sake het tans ‘n agterstand van 56 543 in alle visumkategorieë en hulle verwag om hierdie agterstand eers teen Junie 2024 uit te wis. Die departement van staatsdiens en administrasie het skriftelik op die DA se parlementêre vrae geantwoord. Die DA-lid, Adrian Roos, sê dit maak van buitelandse […]

Read More

IPC-leier is druk besig met sy presidensiële veldtog - December 12, 2022

Die leier van die Independent Patriots for Change, dr. Panduleni Itula, is druk besig met sy 2024-presidensiële veldtog. Hy was weer die naweek, soos elke naweek, bedrywig. Hy het besoek afgelê by gemeenskappe in die Nehale LyaMpingana-kiesafdeling in die Oshikoto-streek. Dr. Itula het ‘n unieke styl van veldtog voer. Hy hou geen byeenkomste nie maar […]

Read More

Aktivis: ANC versuim om bevoegde leiers aan te stel - December 12, 2022

‘n Voormalige studente-aktivis, Mcebo Dlamini, sê die ANC het versuim om bevoegde leiers aan te stel. Dit volg dae voor die party se 55ste nasionale verkiesingskonferensie wat in Nasrec, Johannesburg, plaasvind. Dlamini sê die stand van leierskap in die regerende party is twyfelagtig en die land se beeld is op die spel. Hy sê die […]

Read More

Opsetlike saakbeskadiging by winkelsentrum veroordeel - December 12, 2022

Die provinsiale polisiekommissaris in Gauteng, Elias Mawela, veroordeel ‘n voorval van aanranding en opsetlike saakbeskadiging in die Willow Way-winkelsentrum in Garsfontein, in die ooste van Pretoria, wat op kamera vasgevang is. Na wat verneem word het die Garsfontein-polisie ‘n klag van aanranding ontvang. ‘n Polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê met hul aankoms het hulle die slagoffer, […]

Read More

Lyke van 27 mans by Lusaka gevind - December 12, 2022

Die lyke van 27 mans, vermoedelik migrante van Ethiopië, is deur die polisie aan die buitewyke van die Zambiese hoofstad, Lusaka gevind. Owerhede sê die mans is vermoedelik aan honger en uitputting dood. Een migrant is lewend gevind en na die hospitaal geneem. Die oorledenes is na ‘n lykshuis geneem sodat die presiese oorsaak van […]

Read More

Stad Kaasptad lei Operasie Eksodus  - December 12, 2022

Stad Kaapstad sê die stad se verkeersdiens sal weer gratis voertuig-kontroles vir langafstand-openbare vervoeroperateurs aanbied, onder die vaandel van Operasie Eksodus. Dit volg terwyl duisende reisigers gereed maak om volgende week die pad te vat. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê Operasie Eksodus is ‘n jaarlikse voertuig-veiligheids-bewusmakingsveldtog wat deur die […]

Read More

‘n Derde van Namibiese kinders onderwerp aan geweld  - December 12, 2022

Volgens Laura McLeod-Katjirua, streeksgoewerneur van Khomas, word ‘n geskatte derde van kinders in Namibië jaarliks aan geweld onderwerp. Alhoewel baie bereik is in terme van die implementering van beleide en wette vir geslagsgelykheid en vroue-bemagtiging, moet die regering steeds sy kollektiewe pogings versterk, veral op die gebied van regsgeletterdheid. Die voormalige kinderadvokaat by die kantoor […]

Read More

Shoprite mag sekere winkels van Massmart verkoop  - December 12, 2022

Die Mededingingstribunaal het aan Shoprite goedkeuring verleen om sommige supermarkte, groothandelaars en drankwinkels van Massmart op sekere voorwaardes te koop. Die kleinhandelaar moet tien Massmart-winkels oorlos, wat Cambridge en Rhino Cash and Carry insluit, om aan onafhanklike derde partye verkoop te word. Die tribunaal het beveel dat daar geen afleggings as gevolg van die samesmelting […]

Read More

Valke ondersoek aansporingskema in Noord-Kaap - December 12, 2022

Die DA in die Noord-Kaap verwelkom die ondersoek deur die Valke na die aansporingskema van die Sol Plaatjie plaaslike munisipaliteit. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Chris Whittaker, sluit dit die owerheid se Kimberley Aansporingsnetwerkvereniging in asook die gevolglike instandhouding van inisiatiewe om skuld af te skryf. Hy sê dit sluit ‘n ooreenkoms met ‘n […]

Read More

Iran hang tweede man in openbaar  - December 12, 2022

Iran het vandag ‘n tweede man binne ‘n week in die openbaar gehang nadat hy vroeër skuldig bevind is ween sy optrede tydens die voortslepende betogings oor die land heen. Die 23-jarige Madjid Rhanaward is in Masjhad terggestel. Hy is 23 dae tevore in hegtenis geneem terwyl hy glo uit die land probeer vlug het. […]

Read More