
Twee winkelwerkers vasgetrek na rooftog - December 13, 2022
Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ‘n rooftog by Cosmetica by die Black Chain-inkoopsentrum. Volgens Nampol het die verdagtes met ‘n mes in die winkel ingegaan en met kontant van meer as 100 000 Namibiese dollar weggehardloop. Een verdagte is ‘n voormalige werker, terwyl die ander een tans in diens van die […]
Ombudsman sê 5G moet ondersoek word - December 13, 2022
Die Namibiese ombudsman, Basilius Dyakugha, sê meer navorsing moet oor 5G-tegnologie gedoen word. MTC sê hy het sy netwerk-infrastruktuur opgegradeer om te verseker dat hy gereed is om 5G-tegnologie te ontplooi. Die stappe is geneem ter voorbereiding vir die toekomstige opheffing van die land se bestaande moratorium op 5G. Die inligtingsminister dr. Peya Mushelenga het […]
Bathabile Dlamini sê sy gaan nie geboelie word - December 13, 2022
Die gewese leier van die ANC-vroueliga, Bathabile Dlamini, sê geen struktuur in die regerende party is bo die konferensie verhef nie. Sy daag die besluit uit om haar te diskwalifiseer om as kandidaat te staan vir ‘n posisie in die nasionale uitvoerende komitee. Sy is weens haar vorige skuldigbevinding nie kiesbaar nie. Dlamini het in […]
Proteas se boulers moet blitsig wees - December 13, 2022
Krieket: Die Proteas se boul-afrigter Charl Langeveldt sê die boulers sal vinnig en beslissend moet optree as hulle sukses wil behaal in Australië. Die eerste van drie toetse tussen die twee nasies begin Saterdag op die Gabba in Brisbane. Langeveldt sê dis belangrik om vroeg sielkundige punte met die bal aan te teken teen ‘n […]
Johannesburgers moet opstaan na vloede - December 13, 2022
Die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, sê almal moet nou saamwerk om ‘n mate van normaliteit te skep ná die onlangse vloede, wat infrastruktuur vernietig en lewensbestaan verwoes het. Altesame 339 mense is deur oorstromings geraak, met 269 huise en plakkershutte wat meegesleur is. Klipspruit is die ergste geraak. Phalatse sê hulle sal voortgaan om […]
Altesaam 3 050 aborsies vind oor twee jaar in Namibië plaas - December 13, 2022
Die Namibiese gesondheidsministerie sê altesaam 3 050 aborsies is in 2020 en 2021 aangeteken. Dit sluit spontane, pogings, mislukte en ander tipes aborsies in. Die direkteur van primêre gesondheidsorg, Naomi Shoopala, sê die ministerie het 1 407 aborsies vir die 2021/22-boekjaar aangeteken en 2 080 vir 2020/21. Sy sê 1 567 spontane aborsies is in […]
Geen geheime stemming in NV oor Phala Phala-verslag - December 13, 2022
Die speaker van die Nasionale Vergadering in die buurland, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het versoeke dat lede in die geheim oor die Phala Phala-verslag stem, van die hand gewys. Parlementslede stem vandag of daar voortgegaan moet word met ‘n ampsklag teen president Cyril Ramaphosa. Die verslag het bevind die president het moontlik sy ampseed geskend deur sy […]
ActionSA vra dat ramptoestand in Gauteng verklaar word - December 13, 2022
ActionSA in Gauteng doen ‘n beroep op premier Panyaza Lesufi om ‘n provinsiale ramptoestand af te kondig ná die oorstromings. Na raming is byna 2 000 huishoudings in Soweto en meer as 1 000 in Protea-Suid deur swaar reën geraak. ActionSA se woordvoerder, Bongani Baloyi, sê hulle besef die oorstromings kon nie vermy word nie, […]
Nuwe President van Peru stel vroeë verkiesings voor - December 13, 2022
Peru se nuwe President, Dina Boluarte, het ‘n vroeë verkiesing voorgestel nadat wydverspreide betogings uitgebreek het. Twee tieners is Sondag dood in skermutselings tussen die polisie en betogers, wat eis dat ‘n vroeë verkiesing gehou word nadat die gewese President Pedro Castillo afgedank is ná sy poging om die parlement te ontbind. Boluarte sê sy […]
NVG: Alle Suid-Afrikaners moet baat - December 13, 2022
Die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Joe Phaahla, sê die Nasionale Gesondheidsversekering moet op ‘n manier ingestel word dat alle Suid-Afrikaners daarby baat. Hy het deelgeneem aan ‘n beleidsdialoog oor universele gesondheidsdekking. Die minister sê die proses om die wetsontwerp te finaliseer is in ‘n gevorderde stadium, en raadpleging moet nog afgehandel word. Phaahla verwag dat […]