Onluste: 61 vermeende aanhitsers weer in Mei ’23 terug in die hof - December 1, 2022

Een-en-sestig vermeende aanstigters van die openbare geweld in KwaZulu-Natal in Julie verlede jaar moet oor ses maande weer in die Landdroshof in Durban verskyn. Hulle was gister in die hof op aanklagte van openbare geweldpleging, en sal met waarskuwings op borgtog bly terwyl verdere ondersoeke aan die gang is. Natasha Ramkisson-Kara van die Nasionale Vervolgingsgesag […]

Read More

Fishrot-lot terug in die bank vandag - December 1, 2022

Die Fishrot-lot verskyn vandag weer in die Windhoekse hoërhof nadat hulle meer as drie jaar gelede in hegtenis geneem is in verband met die omstrede korrupsieskandaal wat die land geskud het. Die beskuldigdes Mike Nghipunya, Bernhardt Esau, James Hatuikulipi, Tamson Hatuikulipi, Sacky Shanghala, Nigel van Wyk, Otneel Shuudifonya, Pius Mwatelelo en Phillipus Mwapopi, is steeds […]

Read More

Phala Phala: Cyril is in die sop… - December 1, 2022

Die onafhanklike Artikel 89-paneel het prima facie-bewyse gevind dat President Cyril Ramaphosa sekere dele van die Grondwet oortree het. Die paneel onder voorsitterskap van afgetrede hoofregter Sandile Ngcobo moes vasstel of daar ‘n saak was om ‘n ampsklag teen die president in te dien oor die diefstal op sy Phala Phala-plaas in Limpopo. Die paneel […]

Read More

‘Saoedi-kroonprins probeer Amerikaanse regstelsel manipuleer’ - December 1, 2022

Die Saoedi-Arabiese kroonprins Mohammed bin Salman word daarvan beskuldig dat hy betrokke was by ‘n poging om die Amerikaanse hofstelsel te manipuleer. Dit was in ‘n poging om straf vry te spring in ‘n siviele saak wat deur die verloofde van Jamal Khashoggi aanhangig gemaak is. Die Biden-administrasie het verlede week beslis dat prins Mohammed […]

Read More

Geingos gesels oor veldtogte op Wêrelddag vir Vigs - December 1, 2022

Die presidentsvrou van Namibië Monica Geingos herdenk vandag saam met ander presidentsvroue van Afrika, die Afrika-unie en UNAIDS die Wêrelddag vir Vigs wat jaarliks op 1 Desember gevier word. Geingos sê dat veldtogte om die impak van MIV op vroue en kinders aan te spreek, suksesvol voltooi is en hulle beplan om nog ‘n veldtog […]

Read More

Paulus Noa: Korrupsie moet in SAOG-streek uitgewis word - November 30, 2022

Paulus Noa, die direkteur-generaal van die Teen-korrupsie Kommissie van Namibië, is tot die nuwe voorsitter van die SAOG Teen-korrupsie subkomitee verkies tydens die vergadering van die hoofde van die SAOG Teen-korrupsie agentskappe het in Johannesburg, Suid-Afrika. Noa sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarop hy as voorsitter sal fokus.

Read More

Plaaslike banke is nog risiko-sku - November 30, 2022

Plaaslike banke gaan voort om hul beleggings teen ‘n vinniger tempo te vergroot as kredietverlening aan hul kliënte. Dit bevestig weer eens dat banke meer risiko-sku geraak het in die huidige ekonomiese klimaat ,terwyl die vraag na krediet relatief hoog bly, ondanks die rentekoersverhogings. Met die ekonomiese vooruitsigte wat aansienlik verbeter het vir Namibië oor […]

Read More

Outa vra verduideliking oor Gauteng se e-tol-skuld - November 30, 2022

Die Organisasie teen Belastingmisbruik eis ‘n verduideliking oor die padagentskap Sanral se e-tol-skuld en die Gautengse Snelwegverbeteringsprojek se gedeelte hiervan. Die organisasie is bekommerd die provinsiale regering sal die skuld aan Sanral moet betaal. Outa sê paaie word in ander provinsies gebou sonder dat die provinsiale regerings die kostes daarvan hoef te dra. Die uitvoerende […]

Read More

Geduldige kolfwerk van Aussies werp vrugte af - November 30, 2022

Krieket: Geduldige kolfwerk het vrugte afgewerp vir Australië in die eerste toets teen die Wes-Indiese Eilande op die Waca in Perth. Kaptein Pat Cummins het besluit om eerste te kolf in warm en droë toestande en die Aussies het die dag in ʼn baie goeie posisie afgesluit met 293 vir net twee paaltjies. Die gebore […]

Read More

Namibian Marine Phosphate se omgewingsimpakverslag is by Omgewingskommissaris ingedien - November 30, 2022

Namibian Marine Phosphate het ‘n onafhanklike omgewingspraktisyn aangestel wat die assesseringsfase voltooi het en die finale mariene-omgewings- en maatskaplike impak-verslag aan die omgewingkommissaris en relevante owerhede voorgelê het. Die maatskappy wil vir sy Sandpiper-projek, marienefosfaat naby Walvisbaai ontgin. Altesaam 133 belanghebbendes het amptelik as geraakte partye geregistreer en die verslag is beskikbaar gemaak vir openbare […]

Read More