
Sewe mans gevonnis vir plaasmoord - December 13, 2022
Die hooggeregshof in Mpumalanga het sewe mans gevonnis vir die moord op ‘n boer, Deon de Bruyn, en die poging tot moord op Estelle Jansen. Die moordenaars was seisoenwerkers wat vroeër algemene arbeid op die plaas gedoen het. Al die moordenaars is tot 15-jaar regstreekse tronkstraf gevonnis, behalwe Fannie Mkhabela wat tot lewenslange tronkstraf gevonnis […]
Omgewingsministerie het gemengde gevoelens oor COP19 - December 13, 2022
Die Namibiese omgewingsministerie sê die Cites COP19-beraad se uitkomste word met gemengde gevoelens begroet. Goeie nuus is dat alle kiaathout voortaan invoer- en uitvoerpermitte van Cites, sal benodig. Kiaat is een van die mees gesogte houtspesies wat in die meeste Suider-Afrikaanse lande voorkom, insluitend Namibië. Dit volg op ’n voorstel wat deur Benin, die Ivoorkus, […]
Kaapstad-lughawe lok miljoene toeriste - December 13, 2022
Die Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, Mireille Wenger, sê net meer as sewe miljoen tweerigting passasiers het tussen Januarie en November vanjaar deur die Kaapstadse Internasionale Lughawe beweeg. Dit sluit 1,62 miljoen internasionale en 5,39 miljoen binnelandse retoer-passasiers in. Wenger sê hulle verwag ‘n uiters indrukwekkende somerseisoen met 191 internasionale vlugte wat vanaf […]
Pandor sê SA speel aktiewe rol in VN - December 13, 2022
Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, het die versekering gegee dat Suid-Afrika steeds ʼn aktiewe rol in die Verenigde Nasies sal speel. Sy het gesê die land sal dit doen deur middel van organisasies soos die Menseregteraad, om te verseker dat dit die mense van die wêreld dien. Suid-Afrika is verkies om vir […]
Fransman is Ferrari se nuwe baas - December 13, 2022
Motorsport: Die Ferrari Formule Een-span het bekend gemaak dat hy die Fransman, Frederic Vasseur, as sy nuwe spanhoof en hoofbestuurder aangestel het. Dit volg op die bedanking verlede maand van Mattia Binotto, nadat die Italiaanse span hierdie seisoen nie juis ʼn bedreiging vir Red Bull gebied het nie. Vasseur verlaat sy pos na vyf jaar […]
Valke slaan toe op Thembisa-hospitaal - December 13, 2022
Die Valke het op die Thembisa-hospitaal toegeslaan ná bewerings van bedrog en korrupsie. Babita Deokaran het kort voor haar moord in 2021 onthullings gemaak oor ernstige finansiële ongerymdhede. Die premier, Phanyaza Lesufi, het die media oor bedrog- en korrupsie-ondersoeke in verskeie Gautengse instellings ingelig en aan die lig gebring dat die senior bestuur verantwoordelik was […]
Geingob: Klimaatsverandering is nie Afrika-probleem - December 13, 2022
President Hage Geingob sê met die regte soort samewerking en vennootskappe het die tyd aangebreek om te verseker dat niemand agterbly in die wêreldwye ambisie van energie vir almal nie. Geingob woon die VS-Afrika-leiersberaad in Washington DC plaas. Hy het herhaal dat Afrika minder koolstofdioksied in die atmosfeer vrystel, maar dit word ongelukkig buite verhouding […]
Tweelingseuntjies op Walvis-stortingsterrein weggegooi - December 13, 2022
Die Namibiese polisie in die Erongostreek-polisie ondersoek ‘n saak van babastorting nadat ‘n onbekende verdagte geboorte geskenk het aan tweelingseuntjies en hulle by ‘n plaaslike stortingsterrein in Walvisbaai weggegooi het. Die liggame is deur gemeenskapslede ontdek, wat toe die polisie in kennis gestel het. Geen verdagte is tot dusver in hegtenis geneem nie. Die polisie […]
Wes-Kaapse adjunk-speaker weier glo om BMW terug te gee - December 13, 2022
ActionSA in die Wes-Kaap doen ‘n beroep op die nuwe speaker van die provinsiale wetgewer, Daylin Mitchell, om onmiddellik die aanbevelings in die staatsprokureur se verslag in te stel. Mitchell is Dinsdag verkies. Michelle Wasserman van ActionSA sê advokaat Mukesh Vassen het bevind die adjunk-speaker, Beverley Schäfer van die DA, se weiering om ‘n BMW […]
Nadoodse ondersoek op liggaam van VSA sportjoernalis - December 13, 2022
Die liggaam van die Amerikaanse sportjoernalis Grant Wahl het in sy vaderland aangekom vanuit Katar, waar hy tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi gesterf het. ’n Lykskouing sal uitgevoer word om die oorsaak van sy dood te bepaal. Die 49-jarige Wahl is Vrydag dood nadat hy tydens die wedstryd tussen Argentinië en Nederland ineengestort het. Hy het verlede […]