
Starmer vaar uit teen Sunak oor behuising - December 1, 2022
Die leier van die Arbeidersparty in Brittanje, Sir Keir Starmer, het uitgevaar teen ‘n aanpassing in premier Rishi Sunak se regering in behuisingsteikens. Die Tories het in 2017 beloof om teen 2025, 300 000 nuwe behuisingseenhede beskikbaar te stel maar, het nou die teiken laat vaar as gevolg van die resessie. Daar is ‘n erge […]
Blitsbokke sal alles gee in Dubai - December 1, 2022
Die Springbok-sewes se kaptein Siviwe Soyizwapi sê hulle is vasbeslote om die naweek ‘n beter vertoning in die Dubai-afdeling van die Wêreldreeks te lewer. Die Blitsbokke is in Groep A saam met Groot Brittanje, Kenia en Australië. Suid-Afrika is die verdedigende kampioene en het die Dubai-sewes al nege keer gewen. Hulle het vroeër die maand in die eerste toernooi in Hongkong sewende […]
Verbod op verkope, uitvoere van skrootmetaal in SA - December 1, 2022
Die regering het ‘n verbod van ses maande op die verkoop en uitvoer van skrootmetaal ingestel. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Ebrahim Patel, het aan die media gesê dit het ten doel om dit moeiliker te maak vir misdadigers om gesteelde koperkabel en skrootmetaal te hou en te verkoop. Die verkoop van skrootmetaal berokken die ekonomie jaarliks meer as 47 miljard Suid-Afrikaanse rand se […]
Versgtig vir bankslenters - December 1, 2022
Soos die feesseisoen naderkom, herinner Standard Bank Namibië hul kliënte om waaksaam te wees terwyl hulle banksake doen. As gevolg van die moeilike ekonomiese tye, word ‘n toename in swendelaars gesien wat nuwe taktieke probeer om mense te bedrieg. Die meeste van hierdie swendelaars sal kliënte bel, en beweer dat hulle van die bank af […]
Teenmisdaad-operasie in Zambezi geloods - December 1, 2022
Die veiligheidskluster in die Zambezi-streek het ‘n gesamentlike operasie vir die feesseisoen van stapel gestuur. Die operasie is ‘n inisiatief van die kantoor van die goewerneur, Lawrence Sampofu. Die streek se paaie, en veral die vervoer van vrag sal onder die loep kom. Die polisie, sy spesiale reserwemag en die weermag neem aan die operasie deel. Die streek gaan die afgelope tyd […]
Meeste moorde in Kaap steeds as gevolg van bende - December 1, 2022
Bendeverwante geweld is steeds die hoofoorsaak van moordsake in die Wes-Kaap. ‘n Kriminoloog, Guy Lamb, het beklemtoon hoe ondoeltreffend die provinsiale regering is met die hantering van hierdie saak. Die onlangse misdaadstatistiek het getoon die provinsie het tussen Julie en September meer as een-duisend moorde aangeteken. Lamb sê die hoof-aandrywer van die opwaartse neiging in moorde […]
Russiese kunsmis is op pad Afrika toe - December 1, 2022
Die eerste besending Russiese kunsmis vir Afrika is vort uit Nederland. Die woordvoerder vir die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, Stephane Dujarric, sê die besending is onderweg na Malawi deur Mosambiek en is die eerste van ʼn reeks uitvoere wat in die komende maande vir Afrika-lande bestem is. Volgens Dujarric is 20 000 ton stikstof, fosfor en kalium […]
Cyril moet opsystaan - December 1, 2022
Die African Transformation-beweging in die buurland sê hy voel in die gelyk gestel nadat die Artikel 89-paneel bevind het daar is prima facie-bewyse teen President Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-sage. Die paneel is aangestel ná ‘n mosie deur die beweging se leier, Vuyolwethu Zungula, dat Ramaphosa verwyder word op grond van oortreding van die […]
Oortellery van Swapo-stemme op ys… geen uitsluitsel nie - December 1, 2022
Daar is nog geen uitsluitsel oor die oortellery van die stemme vir lede van Swapo se sentrale komitee nie. Die top-leierskap van die party was omtrent die hele dag Woensdag in ‘n vergadering en dit het die vertraging veroorsaak. Die party se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa het Dinsdagaand opdrag gegee dat die stemme oorgetel moet word nadat sy blykbaar 19 amptelike klagtes ontvang het, en […]
Vervoerder sê oor tolfooie op Namibië se paaie - December 1, 2022
Nasionale Raadslede wil hê dat swaar vragmotor-tolfooie op nasionale paaie verhoog word, met die opbrengs wat vir padinstandhouding gaan. Hulle het debat gevoer oor die Padfondsadministrasie-wetsontwerp. Ter ondersteuning van die wetsontwerp is die Kabbe-Suid-raadslid John Likando een van die lede wat vra vir verhoogde heffings. Likando het gekla dat swaar vragmotors wat goedere by kushawens […]