
ActionSA: ANC stel party voor Grondwet en SA mense - December 14, 2022
ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê die ANC-lede in die parlement het weer eens bewys die party sal altyd voor hulle ampseed, die Grondwet en Suid-Afrika se mense gestel word. ANC-LP’s het gestem teen die instelling van ‘n ampsklag-proses teen President Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-verslag. Mashaba sê dit was teen die wil van […]
Esau en Van Wyk vra weer vandag vir borgtog - December 14, 2022
Fishrot-beskuldigde en voormalige minister van visserye, Bernhardt Esau, en Nigel van Wyk gaan vandag weer probeer om hul vryheid in die Windhoekse hoërhof te kry. Een van hul medebeskuldigdes, Tamson Hatuikulipi, is Maandag ingelig dat hy nog Kersfees saam met die res van die Fishrot-lot agter tralies sal deurbring, aangesien die uitspraak vir sy borgaansoek […]
Anglikaanse aartsbiskop sê Ramaphosa se geloofwaardigheid is geskend - December 14, 2022
Die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, sê die Phala Phala-sage is nie verby nie omdat die land nog die Nasionale Vervolgingsgesag, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Reserwebank se mening moet hoor. Die Nasionale Vergadering het Dinsdag teen die aanvaarding van die Artikel 89-paneel se verslag gestem. Die paneel het bevind Ramaphosa het moontlik die […]
Britse premier belowe einde aan agterstand van asielsoekers - December 14, 2022
Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, sê 400 spesialiste sal aangestel word om eise van Albanese te hanteer in ‘n poging om die agterstand met asielsoekers teen die einde van volgende jaar uit die weg te ruim. Daar is tans 143 377 mense wat nog wag op ‘n beginselbesluit oor hul aansoeke. Volgens Sunak sal […]
Oyo-trust gaan voort met MIV/vigs-bewusmaking - December 14, 2022
Namibiërs gaan voort om bewusmaking te skep oor MIV/vigs. Alhoewel Wêreld-vigsdag jaarliks op 1 Desember sedert 1988 herdenk word, moet bewusmaking van die vigs-pandemie voortduur. Dr. Philippe Talavera, direkteur van die Oyo-trust sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat vigsbewustheid ‘n voortdurende poging moet wees. Dr. Talavera deel Oyo se aktiwiteite wat by die kus sal […]
Walvisbaai het alternatiewe planne vir watertoevoer - December 14, 2022
NamWater doen ‘n beroep op inwoners van Walvisbaai en omliggende gebiede om water spaarsamig te gebruik om watertekorte te voorkom. Volgens NamWater se waarnemende hoof van die kus, Frans Ihuhua, werk sommige boorgate en reservoirs wat water aan Walvisbaai en omliggende gebiede verskaf, onder kapasiteit. Dit is die gevolg van voortdurende kragvoorsiening-uitdagings wat veroorsaak word […]
Namib Queens opgewonde om Zambië in finaal in Egipte te takel - December 14, 2022
Die Namib Queens, die Namibiese senior vrouehokkie5-span, is opgewonde om môre teen buurland Zambië te staan kom om sake uit te spook vir die goue medalje in Ismailia, Egipte. Die hokkiespan het reeds vir die Wêreldbekertoernooi 2024 in Muskat, Oman, gekwalifiseer, alhoewel hulle Dinsdag die knie moes buig teen Kenia wat vier doele teen Namibië […]
Sowat 110 900 ton sout by Walvisbaai-hawe in agt dae uitgevoer - December 14, 2022
Die Namibiese Hawens-owerheid, Namport, gaan voort om operasionele mylpale te bereik. Die uitvoer van 110 900 ton sout word oor agt dae by sy Walvisbaai-hawe hanteer. Die Bold Mariner, wat 45 000 ton grootmaat sout gelaai het, was die eerste van vier vaartuie wat weggevaar het op pad na sy volgende hawe in Lagos, Nigerië. […]
DA gaan alles probeer om Ramaphosa aanspreeklik te hou - December 14, 2022
Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die ANC het nie sy ondemokratiese gedrag in die nadraai van die verdoemende staatskapingsverslag verander nie. Die regerende party het sy meerderheid in die parlement gebruik om die aanvaarding van die Artikel 89-paneel se verslag oor Phala Phala te keer. Die verslag toon President Cyril Ramaphosa het moontlik die Grondwet […]
Bahamas-hof weier borgtog aan Bankman-Fried - December 14, 2022
‘n Hof in die Bahamas het borgtog geweier aan die stigter en voormalige uitvoerende hoof van die kriptogeldeenheid-handelsmaatskappy FTX, Sam Bankman-Fried. Hy staan tereg op agt strafregtelike aanklagte, insluitend sameswering tot geldwassery en sameswering om Amerika te bedrieg, asook die oortreding van wette oor veldtogte se finansies. FTX het verlede maand aansoek gedoen om bankrot […]