Openbare Beskermer ontvang Ramaphosa se antwoorde oor Phala-Phala

Die kantoor van die Openbare Beskermer het ontvangs bevestig van President Cyril Ramaphosa se antwoorde op die 31 vrae oor die voorval op sy plaas, Phala Phala, in Limpopo. Die president se antwoorde is Vrydagoggend  ontvang en die inhoud is onbekend. Hy het versuim om betyds op die vrae te antwoord en die waarnemende Openbare […]

Read More

Withuis sê Pres. Joe Biden voel beter

Die Withuis sê die toestand van President Joe Biden het verbeter sedert hy positief getoets het vir Covid-19. Die 79-jarige President ondervind matige simptome, onder andere ʼn loopneus en uitputting. Die president se geneesheer, dr Kevin O’Connor, sê hy reageer goed op medikasie. Biden het voortgegaan met werk terwyl hy in isolasie is en sal […]

Read More

Banyana Banyana vanaand in eindstryd teen Marokko

Sokker: Banyana Banyana speel vandag teen die gasvrou, Marokko, in die eindstryd van die Afrika-bekertoernooi vir vroue. Afskop is vanaand tien-uur. Die gewese Banyana-afrigter, Greg Mashilo, sê Suid-Afrika het genoeg talent om tot Afrika se sokker-koninginne gekroon te word. Hy het breier Desiree Ellis geloof vir haar toewyding aan die span, en sê Banyana kan […]

Read More

Jan ‘Kunene’ word vermis

Daar word steeds gesoek na Jan Behr, ook bekend as Jan Kunene, nadat hy vir ses dae vermis word. Volgens Namibian Marshal Rangers, is Behr laas in die Suiderhof-woonbuurt in Windhoek gesien. Behr is bekend vir sy staptogte in die Kunene, maar het onlangs onder hewige kritiek van omgewings-organisasies deurgeloop, omdat hy glo te naby […]

Read More

DA verwelkom prysplatform van 93 oktaan-petrol

Die DA het die publikasie van ‘n kennisgewing in die Staatskoerant verwelkom waarin die publiek genooi word om kommentaar te lewer op die voorgestelde plafon in die prys van 93 oktaan-petroleum. Die party sê dis ‘n direkte gevolg van volgehoue druk deur die party om die brandstofprys in Suid-Afrika ten volle te dereguleer. Kevin Mileham […]

Read More

Amerikaanse jurie bevind Steve Bannon skuldig

ʼn Amerikaanse jurie het Donald Trump se voormalige strateeg, Steve Bannon, skuldig bevind aan minagting van die kongres. Die 68-jarige Bannon is verlede jaar aangekla oor sy weiering om saam te werk met die kongreskomitee wat ondersoek instel na die gebeure wat aanleiding gegee het tot die oproer by die Kongresgebou. Die voormalige hoofstrateeg van […]

Read More

Wayde van Niekerk vyfde in 400 meter

Atletiek: Wayde van Niekerk kon nie daarin slaag om vanoggend ‘n medalje te verower by die Wêreld Atletiek-kampioenskap in Eugene, Oregon, in Amerika nie. Die Suid-Afrikaner en houer van die wêreldrekord in die 400 meter vir mans het vyfde klaargemaak.  Die goue medalje is ingepalm deur Michael Norman van Amerika  met ʼn wentyd van 44,29 […]

Read More

Namibië is trots op top-vlak-status teen mensehandel

Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge is trots op Namibië se “vlak 1”-status wat die land behaal het vir sy optrede gedurende 2021 in die stryd teen mensehandel. Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat die Amerikaanse staatsdepartement se Trafficking in Person-verslag Namibië in die top-vlak geplaas het, en Namibië bly die enigste “vlak 1” […]

Read More

Formele proses begin om petrolprys te de-reguleer

Die formele proses het begin om die prys van petrol in Suid-Afrika te de-reguleer. Dit volg nadat die minister van energie, Gwede Mantashe, ‘n kort verklaring in die Staatskoerant gepubliseer het waarin kommentaar gevra word op sy plan om ‘n maksimum prys-perk vir 93-oktaan petrol vas te stel. Dit sal kleinhandelaars toelaat om petrol teen […]

Read More

Rusland en Oekraïne onderteken ooreenkoms oor graan-uitvoere

Oekraïne en Rusland het ʼn ooreenkoms onderteken wat dit moontlik sal maak om miljoene ton graan, wat weens die oorlog in Oekraïne vasgekeer is, deur die Swart See uit te voer. Die ooreenkoms wat na twee maande bereik is, sal 120 dae lank geld, met ʼn koördinering- en moniteringsentrum wat in Istanboel opgerig sal word. […]

Read More