
EU-kommissaris looi Namibië oor vroeë kinderontwikkeling - January 25, 2023
Die EU se kommissaris vir internasionale vennootskappe, Jutta Urpilainen, sê dat die plaaslike opleiding vir onderwysers in vroeë kinderontwikkeling onvoldoende is. Sy het besoek afgelê aan die die Mix-nedersetting net noord van die hoofstad. Die belangrikheid van vroeë kinderontwikkeling kan nie onderbeklemtoon word nie omdat dit die vaardighede vir laer- en hoërskool ontwikkel en skooluitslae direk […]
Europa skep Buzz Lines vir bye, skoenlappers - January 25, 2023
Bye is regoor die wêreld in gedrang en die kwessie is uiters belangrik vir die mensdom omdat ons op hulle staatmaak vir die bestuiwing van talle gewasse. Europese lande wil nou ‘n tipe hoofweg vir bye en ander bestuiwers, bekend as “Buzz Lines” skep om dit moontlik te maak vir hulle om deur Europa te […]
Efundja: Oskahati-burgemeester gesels oor jongste - January 25, 2023
Die Namibiese landbouministerie het ‘n span hidroloë na die Ohangwena-streek ontplooi om die situasie in die vloedgeteisterde gebiede te monitor. Vloedwater wat uit die Cuvelai-opvanggebied in suidelike Angola kom ná goeie reën in dié land, het ‘n week gelede in Namibië aangekom. Kosmos 94.1 Nuus het die burgemeester van Oshakati, Leonard Hango, gepraat oor die […]
Groot sukses met spesiale beamptes wat toeriste beskerm in die Kaap - January 25, 2023
Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen, sê provinsiale toerisme-veligheidsbeamptes lewer ‘n aansienlike bydrae om besoekers se veiligheid by die verskeie vakansieoorde oral in die Kaap te verseker. Die 19 beamptes wat op een Desember verlede jaar met bedrywighede begin het, werk nóú saam met Sanparke se natuurbewaringsbeamptes. Allen sê die beamptes het […]
Microsoft werk (soort van) weer - January 25, 2023
Microsoft sê hy het ‘n netwerkkwessie wat verskeie dienste beïnvloed op die 365-platform, insluitend Teams en Outlook, met berigte wat meen dat die platforms vir duisende gebruikers wêreldwyd af is ondersoek. Daar was amper 4 000 voorvalle in Indië aangemeld en 900 in Japan. Onderbrekingsverslae is ook in Australië, Brittanje en die Verenigde Arabiese Emirate […]
Aussie Ope: Sabalenka, Linette deur na halfeindronde - January 25, 2023
Die vyfde gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus en Magda Linette van Pole het die heel eerste keer ooit hulle plekke in die Australiese Ope bespreek. Sabalenka het die Kroaat Donna Vekic met 6-3 en 6-2 geklop om haar vierde Grand Slam-halfeindronde te haal. Intussen het Linette haar loopbaan-beste ten opsigte van Grand Slams bereik toe […]
Miljoene – vir sportfasiliteit – verdwyn in Mpumalanga - January 25, 2023
ActionSA in Mpumalanga sê miljoene rande vir die bou van sportgeriewe het verdwyn. Die party sê hy het verlede jaar aan die Openbare Beskermer geskryf en ‘n ondersoek na die saak aangevra. Die antwoord daarop was dat net sake van minder as twee jaar oud, ondersoek word. ‘n Lid van ActionSA, Thoko Mashiane, sê hulle […]
MTC sal later reageer op aantygings dat hy onwettig biometriese data insamel - January 25, 2023
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing beskuldig MTC daarvan dat hy biometriese data insamel, met gesigfoto’s en vingerafdrukke wat blykbaar geneem word tydens die SIM-registrasie periode. Volgens die instituut, is daar geen wetlike basis hiervoor nie. Frederico Links ‘n navorser by die instituut, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Kosmos 94.1 Nuus het met John Ekongo […]
Eksom is reeds R10 miljard oor dieselbegroting - January 25, 2023
Eskom se finansiële hoof, Calib Cassim, het erken hulle gaan nóg vier miljard-rand vir diesel nodig hê. Dit is ondanks die feit dat die begroting reeds v11:00er oorskry is. Die kragverskaffer het reeds 18 miljard Suid-Afrikaanse rand bestee, wat 10 miljard rand meer is as die begrote 8 miljard vir die boekjaar tot einde Maart. […]
15 senior amptenare in die Oekraïne weg – korrupsie-aantygings - January 25, 2023
Vyftien senior amptenare is afgedank of het bedank nadat die Oekraïne se president, Volodymyr Zelenskyy, op korrupsie toegeslaan het. Onder die amptenare is vier adjunkministers en vyf streekgoewerneurs. Volgens media is daar berigte van omkopery, amptenare wat kos teen buitensporige pryse koop en een persoon wat daarvan beskuldig word dat hy te weelderig leef. Die […]