Iesegrimmige dolfyn byt Japannese swemmers

Strandgangers in die Japannese streek Fukui is gewaarsku om weg te bly van ‘n iesegrimmige dolfyn wat daarvan beskuldig word dat hy die swemmers byt. Strandbewaarders het gister ‘n toestel opgestel wat ultrasoniese-golwe uitstraal in ‘n poging om hom af te weer. Plaaslike media sê minstens tien voorvalle van dolfynbyte is aangeteken sedert die strand vroeër die maand vir die somer geopen […]

Read More

Amushelelo en Dee se kriminele saak hervat vandag

Die twee omstrede lede van die Namibia Economic Freedom Fighters, Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, se kriminele saak word vandag voortgesit in die landdroshof in Katutura. Hulle staar verskeie klagte wat aanhitsing tot openbare geweld, betreding en aanranding insluit, in die gesig nadat hulle amok in Chinatown gemaak het. Hulle is op 24 Mei na ‘n formele aansoek borg in die laerhof geweier. Die twee is […]

Read More

Baie meer moet gedoen word om geslags-, en emosionele geweld te takel

‘n Namibiese geslags-aktivis het sy reaksie gegee oor ‘n studie wat aandui dat die mees oorheersende vorm van geweld in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap emosionele geweld is. Die omvattende geslagsgeweld-studie is by die slypskool oor geslagsgeweld vir die Nasionale Vergadering se parlementêre staande komitee oor geslagsgelykheid, maatskaplike ontwikkeling en gesinsaangeleenthede aangebied. Zack Itodo, ‘n plaaslike geslags-aktivis, […]

Read More

Eskom, op sy knieë gedwing, onderhandel om krag aan te koop

Eskom het bevestig hy voer gesprekke om krag vanaf Botswana in te voer. Die maatskappy praat tans met ‘n kragonderneming in die land oor die moontlikheid van ingevoerde kragtoevoer. Volgens ‘n woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, is die kommersiële prys en kwantum die onderwerpe van die onderhandelinge: Eskom was op sy tyd die grootste en top-kragverskaffer op […]

Read More

Grootste pienk diamant in 300 jaar in Angola gevind

Mynwerkers in Angola het ‘n skaars pienk diamant uitgegrawe wat vermoedelik die grootste is wat in 300 jaar gevind is. Die Australiese terrein-operateur het aangekondig die diamant van 170 karaat, wat Lulo Rose gedoop is, is ontdek in die Lulo-myn in die land se diamantryke noordooste. Die Lucapa Diamantmaatskappy sê die knewel is beslis een van die grootste pienk diamante wat nog ooit […]

Read More

Federale Reserwebank in VSA stoot weer rentekoers op

Amerika se Federale Reserweraad het rentekoerse vir die tweede agtereenvolgende keer met 0,75-persentasiepunte verhoog om inflasie te bekamp. Die styging verhoog die raad se koste om geld te leen tot tussen 2,25- en 2,5-persent ná die vierde rentekoersverhoging vanjaar. Die raad se voorsitter, Jerome Powell, sê inflasie bly hoog wat dui op vraag-en-aanbod-wanbalanse wat verband […]

Read More

Nampol bevestig 270 kriminele sake daagliks in 2021/22 boekjaar

Die Namibiese polisie het ‘n totaal van 98 640 kriminele sake gedurende die 2021-2022 boekjaar aangeteken. Dit beteken ‘n gemiddeld van 270 sake ‘n dag. Die Nampol-hoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het die syfer bekend gemaak en sê die misdade sluit roof, verkragting, geweld teen vroue en kinders, en ander vorme van gesinsgeweld in. Ander strafsake […]

Read More

Reaksie oor skokkende selfmoordsyfers in Namibië

Reaksie is ontvang oor die skokkende selfmoord-statistieke van Namibië, veral van mans, wat die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, bekend gemaak het. Sy het gesê 679 mense het tussen Januarie 2021 en Mei 2022 weens selfmoord gesterf het. Uit die syfer, is 559 mans en 91 vroue wat hul lewens beëindig het. Gedurende dieselfde […]

Read More

Biden toets negatief vir Covid

Die Amerikaanse President Joe Biden sê hy voel goed en het gou herstel. Die 79-jarige Biden het Woensdag negatief getoets vir Covid-19 en gaan nie voort met sy afsonderingstydperk van vyf dae sedert hy verlede Donderdag positief getoets het nie. Biden het ook ‘n vyfdag-kursus van die teenvirale middel, Paxlovid, voltooi wat die intensiteit van […]

Read More

Duane sal nie volgende naweek teen All Blacks uitdraf nie

Die Springbok-agtsteman, Duane Vermeulen, sal waarskynlik nie vir volgende naweek se Rugbykampioenskapstoets teen die All Blacks in Mbombela oorweeg word nie. Hy en Frans Steyn, wat saam met hom die Wêreldbeker gewen het, het hulle weer by die nasionale groep aangesluit wat tans in Mpumalanga voorberei nadat albei die reeks teen Wallis weens beserings misgeloop […]

Read More