Oud-Mexikaanse minister skuldig aan dwelmhandel - February 22, 2023

Mexiko se gewese minister van Openbare Veiligheid, Genaro García Luna, kan lewenslank agter tralies deurbring nadat ‘n Amerikaanse jurie hom skuldig bevind het aan dwelmhandel. Hy het miljoene dollar aanvaar van Mexiko se grootste misdaadgroep, die Sinaloa-dwelmkartel. Die 54-jarige Garcia Luna is skuldig bevind op vyf aanklagte van betrokkenheid by ‘n voortgaande misdadige onderneming, insluitend ‘n internasionale kokaïenverspreiding-sameswering. Garcia Luna, wat […]

Read More

SA-gesondheidsinstellings sukkel met beurtkrag - February 22, 2023

Die Departement van Gesondheid in die buurland aan voort met sy veldtog om alle gesondheidsinstellings van beurtkrag vry te stel. Dit volg terwyl die land fase ses-beurtkrag beleef as deel van die langste tydperk van voortgesette beurtkrag. Adjunkminister Sibongiseni Dhlomo het aan die parlement gesê die verergerde beurtkrag eis sy tol met hospitaalbegrotings:

Read More

Metcalfe sê sodomiewet moet deur referendum bepaal word - February 22, 2023

Die bekende advokaat Richard Metcalfe sê die enigste manier om die kwessie van LGBTQ-regte aan te spreek is om ‘n referendum in die land te hou. Sy aanmerkings kom na die prokureur-generaal Festus Mbandeka hofstukke ingedien het wat sê dat die meerderheid Namibiërs die wetgewing teen sodomie ondersteun. Hy sê die kwessie moet nie in die regbank […]

Read More

Swakop sukkel ook met waterrekenings na Covid - February 22, 2023

Een van die voorkomende maatreëls wat tydens die Covid-pandemie ingestel is, was die konstante was van hande. Tydens die pandemie het die destydse lynminister Peya Mushelenga ‘n bevel aan munisipaliteite en plaaslike owerhede gegee om nie inwoners se water af te sny nie. Hierdie stap het meegebring dat Namibiërs se water-rekeninge se skuld opgehoop het. In ‘n poging om die […]

Read More

Enoch moet vandag geld gee vir geslagsgeweld - February 22, 2023

Die Suid-Afrikaanse organisasie, Rise Up Against Gender-Based Violence and Femicide, vra meer befondsing om dié gruwel te beveg wanneer die buurland se finansminister, Enoch Godongwana, vandag sy begrotingsrede lewer. Dit volg in ‘n tyd waarin hierdie pandemie steeds toeneem. Die direkteur van die organisasie, Mandisa Khanyile, sê dit is tyd vir die nasionale strategiese plan teen geslagsgeweld en vrouemoord om in werking gestel te word. Sy sê howe vir […]

Read More

Renosterstropery ruk hand uit in Botswana - February 22, 2023

Botswana se ministerie van toerisme het bekendgemaak daar was die afgelope vyf jaar ʼn reusetoename in renosterstropery waarin ʼn derde van die bevolking doodgemaak is. Die minister, Philda Kereng, sê 138 van die bedreigde diere is tussen 2018 en verlede jaar doodgemaak. Dit is in vergelyking met die twee wat tussen 2012 en 2017 gestroop is. Volgens Kereng is daar ‘n verhoogde vraag […]

Read More

Biden se besoek toon VSA se pogings vir Afrika-invloed - February 22, 2023

Die besoek deur die Amerikaanse Presidentsvrou, dr. Jill Biden toon volgens kenners die VSA se pogings om nouer bande met Afrika te bou, veral in die lig van die Chinese en Russiese invloed op die vasteland. Biden kom vandag 12-uur by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe aan. Sy sal Namibië tot Vrydag besoek. Sy sal saam met die Namibiese Presidentsvrou Monica Geingos ‘n kransleggingseremonie by die […]

Read More

Begrotingsdag: Schlettwein gesels oor sy droom-toewysing - February 22, 2023

Namibiërs wag in spanning op vandag se begrotingsrede van die minister van finansies Ipumbu Shiimi wat hy in die Nasionale Vergadering ter tafel sal lê. Geskatte uitgawes vir die boekjaar volgens die huidige begrotingsdokument sal na verwagting in die omgewing van 73 miljard Namibiese dollar wees. Die landbouministerie is in die vorige boekjaar 1,9 miljard […]

Read More

Amushelelo vra vandag (weer) vir borg - February 22, 2023

Die omstrede aktivis Michael Amushelelo sal na verwagting vanoggend ‘n amptelike borgaansoek in die Windhoek-laerhof bring. Hy is op 15 Februarie gearresteer en het eers op Vrydag 17 Februarie op verskeie aanklagte verskyn. Luidens die klagstaat is Amushelelo, vir die soveelste keer, aangekla van die oortreding van die Wet op Openbare Byeenkomste, aanhitsing van openbare geweld, die […]

Read More

Vloedrisiko vir Benede-Oranje styg - February 22, 2023

Reuse-volumes water word op die oomblik uit drie van Suid-Afrika se damme, vrygelaat na swaar reën. By die Vaaldam is 12 sluise oopgetrek en meer as 2 400 kubieke meter water word per sekonde vrygelaat met Bloemhof dam wat op 3 200 kubieke meter water per sekonde staan en Vanderkloof op 1 475. Die Namibiese […]

Read More