
Dis begroting maar, wat van partye se verklarings… - February 22, 2023
Die Namibiese finansminister Ipumbu Shiimi lê die nuwe begroting vanmiddag ter tafel. Maar, volgens die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing verklaar meeste politieke partye in die land nie hulle befondsing of finansies soos hulle moet nie en meeste van die geld kom uit die nasionale begroting. Partye moet, ingevolge die land se kieswet, hierdie verklarings maak, […]
Amushelelo kry (weer) borg - February 22, 2023
Kadhila Amoomo sê Michael Amushelelo het borg in die Windhoek-landroshof ontvang. Sy saak, wat vyf klagte insluit, duur op 6 April voort. Hy is op 15 Februarie gearresteer en het eers op Vrydag 17 Februarie op verskeie aanklagte verskyn. Luidens die klagstaat is Amushelelo, vir die soveelste keer, aangekla van die oortreding van die Wet […]
Befondsing is bekom vir die jaar se skoolvoedingsprogram - February 22, 2023
Die skoolvoedingsprogram in Namibië het ‘n prioriteit vir die regering geword as gevolg van die talle voordele wat dit vir leerders inhou. Die program verskaf voedsel aan kwesbare kinders en poog om hul voeding te verbeter. Namibië het meer as 800 000 skoolgaande kinders waarvan meer as die helfte staatmaak op die program vir ‘n […]
Putin wou ‘n Russiese ryk vestig - February 22, 2023
Die voormalige hoof van Navo se geallieerde magte, generaal Richard Sherriff sê Russiese President Vladimir Putin se plan was om ‘n tweede Russiese ryk te vestig en daarom moet hy in die Oekraïne gestuit word. Hy het met Britse media gepraat oor wat die intelligensie sê.
Kunene-gemeenskappe hoop vir verligting - February 22, 2023
Gemeenskappe in die Kunene-streek hoop dat die parlementêre portefeulje-komitee wat onlangs besoek afgelê het in die streek, nie te lank sal vat voor hulle besprekings die nasionale vergadering sal haal nie. Die streek sukkel geweldig met droogte en toenemende mens-die-konflik. Verskeie bewaringsgebiede is besoek en klagtes wat wissel van te min kompensasie vir vee- en infrastruktuur-verliese, […]
Saftu eis besteding op dienslewering moet opgestoot word - February 22, 2023
Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu, eis dat besnoeiings wat in die aansuiweringsbegroting aangekondig is, omgekeer word en besteding op belangrike dienslewering verhoog word. Dit kom in aanloop tot die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se nasionale begrotingsrede wat vanmiddag gelewer word. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê hy is bekommerd dat die ANC voortgaan om makro-ekonomiese […]
Afrika politiek lei tot hongersnood – Oxfam - February 22, 2023
ʼn Onlangse studie van Oxfam toon ontoereikende politieke besluite, insluitend ‘n gebrek aan beleggings, het bygedra tot hongersnood in Afrika. Te min belegging in landbou het gelei tot ernstige hongersnood wat meer as 20 miljoen Afrikane raak. ʼn Woordvoerder van Oxfam, Fati N’Z-Hassane, sê bykans ʼn drie-kwart van regerings in Afrika het hulle landbou-begrotings besnoei. […]
Richelieu Eagles: Span sal weer op dreef kom - February 22, 2023
Die Richelieu Eagles het die driehoekige reeks teen Nepal en Skotland in Kirtipur, Nepal verloor. Die finale top-drie nasies sal na 36 wedstryde, wat reeds in Augustus 2019 begin het, outomaties deurdring na die kwalifiserende toernooi in Julie in Zimbabwe, waar die voorste twee nasies sal deurdring om hulle by agt ander lande by die […]
Ondersteuning aan die Oekraïne moet volgehou word - February 22, 2023
Die voormalige Britse premier Boris Johnson sê dit is uiters belangrik dat Brittanje sy ondersteuning aan die Oekraïne volhou. Dit is Vrydag ‘n jaar sedert Rusland die land aangeval het en daar is berigte dat daar ‘n algehele afname in ondersteuning aan die land is.
Mag maatskappye weier dat werknemers by vakbonde aansluit? - February 22, 2023
‘n Parlementslid van die amptelike opposisieparty, die PDM, Vipuakuje Muharukua het in die Nasionale Vergadering ‘n mosie oor vakbond-lidmaatskap aan die minister van finansies, Ipumbu Shiimi, ingedien. Hy wil aan die minister vra of dit korrek is dat geen werknemer in diens van MTC aan enige vakbond behoort nie, glo as gevolg van ‘n verbod […]