Nog ‘n rondloper leeu in Gauteng - March 9, 2023

Daar is al weer ‘n rondloper leeu in Gauteng. Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging in Pretoria sê hulle gaan voort met hulle soektog na ʼn leeu wat in die Hennops-gebied langs die R511 in Centurion gewaar is. Die NDBV werk saam met die Tshwane DBV wat op gereedheid is. Die woordvoerder van die NDBV, Keshvi Nair, sê […]

Read More

Swakop-munisipaliteit betreur verkeerde inligting - March 9, 2023

Die Swakopmund-munisipaliteit het onlangs besighede en inwoners versoek om hul munisipale rekeninge te vereffen of hul kantore te besoek om betalingsreëlings te tref. Ongelukkig is verneem dat sommige individue en buurt-komitees hierdie inisiatief teenstaan deur die verspreiding van verkeerde inligting om ondersteuning van lede van die gemeenskap te werf. Die dorpsraad sê sy missie is […]

Read More

Polisie wat nie plundery stop nie, kom mag duur te staan - March 9, 2023

Die polisie se versuim om op te tree teen plundery het hom duur te staan gekom. Regter Orben Sibeya het die ministerie van veiligheid opdrag gegee om amper 700 000 Namibiese dollar aan ‘n sakeman in Keetmanshoop uit te betaal. Jasper Blaauw het die polisie vir skadevergoeding van 699 460 dollar gedagvaar na sy vragmotor […]

Read More

ANC berei sy dagvaardiging teen De Ruyter voor - March 9, 2023

Die ANC sê sy regspan finaliseer die dokumente om die gewese uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, vir laster te dagvaar. In ‘n onderhoud het hy beweer die kragverskaffer was ‘n voedingsbron vir die regerende party. Die ANC het verlede week ‘n opdragbrief aan De Ruyter en Eskom uitgereik en beide partye het tot […]

Read More

Onttrekking uit Afghanistan was katastrofe met nul aanspreeklikheid - March 9, 2023

‘n Gewese Amerikaanse seesoldaat het die onttrekking uit Afghanistan in 2021 as ‘n katatrofe beskryf en sê daar was onverskoonbare nalatigheid en ‘n  gebrek aan aanspreeklikheid. Tyler Vargas-Andrews was deel van die Amerikaanse militêre personeel wat opdrag gehad het om Kabul se lughawe te beskerm toe twee selfmoordbomdraers die skares aanval het  wat probeer het om die Taliban tydens die Amerikaanse ontruiming te ontvlug. […]

Read More

Phaahla sê Nehawu-staking is vernietigend - March 9, 2023

Die buurland se gesondheidsminister, Joe Phaahla, het ‘n beroep op die minister van polisie, Bheki Cele, gedoen om pasiënte en gesondheidsinstellings te beskerm. Dit volg nadat die gesondheidswerkersvakbond Nehawu se staking gewelddadig geraak het. Hy het die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg besoek om die uitwerking van die staking te assesseer. Bedrywighede hy die […]

Read More

Nog twee renosters gestroop - March 9, 2023

Die karkasse van twee witrenosters is op ‘n private wildplaas noord van Okahandja in die Otjozondjupa-streek ontdek. Die Namibiese polisiemag se skakelbeampte vir gemeenskapsake in die streek, adjudant-offisier Olivia Haihambo, sê die karkasse is deur werkers op die plaas ontdek. Sy het bevestig dit horings is verwyder en daar word vermoed die stropery het moontlik tussen 3 en 6 Maart plaasgevind. Niemand is tot […]

Read More

Riviervlakke in die verre noordooste daal, maar steeds gevaarlik - March 9, 2023

Die Namibiese Hidrologiese Diens sê vlakke in die Zambezi-rivier begin daal al is die rivier steeds in vloed. By Katima Mulilo is die rivier tans op 5,15 meter en die rivier het reeds ver in die oostelike vloedvlaktes ingestoot. Maar, die diens waarsku ook dat reën in die opvangsgebied verwag word en die vlakke kan […]

Read More

SAPD het in twee jaar nie ‘n enkele kwekeling gewerf nie - March 9, 2023

Die DA doen ‘n beroep op die minister van Polisie, Bheki Cele, om dringend ‘n aksieplan te verskaf vir die werwing van polisiekwekelinge. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Polisiediens onthul het geen nuwe kwekelinge is tussen 2020 en 2021 gewerf nie en tussen 2020 en verlede jaar het 11 178 lede die diens verlaat. ‘n […]

Read More

45ste Kaapstad Fietstoer vind Sondag plaas - March 9, 2023

Die Stad Kaapstad sê hy is bevoorreg om gasheer van die Kaapstad Fietstoer te wees wat Sondag sy 45-jarige bestaan vier met die aanskoulikste roete wat fietsryers deur die Moederstad sal aflê. Die fietstoer is bekend vir sy sirkelroete van 109 kilometer deur die Kaapse Skiereiland en vanjaar is daar ‘n nuwe, korter roete van […]

Read More