
Kaapstad se werkloosheidsyfer die laagste - February 28, 2023
Stad Kaapstad se burgemeester Geordin-Hill Lewis sê die stad se pogings en inisiatiewe om soveel moontlik werkgeleenthede vir sy inwoners te skep, werp deurentyd vrugte af. Dit, nadat Statistieke SA se kwartaallikse arbeidsmag-opname vir die periode Oktober tot Desember 2022 getoon het dat die Moederstad se werkloosheidskoers steeds die laagste van al die ander stede […]
Trustco-groep trots op sy finansiële resultate - February 28, 2023
Die Trustco-groep het sterk finansiële resultate vir die 12 maande geëindig 31 Augustus 2022 gerapporteer, saam met sy 30ste opeenvolgende ongewysigde ouditverslag. Ten spyte van die herinstelling van ‘n lening van 1,5 miljard Namibiese dollar ten gunste van Next Capital, die beleggingsvoertuig van die Van Rooyen-familie, het Trustco ‘n toename in basiese verdienste van 276 […]
Malema sê Ramaphosa moet bedank - February 28, 2023
Die leier van die EFF, Julius Malema het op Konstitusieheuwel in Johannesburg by die mediabekendstelling van die party se 10de bestaansjaarvieringe gesê President Cyril Ramaphosa moet bedank, omdat hy nie meer daarin belangstel om die land se President te wees nie. Malema sê die voortslepende beurtkrag en stygende koste van elektrisiteit en brandstof, het Suid-Afrika […]
Afrika-onderneming wen vier toekennings - February 28, 2023
‘n Onderneming vir volhoubare bou-oplossings, Lafarge Africa, het vier toekennings ingepalm vir sy prestasies ten opsigte van volhoubaarheid en omgewingsprestasie. Die toekennings sluit in Volhoubaarheids-verslagdoening op die 2022 NGX Made of Africa-toekennings en Eko-vriendelike Sement-vervaardigingsonderneming van die Jaar-toekenning. Ander toekennings sluit in die Mees uitstaande onderneming in Geslags-insluiting op die Vroue-in-bemarkingskommunikasie-toekenning 2022. Die hoof van […]
Gholfdag vir Afrikaans ‘n reuse-sukses - February 28, 2023
Netwerk Namibië se gholfdag in en vir Afrikaans was ‘n reuse-sukses én hulle het geld vir Afrikaans gemaak. Die doel van die gholfdag was om te help met fondsinsameling vir Netwerk se taal- en kultuurbedrywighede en sy projekte, wat ook studiebeurse en hul onderwyshulpfonds insluit. Elizma Theron van die organisasie sê aan Kosmos 94.1 Nuus […]
Calle sê konvensie oor oorgrenswater is belangrik - February 28, 2023
Die PDM-parlementslid Diederik Vries het vandag in die Nasionale Vergadering vrae gevra oor die 1992 Konvensie oor die Beskerming en Gebruik van Oorgrenswater. Hy vra hoe die lewensbestaan van die Namibiese mense wat langs riviere en mere woon deur hierdie ooreenkoms geraak word? Hy het ‘n beroep op die landbouministerie gedoen om beter kommunikasiestrategieë te […]
Rössing wil ook groen gaan - February 28, 2023
Na die goeie nuus dat bedrywighede by Rössing Uranium Limited tot 2036 verleng is, is die konstruksie van ‘n sonkrag-aanleg deel van hul toekomsplanne. Rössing wil ook ‘n krag-ooreenkoms met ‘n onafhanklike kragvoorsiening onderneem. Die besturende direkteur Johan Coetzee sê dat die lewensvatbaarheidstudie wat in 2021 onderneem is toon dat daar wel genoegsame bronne is […]
Ramaphosa: SA wil betrekkinge met Uganda versterk - February 28, 2023
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika sal voortgaan om bilaterale betrekkinge met Uganda te versterk. Die Ugandese president, Yoweri Museveni, is in die land vir ‘n tweedaagse staatsbesoek – sy eerste sedert 2011. Ramaphosa sê beide lande sal voortgaan om ‘n rol te speel in konflikoplossing aangesien samesprekings oor tussen-kontinentale vrede deel van die sakelys is.
Zelensky sê dit raak rof in Bakhmut - February 28, 2023
Die President van Oekraïne, Volodmir Zelensky sê die situasie in die stad Bakhmut in die Donetsk-streek, is besig om al hoe moeiliker te raak. Russiese magte probeer al vir meer as ses maande om ten volle beheer oor die stad oor te neem. Van die hewigste gevegte sedert die begin van die Russiese inval, het […]
Namibiese Byeboerdery-vereniging bied jaarkongres aan - February 28, 2023
Die Namibiese Byeboerdery-vereniging bied hul eerste jaarvergadering op Saterdagoggend 4 Maart om half-elf by The Tannery naby Elisenheim noord van Windhoek aan. Heuningprodusente sal hul produkte uitstal waartydens daar ook ‘n heuningproe aangebied sal word. Intussen is Women For Bees Namibia gestig om plaaslike vroue in die byeboedery-bedryf te bevorder. Daar is ongeveer 150 Namibiese […]