
NNN spreek Okahandja toe, sê NamPol sal dorp ‘oorneem’ - April 28, 2025
‘n Massabetoging teen onlangse kindermoorde op Okahandja word vanoggend om tien-uur op die dorp gehou. Intussen word daar berig dat 11 persone van belang deur die polisie ondervra is in verband met die moorde. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het ook, nes onderwysminister Sanet Steenkamp en haar adjunk, die dorp Sondag besoek. Sy het inwoners in Nau-Aib […]
SA verbind tot Globale Noorde en Suide - April 28, 2025
Die waarnemende president, Gwede Mantashe, sê Suid-Afrika is steeds verbind tot ‘n progressiewe buitelandse beleid-standpunt, en om met lande van die Globale Noorde en die Globale Suide saam te werk vir die nasionale belang. Hy sê Suid-Afrika is sy bevryding te danke aan die talle wêreldlande wat hom tydens die bevrydingstryd ondersteun het:
Dodetal in Iran ontploffing styg tot 40 - April 28, 2025
Minstens 40 mense is dood en meer as 700 beseer in ‘n reuse-ontploffing Saterdag by Iran se grootste hawe, oënskynlik die gevolg van houers chemikalië wat verkeerd geberg is. Die ontploffing, wat by die Shajid Rajaee-deel van die Bandar Abbas-hawe geruk het, het gebeur terwyl Iran ‘n derde ronde onderhandelinge oor kernkrag met Amerika in […]
FIFA het nog nie kaartjies vir 2026 eindstryd te koop nie, ten spyte van aanlynverkope - April 28, 2025
Kaartjies vir die eindstryd van die 2026 Wêreldbeker word op ‘n derdeparty-kaartjiebeurs vir tot 1,1 miljoen Namibiese dollar verkoop, ondanks die feit dat FIFA nog geen kaartjies te koop aanbied nie. Sky News het bevind die webwerf Vivid Seats het reeds lyste vir Wêreldbeker-wedstryde in Amerika en Kanada. Die wêreldbeheerliggaam vir sokker het nou ‘n […]
Massabetoging teen moorde môre op Okahandja - April 27, 2025
‘n Massabetoging teen onlangse kindermoorde op Okahandja word môreoggend op die dorp beplan. Die burgemeester van die dorp, Beatrice Kotungondo, het Saterdag teruggekrabbel oor ‘n protesaksie wat sy aanvanklik weens die toerisme- en handelsekspo op Okahandja afgekeur het en gesê dit was ‘n misverstand. Die gemeenskap eis nou dat die ekspo volgende week afgestel word. […]
SA besighede dok op vir BTW-veranderings - April 27, 2025
Baie Suid-Afrikaanse ondernemings skarrel volgens berigte om die duur BTW-veranderings aan hul stelsels weer om te keer. Dit volg nadat die regering die BTW-verhoging van 0,5 persentasiepunte wat op 1 Mei sou intree, geskrap het weens politieke teenkanting en koalisiegeskille. Dit laat ondernemings wat in die opgradering van hul stelsels belê het, met vermorste uitgawes. News24 berig […]
Amerikaners in hof oor staatsgreeppoging in DRK - April 27, 2025
Vier Amerikaners het onskuldig gepleit op kriminele klagte in die federale hof in Utah nadat owerhede hulle van sameswering in ‘n staatsgreeppoging in die DRK beskuldig het. Drie van die beskuldigdes is vandeesmaand aangekla ná hul terugkeer uit die DRK, insluitend Marcel Malanga, seun van wyle opposisieleier Christian Malanga. Die staatsgreeppoging in Mei 2024 was […]
Sokker: Liverpool jaag premierliga-kroon - April 27, 2025
Liverpool-bestuurder Arne Slot sê sy span weet watter groot verantwoordelikheid hulle het om die klub se 20ste top-titel te behaal. Met vier wedstryde wat oorbly, moet die Reds vandag op Anfield net een punt teen Tottenham Hotspur kry om as die Premierliga-kampioene van die 2024/2025-seisoen gekroon te word. Liverpool het dié prestasie laas in die 2019-2020-seisoen […]
Goeie vooruitsig vir slagpryse - April 27, 2025
Die jongste vleispryse is deur AMT is bekengemaak. Johan Teessen, landbou-ekonoom by AMT, het die slagpryse uiteengesit, met verwysing na Namibië en Suid Afrika. Kosmos 94.1 Nuus is ‘n trotse borg van die AMT insetsels. Al die videos en meer inligting kan gevind word op AMT se YouTube blad.
Gekonfiskeerde selfone teen misdaad ingespan - April 27, 2025
Meer as 200 selfone wat in beslag geneem is, is heraangewend vir misdaadbestryding in Kaapstad. Die selfone is by motoriste afgeneem wat dit gebruik het terwyl hulle bestuur, en is geskenk aan buurtwagte in gebiede soos Khayelitsha, Delft en Manenberg. Die stad berig dat minder motoriste nou betrap word dat hulle selfone gebruik terwyl hulle bestuur.