Oekraïnse magte sê teenaanval is amper gereed - May 2, 2023

Die Oekraïne sê planne vir ‘n langverwagte aanval teen Russiese magte is byna voltooi. Die aanval sal ondersteun word deur wapens en militêre toerusting wat deur die Weste voorsien word. Dit volg nadat Rusland gister opnuut missielaanvalle in Oekraïne uitgevoer het en waarin 34 mense beseer is. Spoorweginfrastruktuur en ‘n ammunisie-depot is beskadig. Vrydag is […]

Read More

Gas en olie in Namibië: Nes opsitkers, moet ons versigtig vennote kies - May 1, 2023

Almal vry na Namibië veral nou met groen-waterstof, en die olievonds wat aflandig ontdek is. Maar, Namibië het nie die kundigheid of die tegnologie om werklik beheer oor die bronne te behou nie. Beleggers sal na die land stroom maar, daar moet versigtig omgegaan word met die ooreenkomste om te verseker dat Jan Alleman voordeel […]

Read More

Keniaanse pastoor erken 15 sterftes, sê polisie is ingelig - May 1, 2023

Keniaanse godsdienstige leier Ezekiel Odero het erken dat 15 mense gesterf het tydens sy “geestelike ingrype” op dieselfde plek waar meer as 100 lyke op die plaas van ‘n ander geestelike leier gevind is. Odero word aangehou as deel van ‘n operasie deur die veiligheidsmagte teen verskeie Christelike sektes, na die ontdekking van meer as […]

Read More

JPMorgan neem First Republic oor - May 1, 2023

First Republic Bank is verkoop aan JPMorgan Chase & Company. Die bank sal die meeste van First Republic se bates en al sy deposito’s oorneem. JPMorgan was een van verskeie banke wat gebie het om First Republik oor te neem. Owerhede sê die deposito-versekeringsfonds sal sowat 13 miljard Amerikaanse dollar beloop. First Republic, wat in […]

Read More

20 000 kom bymekaar vir Kaapse Comic-Con - May 1, 2023

Afrika se grootste popkultuur- en speletjie-fees het by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum tot ‘n einde gekom. Comic Con-woordvoerder, Carol Weaving, sê die fees is die afgelope naweek vir die eerste keer in die Moederstad aangebied, waar strokiesprent-aanhangers en speletjie-entoesiaste, aantrekkompetisies, speletjie-arenas, die jongste in die speletjie-wêreld, rolprent-aanbiedings en -animasie beleef het. Weaving sê die fees […]

Read More

Tekorte van 12 groentes, aartappels die ergste - May 1, 2023

Luidens die jongste verslag van die Namibiese Akkerbouraad sal 12 van die 23 produkte onder analise in tekort wees in die tweede kwartaal van vanjaar, met aartappels wat die meeste beïnvloed word. Tekorte aan aartappel-produksie sal ongeveer 2 679 ton bereik wat beteken die prys sal styg omdat dit ingevoer moet word. Spinasietekorte is op […]

Read More

Thabo Bester-saak: Drukgroep sê Cyril moet ondersoek loods - May 1, 2023

Die Suid-Afrikaanse Organisasie vir Menseregte vir Gevangenes vra vir ‘n dringende geregtelike ondersoek na die Thabo Bester-saak. Die gevangenisregte-groep se woordvoerder, Golden Miles Bhudu, sê die organisasie hou vol die ontsnapping was met hulp van binne. Bhudu sê as die kantoor van die president saamstem, moet die ondersoek al die skuldiges wat deur die ondersoek […]

Read More

Sudan op die rand van ineenstorting - May 1, 2023

Die sekretaris-generaal van die VN, Antonio Guterres, het sy noodlenigingshoof, Martin Griffiths, na Sudan gestuur te midde van wat hy as ‘n ongekende situasie beskryf. Die land se strydende faksies het aanhou veg, in weerwil van ‘n 72-uur-skiet-stilstand. In ‘n afsonderlike verklaring sê Griffiths, Sudan se humanitêre situasie bereik nou breekpunt. Noodsaaklike middele word al […]

Read More

Israeliese magte skiet nog ‘n Palestynse tiener dood - May 1, 2023

Israeliese magte het vanoggend ‘n Palestynse tiener doodgeskiet tydens ‘n klopjag in die besette Wesoewer. Volgens die Palestynse ministerie van gesondheid is die 17-jarige Jibril Mohammed Kamal al-Ladaa dood nadat hy in die kop geskiet is. Ses ander is beseer met drie wat kritiek is. Israel se weermag sê gewapende verdagtes het op sy soldate […]

Read More

Werkersdag – moontlik ‘n keuse tussen verhoging, of ‘n werk - May 1, 2023

Werkersdag word internasionaal vandag herdenk. Die dag beklemtoon die belangrikheid van regverdige lone, goeie werksomstandighede en billike indiensneming. Met die heersende ekonomiese omstandighede in Namibië word hierdie jaar se Werkersdag moontlik herdenk onder ‘n keuse tussen ‘n verhoging of ‘n werk. Die sekretaris-generaal van Tucna, die Vakbondkongres van Namibië, Mahongora Kavihuha sê die probleem lê […]

Read More