
IPC soek referendum vir selfdegeslaghuwelike - May 26, 2023
Die Independent Patriots for Change sê die hooggeregshof het ‘n “ernstige en duidelike oordeelsfout” begaan in sy uitspraak dat die regering selfdegeslaghuwelike wat geldig buite Namibië gesluit is, moet erken. Die party sê in die lig van die ernstige skending van die Namibiese Grondwet, sal die IPC die proklamasie van ‘n nasionale referendum ondersteun as […]
DA: ANC val bestedingskrag aan - May 26, 2023
Die DA sê in plaas daarvan om sy plig na te kom en ‘n omgewing te skep wat bevorderlik is vir ekonomiese groei, het die regering in wese die bestedingskrag van Suid-Afrikaanse huishoudings onverbiddelik aangeval. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Reserwebank die repokoers met 50 basispunte tot 8,25 persent verhoog het. Dion George van die […]
Vier sterf in skietvoorval in Japan - May 26, 2023
Vier mense is dood in ‘n skietvoorval in Japan. Die seun van ‘n plaaslike politikus van die stad Nakano het glo ‘n vrou in ‘n huis aangehou. Die polisie het op die toneel aangekom, waarna ‘n skietery uitgebreek het. Twee polisielede is dood en die vrou het aan steekwonde beswyk. Die liggaam van nog ‘n […]
Motorsport: Hamilton lag Ferrari-gerugte af - May 26, 2023
Motorsport: Die sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, het bespiegelinge oor sy Formule Een-toekoms afgemaak in die lig van gerugte wat hom met Ferrari verbind. Hy het bekend gemaak Mercedes is byna gereed met ‘n nuwe kontrak wat hom ná die huidige seisoen in die span sal hou. Dit is die laaste jaar van Hamilton se kontrak […]
Nasa sien pool-sikloon by Uranus - May 26, 2023
Nasa het vir die eerste keer ‘n kolkende sikloon by Uranus se noordpool opgemerk. Uranus bly die die mees onontginde planeet, met net een ruimtetuig wat in die 1980’s verby die planeet gevlieg het. Vooruitgang in grondgebaseerde teleskope beteken dat ons Aarde-bewoners nou ongekende uitsigte van die ysreus kan kry. Deur die Very Large Array-teleskoop […]
Droogtehulp na Omaheke, Hardap en Karas uitgebrei - May 26, 2023
Die Namibiese kabinet het besluit dat die droogtegeteisterde streke van Omaheke, Hardap en Karas ook deur die kantoor van die eerste minister voedselhulp vir ‘n tydperk van nege maande vanaf 1 Julie tot 31 Maart volgende jaar moet kry. Die landbouministerie is opdrag gegee om deur die lewende hawe-ondersteuningsprogram 87,4 miljoen Namibiese dollar beskikbaar te […]
Rwandese volksmoord-voortvlugtige in Wes-Kaap vasgetrek - May 26, 2023
’n Rwandese voortvlugtige wat gesoek word in verband met die volksmoord van 1994 is in die Wes-Kaap aangekeer nadat hy dekades lank die gereg ontwyk het. ‘n Suid-Afrikaanse operasionele taakspan het die 61-jarige Fulgence Kayishema met ʼn Rooi Kennisgewing van Interpol in die Paarl in hegtenis geneem. Volgens die lasbrief was Kayishema ‘n polisie-inspekteur in […]
Aanhitser van aanval op Kongresgebou 18 jaar tronk toe - May 26, 2023
Die stigter van die verregse groep, Oath Keepers, is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir sameswering om mense tot geweld aan te hits in die 6 Januarie-aanval op die Amerikaanse Kongresgebou. Stewart Rhodes se vonnis is die langste wat tot dusver opgelê is aan ‘n verweerder in die Kongresgebou-aanval. Regter Amit Mehta het met aanklaers […]
Twee klagte, ondersoek na NWR-man wat luiperd stamp - May 26, 2023
Namibia Wildlife Resorts is besig met ‘n interne ondersoek nadat een van sy voertuie ‘n luiperd gestamp en beseer het in die Etosha Nasionale Park. Woede is op sosiale media uitgespreek oor die voorval wat 15 kilometer van die King Nehale-hek plaasgevind. het Volgens getuies het die voertuig die spoedbeperking van 60 kilometer per uur […]
Cholera-dodetal in SA styg tot 22 - May 26, 2023
Die dodetal in die cholera-uitbreking in Suid-Afrika het tot 22 gestyg. Die departement van gesondheid sê 21 van die sterftes is in Hammanskraal, noord van Pretoria, aangeteken, terwyl een persoon in Vredefort in die Vrystaat dood is. Die LUR vir gesondheid in Gauteng, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sê hulle is nou besig om hul reaksie op die […]