
Mylpaal-ooreenkoms vandag met Hyphen onderteken - May 26, 2023
Die Namibiese regering onderteken vanoggend om elf-uur by Staatshuis die mylpaal-ooreenkoms met Hyphen Hydrogen Energy vir die ontwikkeling, implementering en bedryf van die beplande groenwaterstof-projek in die Tsau//Khaeb Nasionale Park. Deur die Europese Unie en die Global Gateway Initiative, het Namibië skenker- en konsessiebefondsing van Invest International en die Europese Beleggingsbank van meer as 11,167 […]
Steun aan Ugandese LGBTQ-groepe verwelkom - May 26, 2023
Die GOOD Party sê hy verwelkom adjunkpresident Paul Mashatile se onderneming om met Uganda in gesprek te tree oor sy omstrede wetsontwerp teen homoseksualiteit. Die wetsontwerp verbied verhoudings van dieselfde geslag en maak dit strafbaar met tronkstraf. Mashatile het vrae in die parlement beantwoord en gesê die regering moet lande wat nie LGBTQ-mense se menseregte […]
Madeleine McCann: Materiaal by Arade-dam gevind - May 26, 2023
Portugese owerhede sê materiaal wat gevind is tydens ‘n driedaagse soektog by die Arade-reservoir, sal na Duitsland gestuur word vir ontleding. Die soektog hou verband met die verdwyning van Madeleine McCann. Die operasie onder leiding van Duitse polisie soek bewyse wat die Britse kleuter se verdwyning met die Duitse burger en veroordeelde verkragter, Christian Brueckner, […]
Kombers-veldtog teen koue in hoofstad - May 26, 2023
Namibië kan yskoue en winderige weer vir die winterseisoen verwag, volgens die Namibiese weerkantoor. Daarom sal die AB-stigting hul jaarlikse winterkombers-veldtog vir behoeftiges van stapel stuur. Dit sal op verskillende plekke in Windhoek plaasvind en straatkinders sal deel wees van die groep wat skenkings kry. Die stigting is op soek na skenkings van komberse en […]
Watertoevoer na 61 skole in Hammanskraal verseker - May 26, 2023
Die Gautengse LUR vir onderwys, Matome Chiloane, het hom daartoe verbind om dringende watertoevoer aan 61 skole in Hammanskraal te verseker weens cholera-gevalle. Die skole het voorheen staatgemaak op munisipale toevoer, maar watertekorte het gelei tot regstreekse aflewering aan skole wat geraak is. Die woordvoerder, Steve Mabona, het namens die departement sy medelye uitgespreek nadat […]
Hentiesbaai-munisipaliteit kry bloedneus in hof - May 26, 2023
Die munisipale raad van Hentiesbaai en die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het bloedneus in die Windhoekse hoërhof gekry. ‘n Huiseienaar Hendrik Kruger het die hoërhof-aansoek gebring nadat die munisipaliteit verlede jaar ‘n toegangspad vanaf Crystalstraat reg voor sy huis vir voertuie oopgestel het. Regter Kobus Miller het in die guns van […]
WGO ontplooi span vir cholera-uitbreking - May 26, 2023
Die Wêreldgesondheids-organisasie het ‘n span deskundiges ontplooi om te help om die oorsprong vas te stel van die cholera-uitbreking in Hammanskraal, noord van Pretoria. Die dodetal het nou tot 22 gestyg met 21 sterftes in Gauteng en een in die Vrystaat. Die waarnemende minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, en amptenare van die Nasionale Instituut vir […]
Sowat 1 000 mense gaan werk verloor by First Republic Bank - May 26, 2023
Die Wall Street-reus, JPMorgan Chase, gaan sowat 1 000 mense aflê by die Amerikaanse uitlener, First Republic Bank. Die betrokke werknemers sal betaling en voordele vir 60 dae ontvang, asook ‘n pakket wat ‘n eenmalige betaling en ander voordele insluit. Dit was ‘n onstuimige paar maande vir First Republic Bank waar byna twee miljard Namibiese […]
Sokker: Man United klop Chelsea - May 26, 2023
Sokker: Manchester United het opgeskuif na die derde plek in die Premierliga en hulle plek in volgende seisoen se Kampioeneliga bespreek. Dit volg nadat hulle Chelsea met 4-1 op Old Trafford verslaan het. Casemiro het die gashere se eerste doel aangeteken terwyl Anthony Martial die voorsprong aan die einde van die eerste helfte verdubbel het. […]
Toename in uiterste weersomstandighede in SA - May 26, 2023
Reënval het die afgelope 50 jaar toegeneem in dele van Suid-Afrika. Volgens navorsing van die Universiteit van Pretoria, het die land ‘n toename in die erns van uiterste weersomstandighede ondervind. Die navorsing dui op ‘n hoër voorkoms van uiterste weerstoestande, insluitend swaar reënval, droogte sowel as hoë en lae temperature wat afwyk van die gewone […]