
NAC gee rede vir vliegtuig wat lank by HKIA sirkel - May 26, 2023
‘n Vliegtuig wat vir twee ure by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gesirkel het, het groot reaksie onder die publiek uitgelok en vrae laat ontstaan. Die woordvoerder van die Namibiese Lughawens-maatskappy, Dan Kamati, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dit was ‘n operasie wat deur die nasionale burgerlugvaart-owerheid uitgevoer is. Hy verduidelik waaroor die operasie […]
Mufamadi: De Ruyter het korruptes se name genoem - May 26, 2023
President Cyril Ramaphosa se nasionale sekerheids-raadgewer, Sydney Mufamadi, het bevestig die name van ministers wat van korrupsie verdink word, is inderdaad genoem tydens sy vergadering met André de Ruyter. Hy het voor die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge verskyn na Eskom se voormalige uitvoerende hoof beweer het hy is op die hoogte gebring oor […]
Man maak deur oop terwyl vliegtuig land - May 26, 2023
‘n Man is in Suid-Korea in hegtenis geneem nadat hy vandag tydens ‘n vlug die vliegtuig se nooddeur oopgemaak het. Die vliegtuig van die Asiana-lugdiens was besig om by die Daegu-internasionale lughawe te land. Die vliegtuig het veilig geland met die deur wat steeds oop was. ‘n Aantal passasiers moes in ‘n hospitaal opgeneem word […]
Sokker: Man United is beste vrouespan - May 26, 2023
Sokker: Die drie Engelse spelers Alessia Russo, Keira Walsh en Lauren James was onder die wenners by die eerste vrouesokker-toekennings in Londen. Manchester United se voorspeler Russo is as speler van die jaar aangewys. Walsh, wat by Manchester City was voor sy by Barcelona aangesluit het, het die toekenning as internasionale speler van die jaar […]
Epidemioloog: Opsporing van cholera-bron nie genoeg - May 26, 2023
‘n Epidemioloog van Stellenbosch, Jo Barns, sê pogings wat uitsluitlik daarop gemik is om die bron van die cholera-uitbreking op te spoor is dalk nie voldoende om die siekte doeltreffend te beperk nie. Die departement van gesondheid het bevestig dat die uitbreking tot die dood van 22 mense in Hammanskraal, Gauteng, gelei het, met een […]
Landbouministerie moet boorgate in droogtegebiede boor - May 26, 2023
Die kantoor van die eerste minister gaan voedselhulp deur sy Nasionale Noodrampfonds aan die droogtegeteisterde streke van Omaheke, Hardap en Karas oor nege maande vanaf 1 Julie tot 31 Maart volgende jaar verskaf. Die kabinet het ook opdrag aan die landbouministerie gegee om boorgate, waterpunte en watertenks aan die streke beskikbaar te stel. Die lewende […]
Jongste Omikron-variant in China, VSA en VK - May 26, 2023
Die departement van gesondheid in die buurland sê hy is bewus van die jongste Omikron-variant, wat ‘n herlewing in Covid-gevalle in sekere lande aanwakker. Dit sluit China, die VSA en die Verenigde Koninkryk in. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê XBB1.5 is reeds lank die oorheersende variant in Suid-Afrika.
Olifante saai amok in Kameroen - May 26, 2023
Natuurbewaarders in die noorde van Kameroen het bevestig ‘n man en ‘n kind is dood toe ‘n trop van 30 olifante amok in nedersettings gesaai het. ‘n Bosbou- en natuurbewaardereJean Nyemeg, sê die verlies aan habitat weens plantasies en droogtes veroorsaak dat die diere soms na menslike nedersettings dwaal. Nyemeg sê veldwagters probeer om die […]
Comrades-wenners kan N$1,2 miljoen in die sak steek - May 26, 2023
Padwedlope: Die wenner van die mans- en die vroue-wedloop in Junie se Comrades kan elkeen prysgeld van tot 1,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand in die sak steek. Die organiseerders het bekendgemaak die wenner van die ultra-marathon ontvang 500 000 rand, nog ‘n half miljoen rand vir ʼn persoonlike beste tyd asook 200 000 rand vir die […]
Regter Molemela is nuwe president van die Appèlhof - May 26, 2023
President Cyril Ramaphosa het vir regter Mahube Betty Molemela as die president van die Appèlhof aangestel, vanaf die eerste van volgende maand. Sy het ‘n roemryke loopbaan van langer as 15 jaar, en bring ‘n magdom ervaring na die amp. Die aanstelling is gedoen in oorleg met die Regterlike Dienskommissie en leiers van partye in […]