
NamPower buig voor kabinet, skort beurtkrag op - June 12, 2023
NamPower het te kenne gegee dat sy beurtkragplan, om ‘n miljard Namibiese dollar se skuld in te vorder, eers op die ys gesit is tot einde Augustus vanjaar. Dit volg na die finansminister Ipumbu Shiimi met NamPower se direksie en bestuur vergader het na die maatskappy nie gehoor gegee het aan kabinet se opdrag dat hy […]
Venaani reageer op August 26 se verlore miljoene, Swapo wat nie korrup is nie - June 12, 2023
Reaksie word ontvang op die nuus dat die kommersiële vertakking van die Namibiese-weermag August 26 Holdings sy besturende direkteur en hoof finansiële beampte met onmiddellike effek geskors het na 3 miljoen Namibiese dollar by die maatskappy, wat weier om rekenskap te doen oor sy besteding, al is dit staatsfondse, weggeraak het. Blykbaar word die adjunk-direkteur […]
So lyk huur in die wêreld se stede - June 12, 2023
World Statistics het die duurste huur vir een-slaapkamer woonstelle in die sakekern bekend gemaak. New York lê heel bo aan die lys met maandelikse huur van 3 746 Amerikaanse dollar. Singapoer is tweede geplaas op 3 704 dollar en San Francisco is derde op 3 327 dollar. Zurich in Switserland het ook die top-tien behaal […]
Openbare onderhoude vir hoofverkiesingsbeampte word in hoofstad gehou - June 12, 2023
Die Verkiesingskommissie sal op 30 Junie om tien-uur onderhoude voer vir die nuwe hoofverkiesingsbeampte. Theo Mujoro wat tans die pos beklee sal op 30 Augustus die amp verlaat. Die onderhoude met die vyf kandidate is oop vir die publiek en die media. Geregistreerde kiesers kan ook enige tyd voor die begin van hierdie vergadering skriftelik […]
Bekwame, etiese mense in poste sal openbare sektor veerkragtig maak - June 12, 2023
Openbare verkrygings-kenner, kampvegter teen korrupsie en professor in Regte aan die Universiteit van Stellenbosch, Sope Williams-Elegbe, sê om bekwame en etiese mense in die openbare sektor in diens te neem sal help om korrupsie in Suid-Afrika te beëindig. Sy sê, sy sien so ‘n groot verskil in die manier waarop die land in die openbare […]
Strafhof ondersoek Nova Kakhovka-dam voorval - June 12, 2023
Die Internasionale Strafhof het met ‘n ondersoek begin na die ineenstorting van die Nova Kakhovka-dam in Oekraïne. Die ramp het dorpe heeltemal vernietig, landbougrond oorstroom, derduisende mense van krag en skoon water ontneem en grootskaalse omgewingskade aangerig. Drie-duisend mense is uit die oorstroomde Cherson- en Mykolaiv-streke ontruim. Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, sê hy […]
Berlusconi sterf op 86 - June 12, 2023
Oud-Italiaanse premier Silvio Berlusconi is dood op die ouderdom van 86. ‘n Mediamagnaat en miljardêr, het hy as eerste minister van Italië van 1994 tot 1995, 2001 tot 2006 en 2008 tot 2011 gedien. Berlusconi was betrokke by verskeie skandale en is ook skuldig bevind aan misbruik van mag sowel as seks met ‘n minderjarige […]
R1,3m se boetes vir onwettige storting in Kaapstad geskryf - June 12, 2023
Die Stad Kaapstad sê die wetstoepassingseenheid vir vaste afval het vanjaar 1 405 boetes ter waarde van 1,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand uitgeskryf. Die eenheid se hooffokus is besoedeling, storting en om seker te maak sakeondernemings se afvalbestuursprogramme is in plek. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê onwettige storting kan eiendomswaardes onder druk plaas […]
Wildsveiling behaal groot sukses - June 12, 2023
Die Super Game-wildsveiling wat oor die naweek gehou is het groot sukses behaal. Die veiling is bekend vir sy uitstekende aanbod op nie net trofeëdiere nie maar ook genetika. Martenique Scott van Super Game, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Erongo-polisie spreek kommer uit oor selfmoord onder mans - June 12, 2023
Die polisie in die Erongo-streek het kommer uitgespreek oor die toenemende gevalle van selfmoord wat veral deur mans in die streek gepleeg word. Die mag se inspekteur Ileni Shapumba vra mense om eerder ‘n ander alternatief te soek maar voeg by dat familie en vriende ook bedag moet wees op enige moontlike tekens van depressie. […]