
Ace Magashule uit ANC geskop - June 12, 2023
Die ANC se nasionale dissiplinêre komitee het die verwydering van die voormalige sekretaris-generaal, Ace Magashule, bevestig. Die woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê die komitee het hom skuldig bevind aan die oortreding van die party se reëls en grondwet. Hy is ook skuldig bevind dat hy die party in oneer gebring het ná sy nie-goedgekeurde poging om […]
Ugandese President verwerp gerugte dat hy dood is - June 12, 2023
Die President van Uganda, Yoweri Museveni, het op Twitter gerugte dat hy dood is verwerp. Museveni wat verlede week positief getoets het vir Covid-, sê hy is onder self-isolasie. Die 78-jarige President het Ugandese burgers aangemoedig om inentings vir Covid te kry, en waar moontlik, versterkings-dosisse. Die Wêreldgesondheids-organisasie het verlede maand aangekondig dat die pandemie […]
Klimaat-aktiviste uit Standard Bank-gebou in Johannesburg verwyder - June 12, 2023
Klimaat-aktiviste is uit Standard Bank se gebou in Johannesburg verwyder. Die bank se raad het hul jaarvergadering gehou. Die groep aktiviste, Extinction Rebellion, wou die ingang na die lokaal waar die raad vergader, versper. Hulle eis dat die bank ophou om geld in fossielbrandstof te belê. ‘n Woordvoerder van die aktiviste, Malik Dasoo sê indien […]
Shifeta lê kriminele klag teen LGBTQ-lede wat hom glo belaster - June 12, 2023
Die omgewingsminister Pohamba Shifeta het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig hy het ‘n kriminele klag van crimen injuria aanhangig gemaak teen verskeie lede van die LGBTQ-gemeenskap wat glo gerugte versprei oor prominente leiers wat gay is. Die kriminele saak wat deur Shifeta gelê is, spruit uit ‘n WhatsApp-skermskoot wat beweer dat verskeie hooggeplaaste amptenare, insluitend […]
Kuberkenners waarsku nadat voormalige OB vir kuberswendelaars val - June 12, 2023
Kuber-sekerheidskundiges waarsku Suid-Afrikaanse WhatsApp-gebruikers om waaksaam te wees teen swendelaars. Dit volg nadat die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, onthul het sy het 10 000 Suid-Arikaanse rand aan swendelaars verloor wat voorgegee het hulle is vriende. Swendelaars mislei gebruikers om persoonlike inligting te deel, sagteware af te laai wat rekenaars beskadig en ongemagtigde toegang bied […]
VN: Geslagsongelykheid bly stagnant - June 12, 2023
Navorsing van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram dui daarop geslagsongelykheid bly stagnant weens kulturele vooroordele en maatskaplike druk. Die verslag, wat 85 persent van die wêreld se bevolking gemeet het, het bevind nege uit tien mans en vroue het steeds inherente vooroordele teenoor vroue. Die helfte van die wêreld se bevolking glo mans is beter […]
Netbal: Proteas vergader voor Wêreldbeker op Stellenbosch - June 12, 2023
Netbal: Die Proteas het vandag die eerste keer voor die Wêreldbeker-toernooi by Stellenbosch se Akademie vir Sport vergader. Die spanbestuurder, Nisha Rupnarain, sê tydens vandag se vergadering sal die 15 spelers hul uitrustings ontvang en deur die laaste gedeelte van hul voorbereidings gaan. Die span sal Woensdag in Kaapstad aanmeld vir die voor-Wêreldbeker-kamp. Die toernooi […]
SA suidelike witrenosters na DRK verskuif - June 12, 2023
Sestien suidelike witrenosters is in die Demokratiese Republiek van die Kongo vrygelaat as deel van pogings om die bedreigde spesie in die gebied te hervestig. Die renosters is van ‘n privaat natuurreservaat in Suid-Afrika na die Garamba Nasionale Park in die noordooste van die DRK vervoer. Die laaste noordelike witrenoster in die gebied is in […]
Nóg ‘n vermeende kinderverkragter nie gearresteer - June 12, 2023
Die Namibiese polisie in die Omusati-streek ondersoek ‘n saak waarin ‘n veiligheidswag van onbekende ouderdom na bewering ‘n 14-jarige minderjarige meisie verkrag en swanger gemaak het. Daar word beweer dat die man by verskeie geleenthede die minderjarige meisie verkrag het. Kommissaris Ismael Basson, polisiebevelvoerder van Omusati, sê die voorval het in die nedersetting Omatemba in […]
SA landbousektor groei die afgelope drie jaar met 25% - June 12, 2023
Die Nasionale Landbou-bemarkingsraad in die buurland sê daar is beduidende verbeterings in voedselsekerheid nadat die volume en omvang van produksie die afgelope 18 jaar verdubbel het. Die senior landbou-ekonoom by die raad, Sifiso Ntombela, het aan Food for Mzansi, gesê die landbousektor het ook die afgelope drie jaar met 25 persent gegroei. Hoewel die proses […]