
Mynwese-kamer verwelkom verbod op mineraal-uitvoere - June 13, 2023
Die Kamer van Mynwese van Namibië verwelkom die kabinetsbesluit oor die verbod op die uitvoer van sekere kritieke minerale soos onverwerkte litium-erts, kobalt-mangaan, grafiet en seldsame aardmetale goedgekeur. Volgens die kamer se uitvoerende hoof, Veston Malango, is dit nodig vir die regering om die uitvoer van onverwerkte kritieke minerale te beheer en te reguleer om […]
SA-padvragvereniging rig pleidooi aan ANC vir beter spoorlyne, hawens - June 13, 2023
Die Padvragvereniging in Suid-Afrika het ‘n pleidooi gerig vir die onmiddellike verbeterings van spoorlyne en hawens, en beklemtoon die vragmotorbedryf alleen kan nie aan die vraag vir doeltreffende vervoer voldoen nie. Hy beklemtoon die belangrikheid van samewerking tussen die spoor- en padsektore om doeltreffende vervoerdienste te bereik. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê […]
Haatspraak, fopnuus op digitale platforms vereis daadwerklike aksie - June 13, 2023
Digitale platforms word regoor die wêreld gebruik vir haatspraak en die verspreiding van fopnuus. Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres het die VN se handleiding in die verband bekend gestel. Hy sê die kwessie vereis duidelike en gekoördineerde globale optrede.
Trump verskyn vandag in Miami-hof - June 13, 2023
Amerika se oudpresident Donald Trump verskyn vandag in ‘n federale hof in Miami waar hy die tweede keer sal teregstaan. Hy staar 37 aanklagte in die gesig wat verband hou met sy hantering van geklassifiseerde dokumente nadat hy die Withuis verlaat het. Die aanklagte gee besonderhede oor die plekke waar Trump na bewering geklassifiseerde dokumente […]
NamRA gee reaksie op werwingsproses - June 12, 2023
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA het sy reaksie gegee op die bewerings wat deur LPM-parlementslid Edison Isaacks in die Nasionale Vergadering gemaak is met betrekking tot NamRA se werwingsproses. Isaacks het opgemerk dat NamRA sekere etniese groepe doelbewus in sy werwing uitgesluit het, en bygevoeg dat voormalige werknemers van die inkomste-departement en die direktoraat van doeane […]
Equiano ondersese kabel bring goedkoper, vinniger internet - June 12, 2023
Paratus vier vandag ‘n mylpaal as die landingsvennoot wat vandag die Equiano ondersese kabel in Namibië geaktiveer het. Paratus sê dit verseker verbeterde en goedkoper konnektiwiteit na Namibië en die breër SAOG-streek. Equiano, met sy landingspunte in Lissabon, Benin, Nigerië, St. Helena, Namibië en Suid-Afrika, sal nuwe ekonomiese geleenthede regdeur die streek te skep. Die […]
SA kan binnekort elektrisiteit uit Mosambiek uitvoer - June 12, 2023
Suid-Afrika kan binnekort tot eenduisend megawatt elektrisiteit uit Mosambiek invoer, wat kan help om beurtkrag met een vlak te verlaag. Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa het vandag met sy ampsgenoot uit Mosambiek, Carlos Zacarias vergader, en ‘n ooreenkoms gesluit om oor die kort termyn honderd megawatt van Mosambiek aan te koop. Dié ooreenkoms is […]
Irakse regering keur enorme begroting goed - June 12, 2023
Die Irakse regering het sy goedkeuring gegee vir ‘n massiewe begroting van altesaam 2,8 duisend miljard Namibiese dollar, wat oor ‘n tydperk van drie jaar sal strek, van 2023 tot 2025. Dit is die grootste in die land se geskiedenis. Die adjunk-speaker van die Irakse raad van verteenwoordigers, Shakhwan Abdullah Ahmed, sê een van die […]
DA: Elektrisiteitsminister kry R13 miljoen per jaar - June 12, 2023
Die DA beweer Suid-Afrikaners betaal ongeveer 13 miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar aan ʼn minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, wat aan niemand verantwoordbaar is nie. Die party sê ten spyte van die afwesigheid van ʼn prestasie-plan onder die toesig van die parlement, beskerm die ANC die ministerie teen verantwoordbaarheid. ʼn Woordvoerder van die DA, Samantha […]
Shifeta verduidelik waarom hy lasterklag lê - June 12, 2023
Die omgewingsminister Pohamba Shifeta het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik waarom hy ‘n kriminele klag van crimen injuria aanhangig gemaak het teen verskeie lede van die LGBTQ-gemeenskap wat glo gerugte versprei oor prominente leiers wat gay is. Shifeta sê dat die verspreiding van leuens oor individue nie net onderhewig is aan siviele laster-regsgedinge nie, maar […]