
Ministerie verduidelik verrassende verskille in brandstofpryse in die land - June 13, 2023
Abednego Ekandjo, die hoofekonoom en petroleumprys-spesialis, in die ministerie van myne en energie, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die verrassende verskille in brandstofpryse regoor die land, met Walvisbaai, waar dit aanland, op die goedkoopste. Maar, daar blyk om geen standaard te wees nie. Die syfers, van Simonis Storm toon dat die prys van […]
Kospryse styg weer, so lyk hulle in Mei - June 13, 2023
Voedselinflasie het volgens die Namibiese Statistieke-agentskap met 12,5 persent in Mei gestyg en het die grootste bydrae gemaak aan die algehele inflasie van 6,3 persent wat vir die maand aangeteken is. Vrugte is op met 22,1 persent terwyl groente met 18,5 persent gestyg het. Brood en grane is 17,7 persent duurder, terwyl suiker en suikerprodukte 10,1 […]
Wasserfall-saak: Familie reageer op vonnis - June 13, 2023
Azaan Madisia is gevonnis tot agt jaar tronkstraf met twee jaar opgeskort terwyl haar broer Steven Mulundu ses jaar agter tralies gekry het waarvan twee opgeskort is. Die twee is skuldig bevind aan regsverydeling en Madisia ook aan bedrog, maar is vrygespreek op die moord van Shannon Wasserfall in 2020 in Walvisbaai. Regter Christie Liebenberg […]
Verbeterde wisselkoers: Stand van sake was oordoen, meen ekonoom - June 13, 2023
Die wisselkoers van die rand en die Namibiese dollar met die Amerikaanse dollar het baie verbeter en verhandel op die oomblik rondom 18,60 teenoor die Amerikaanse geldeenheid. Die dollar het in die afgelope week met meer as 4,5 persent verswak. Die Federale Reserwebank vergader vandag en môre oor rentekoerse in daardie land maar, volgens die […]
Ons kry nie opbrengs op ons maatskaplike beleggings nie – Shiimi - June 13, 2023
Die finansminister Ipumbu Shiimi sê Namibië kry nie voldoende opbrengs op sy belegging van amper 53 persent van die begroting in maatskaplike dienste nie. Terwyl hy sê dat beleggings in menslike kapitaal baie belangrik is, blyk daar om lekkasies te wees en dus, is geteikende programme meer van pas as om net nog geld aan […]
Inflasie vir Mei is op, aangedryf deur kospryse - June 13, 2023
Inflasie-syfers vir Mei is bekend. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê dit is op 6,3 persent gemeet teenoor 6,1 persent in April, en 5,4 persent in Mei verlede jaar. Voedsel en nie-alkoholiese drankies het met 12,5 persent gestyg, gevolg deur drank en tabak wat met 7,5 persent duurder geword het en die twee kategorieë het die meeste […]
Onpartydige kongreslede in VSA wil Suid-Afrika straf - June 13, 2023
‘n Groep Amerikaanse kongreslede van die Demokratiese én die Republikeinse Party het volgens berigte President Joe Biden gevra om Suid-Afrika te straf. Hulle beskuldig die land dat hy sy militêre verhouding met Rusland die afgelope jaar versterk het. Die groep wat die Demokratiese senator Chris Coons insluit, wil hê vanjaar se beraad oor die Amerikaanse […]
Covid-ondersoek begin in Brittanje - June 13, 2023
Die Verenigde Koninkryk se langverwagte Covid-19-ondersoek hou vandag sy eerste openbare verhore. Die ondersoek onder voorsitterskap van die voormalige appèlhofregter, barones Heather Hallett, sal probeer om die uitwerking van die pandemie en die regering se reaksie daarop te verstaan. Byna 250 000 Covid-verwante sterftes is in die Verenigde Koninkryk aangemeld. In vandag se sessie word […]
Wêreldbeker: Netbal kry reuse-hupstoot in die Kaap - June 13, 2023
Die tiende en jongste Wêreldbeker-muurskildery is by die Lotusrivier-ontspanningsentrum in Kaapstad onthul. Soortgelyke muurskilderye is vroeër in Langa, Khayelitsha, die Strand, Bellville-Suid, Atlantis, Mitchells Plain, Kuilsrivier en Makhaza onthul. Die toernooi begin op 28 Julie in die stad. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê netbal is een van die sportsoorte […]
Ontleder sê Ace se politieke loopbaan is verby - June 13, 2023
Die politieke ontleder Dirk Kotze sê die ANC se besluit om sy gewese sekretaris-generaal, Ace Magashule, uit die party te skop, beteken waarskynlik die einde van Magashule se politieke loopbaan. Sy skorsing uit die party volg nadat hy nie die spertyd gehaal het om die party se Nasionale Tugkomitee se bevindings teen hom teen te […]