
De Lille soek inkomstetoelaag van R999 maandeliks - June 15, 2023
Die leier van die GOOD-party, Patricia de Lille, doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om die party se veldtog vir ‘n basiese inkomstetoelaag te steun. Die party het sy veldtog in Kaapstad afgeskop. Die party stel voor werklose Suid-Afrikaners, tussen 18 en 60 jaar oud, moet kwalifiseer vir ‘n toelaag van 999 Suid-Afrikaanse rand per maand. […]
Komitee sê vandag oor Boris en Partygate - June 15, 2023
Dit wil voorkom asof niemand bereid is om te praat oor die verslag van die Voorregtekomitee oor of oudpremier Boris Johnson vir die parlement gelieg het oor Partygate nie. Die verslag sal vandag bekend gemaak word. Die premier Rishi Sunak wou nie veel sê nie. En Johnson wat vanoggend tydens sy drafsessie deur joernaliste voorgekeer […]
Amerikaanse soldaat, 22, bieg hy het ISIS gehelp om makkers te vermoor - June 15, 2023
‘n Twee-en-twintig-jarige Amerikaanse weermagsoldaat het skuld beken dat hy probeer het om ISIS te help om Amerikaanse soldate in die Midde-Ooste in lokvalle te lei en te vermoor. Hy het ook skuld erken op aanklagte dat hy probeer het om materiële steun te verleen aan ‘n aangewese buitelandse terreurorganisasie. Die Amerikaanse Departement van Justisie sê […]
VF+ sê 53% van nuwe huise in Kaapstad informeel sal word - June 15, 2023
Die Vryheidsfront Plus waarsku 53 persent van nuwe huise in Kaapstad sal oor 20 jaar informele strukture wees. Erkende informele nedersettings het reeds toegeneem met 60 000 strukture. Die party dring aan op dringende verstedelikings-beplanning om aandag te skenk aan die toestroming van mense en ‘n toekomstige vloed van hawelose inwoners te vermy. Die VF Plus-lid, Grant Marais, […]
Lughawe-vragchaos uitspraak vanoggend - June 15, 2023
Regter Shafimana Ueitele sal vanoggend om tien-uur uitspraak lewer in die dringende aansoek deur Menzies Aviation om sy posisie as vraghanteerder by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe te behou. Hy sê in sy stukke dat die hooggeregshof, wat sy appèl teen die hoërhof se beslissing in Paragon se guns van die hand gewys het, nie in ag geneem het dat daar ‘n aanvullende beëdigde verklaring […]
Wêreldleiers moet inkomste-ongelykheid aanspreek - June 15, 2023
President Cyril Ramaphosa sê wêreldleiers moet ongelyke toegang tot arbeidsmarkte en inkomste-ongelykheid as ‘n saak van dringendheid aanspreek. Hy het gepraat by die Wêreld-werksberaad wat in Genève, Switserland, gehou word. Die beraad word deur die Internasionale Arbeidsorganisasie aangebied. Ramaphosa sê leiers moet beleide en programme in werking stel wat bydra tot werkskepping, entrepreneurskap bevorder, en billike lone en […]
Man vas omdat hy blykbaar Samsung-ontwerpe wou steel - June 15, 2023
Suid-Koreaanse aanklaers het ‘n voormalige uitvoerende hoof van Samsung Electronics gearresteer en aangekla op klagtes dat hy handelsgeheime gesteel het terwyl hy probeer het om ‘n nabootsingsrekenaarskyfie-aanleg in China te vestig. Die distriksaanklaerskantoor sê dat die 65-jarige man het Samsung se fabrieksbloudrukke en ander ontwerpe van 2018 en 2019 onwettig bekom. Hy wou die ontwerpe repliseer straataf van ‘n Samsung-aanleg in die Chinese stad Xi’an. Die tegnologie is ongeveer 233 miljoen Amerikaanse […]
Siya se rehabilitasie vorder goed - June 15, 2023
Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, sê die Bok-kaptein Siya Kolisi se rehabilitasie vorder goed en hy haal al sy teikens. Kolisi het verlede maand ’n operasie ondergaan ná ’n knieligament-besering terwyl hy vir die Haaie in aksie was in die eindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Nienaber sê hy hoop Kolisi sal vóór die Wêreldbeker-toernooi terugkeer na die veld, maar het beklemtoon die span se fokus […]
Tshwane het nie sy Eskom-skuld betaal nie - June 15, 2023
Die Stad Tshwane het weer nagelaat om sy skuld aan Eskom te betaal, wat nou reeds bykans 1,9 miljard Suid-Afrikaanse rand beloop. Die metro het nie sy fakture vir Maart en April betaal nie, wat onderskeidelik 179 miljoen rand en 776 miljoen rand beloop. Eskom dring aan op onmiddellike vereffening en waarsku krag kan nie sonder gereelde betalings verskaf word nie. Volgens […]
Hoë-profiel sake in die hof vandag - June 15, 2023
Hoërhofregter Christie Liebenberg het ‘n vol oggend vandag met verskeie ernstige sake wat voorkom vir opdaterings op die jongste liassering en meer. Onder andere kom die saak van die voormalige polisiereservis, die 50-jarige Johann Maree, wat daarvan beskuldig word dat hy minderjarige seuns seksueel misbruik en pornografiese materiaal van hulle op die donker web verfilm en verkoop het, voor. Maree is op 30 […]