Werkloosheid en voedselsekerheid in Gauteng kom onder die loep - May 30, 2023

Die DA in Gauteng sê toenemende werkloosheid in die provinsie verhoog die gevaar van voedselonsekerheid. In die eerste kwartaal vanjaar was net meer as 2 miljoen van Gauteng se inwoners werkloos terwyl meer as 500 000 nie meer werk soek nie. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê voedselinflasie het ‘n rekord-hoogtepunt van 13,4 persent bereik […]

Read More

Jeugwerkloosheid onder die loep in Noorde - May 30, 2023

Die Parlementêre Staande Komitee oor Menslike Hulpbronne en Gemeenskapsontwikkeling het die week sy plaaslike openbare verhore oor die mosie oor jeugwerkloosheid in die Noordelike streke begin en vergader môre met jongmense op Rundu. Daarna kom Nkurenkuru aan die beurt met Eenhana wat op 3 Junie besoek sal word. Terwyl jeugwerkloosheid regoor die land ‘n groot […]

Read More

Gauteng se Onderwysdepartement moet sekuriteit by skole verskerp - May 30, 2023

Die DA in Gauteng eis dat die provinsiale Departement van Onderwys die skoolveiligheidsplan hersien om die veiligheid van leerders en onderwysers buite die skoolterrein te verseker. Dit volg op die toenemende getal aanvalle en moorde op onderwysers en leerders regoor die provinsie. Khume Ramulifho van die DA sê in die jongste voorval is die 17-jarige […]

Read More

Weste reageer skerp op Uganda se gay wetgewing - May 30, 2023

President Yoweri Museveni van Uganda se besluit om die wêreld se strengste wet teen LGBTQ+ te onderteken, het wêreldwye kritiek uitgelok. Volgens die jongste berigte het Amerikaanse President Joe Biden opdrag gegee vir sy amptenare om ondersoek in te stel in verband met sanksies. Die VSA bestee ongeveer ‘n miljard Amerikaanse dollar jaarliks aan hulp […]

Read More

Kunsteraad sê kunstenaars moet aan die komende toekenning-siklus deelneem - May 30, 2023

Die Nasionale Kunsteraad van Namibië erken die finansieringsgaping in die bedryf. Kunstenaars speel ‘n deurslaggewende rol in die vorming van kultuur en samelewing, maar hul werk word dikwels onder-waardeer en onder-befonds. Hulle is veral hard getref deur die inperkings van die Covid-pandemie, daarom poog die raad om kunstenaars te ondersteun deur toekennings aan hulle te […]

Read More

Kommer oor toenemende spoedoortredings in die Wes-Kaap - May 30, 2023

Wetstoepassingsbeamptes in Kaapstad het die afgelope week 276 mense in hegtenis geneem en 57 604 verkeersoortredings in die stad aangemeld. Dit het nagenoeg 30 000 spoedoortredings ingesluit. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die aantal werklike spoedoortredings wat begaan is, is waarskynlik baie hoër en mense voer talle argumente aan om hul […]

Read More

Plaaslike verbruik van beesvleis veroorsaak daling in uitvoere - May 30, 2023

Die Vleisraad van Namibië het plaaslike verbruik van Namibiese beesvleis met 8 persent gedurende April, op ‘n jaargrondslag, gestyg wat gelei het tot verminderde uitvoere gedurende die maand. Volgens die Vleisraad is dit aangedryf deur beter plaaslike marges met ‘n kleiner verskil tussen die prys van die produsent en die kleinhandelaar. Intussen daal die prys […]

Read More

Sakelui sê SA-visumstelsel is uiters swak - May 30, 2023

Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê beslissende optrede is nodig om die uitdagings in Suid-Afrika se visumstelsel te takel. ‘n Onlangse meningspeiling deur die provinsiale Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme het bevind 78 persent van die deelnemers het die land se immigrasie-aansoekstelsel as baie swak beskryf teenoor dié van […]

Read More

VN het kommer oor 18 hongersnood-brandpunte - May 30, 2023

Die Verenigde Nasies se voedsel- en landbou-organisasie waarsku ernstige voedselonsekerheid kan moontlik toeneem in 18 hongersnood-brandpunte wat 22 lande raak. Dit sluit Sudan, Yemen, Nigerië, Afghanistan en Somalië in. ‘n Nuwe VN-verslag toon konflik, uiterste klimaatstoestande en ekonomiese skokke dryf al meer gemeenskappe na ‘n hongerkrisis. Die organisasie sê daar moet onmiddellik ingryping op landbougebied […]

Read More

Stokes sal reg wees vir die As - May 30, 2023

Engeland se hoofafrigter, Brendon McCullum, sê hy bly positief dat die kaptein, Ben Stokes, trefkrag sal hê met die bal tydens die reeks om die As teen Australië. Twyfel bestaan oor hoe Stokes as bouler ingespan gaan word nadat hy slegs twee keer in die Indiese Premierliga gespeel het. Engeland kom Donderdag op Lords in […]

Read More