
Huldeblyke stroom in vir McKaiser - May 31, 2023
Huldeblyke stroom in na die dood van die bekende skrywer, omroeper en kommentator, Eusebius McKaiser. Die 45-jarige is by sy huis in Johannesburg dood nadat hy vermoedelik ‘n epileptiese aanval gekry het. ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê McKaiser se dood het hom geruk omdat hy so ‘n slim jong man was. Die ervare aktivis […]
Bipa: Jeug moet Namibië bemark - May 30, 2023
Die vyfde Afrika Jeug in Toerisme-beraad vind tans op Swakopmund plaas en duur tot Vrydag. Die omgewingsministerie bied die beraad in samewerking met die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie aan. Dit is die enigste Pan-Afrika-jeugberaad wat ‘n platform vir die jeug in toerisme-en reisbesighede bied. Nangula Uaandja, uitvoerende hoof van die raad van Beleggings-bevordering en -ontwikkeling, […]
Eskom ly sy grootste verlies ooit van R21,2 miljard - May 30, 2023
Eskom het die afgelope finansiële jaar sy grootste verlies nog van sowat 21,2 miljard Suid-Afrikaanse rand gely, volgens ongeouditeerde syfers wat die Nasionale Tesourie in die parlement voorgelê het. Die geldsake van ondernemings in staatsbesit is aan die staande komitee oor Toewysings ontbloot. Volgens die Tesourie was Eskom se inkomste minder as verwag en sy […]
China stuur drie ruimtevaarders na Tiangong-stasie - May 30, 2023
China het vandag drie ruimtevaarders na sy nou ten volle operasionele ruimtestasie, Tiangong, gestuur om die vorige bemanning te vervang. Chinese staatsmedia berig dit is die vyfde bemande sending na die Chinese ruimtestasie sedert 2021. Die Shenzhou-16-ruimtetuig, wat goddelike tuig beteken, is met ‘n vuurpyl gelanseer in die Juiquan-lanseringsentrum in die Gobi-woestyn in die noordweste […]
Sokker: Ten Hag sê geloof is deurslaggewend - May 30, 2023
Sokker: Dit is reeds ʼn uiters suksesvolle seisoen vir Erik ten Hag in bevel van Manchester United. Hulle het derde in die Premierliga geëindig om weer in die Kampioeneliga te speel. United het die Engelse Liga-beker gewen en Saterdag op Wembley is dit ʼn Manchester-derby in die FA beker-eindstryd. Die Premierliga-kampioen, Manchester City, sal as […]
Cele: Moordsake neem toe - May 30, 2023
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het aangekondig moordsake het tussen Januarie en Maart vanjaar met 3,4 persent toegeneem. Hy sê 6 285 mense is volgens berigte met ‘n stomp voorwerp óf ‘n vuurwapen vermoor. Cele het op ‘n nuuskonferensie gepraat oor die misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal. Hy sê KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en […]
Kunenerivier vloei baie sterker as verlede jaar - May 30, 2023
Die Zambezirivier se vlak by Katima Mulilo het van 4,77 meter tot 4.69 meter gedaal, met ‘n vloei van 2 768 kubieke meter per sekonde. Die watervlak van die Okavangorivier by Rundu het effens gedaal van 4,66 meter tot 4,63 meter met ‘n vloei van 146 kubieke meter per sekonde. Die Oranjerivier by Blouputs daal […]
Gesondheidsministerie: Voorkom só voedselverigtiging - May 30, 2023
Die Namibiese gesondheidsministerie het voorsorgmaatreëls met die publiek gedeel om voedselvergiftiging te vermy. Dit volg ná die vergiftiging van 17 lede van ‘n huishouding in die Kayova-nedersetting in die Kavango Oos-streek bekend gemaak. Nege is reeds dood, almal 16 jaar en jonger met die jongste sterfgeval ‘n twee-jarige seuntjie. Agt word steeds in die hospitaal […]
VF Plus: Werkloosheid dryf mense tot misdaad - May 30, 2023
Die Vryheidsfront Plus het die toename in misdaad toegeskryf aan die krimpende ekonomie en desperate, werklose Suid-Afrikaners wat hulle tot misdaad wend. Die party het kommer uitgespreek oor die polisie se jongste misdaadstatistiek en sê dit openbaar ‘n somber werklikheid van geweld, met meer as 6 000 moorde in die eerste drie maande van vanjaar […]
Bekende uitsaaier, skrywer McKaiser (45) sterf - May 30, 2023
Die alombekende uitsaaier, politieke ontleder en skrywer, Eusebius McKaiser, is op 45 oorlede na ʼn vermeende epileptiese aanval. Hy was 45. McKaiser se bestuurder, Jackie Strydom, het die hartseer nuus bevestig. Sy sê dit het in Johannesburg gebeur hoewel hy vroeër die dag geen teken van ongesteldheid getoon het nie. McKaiser het in 1997 sy […]