
Brexit moet weer onderhandel word – opposisie - May 17, 2023
Die leier van die Britse opposisie-party sê die huidige Brexit-ooreenkoms werk nie. Sir Keir Starmer van die Arbeidersparty sê die ooreenkoms moet weer onderhandel word.
G7 sal eerste Rusland se aanspreeklikheid bespreek - May 17, 2023
Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê Rusland se aanspreeklikheid vir die misdaad van aggressie was ‘n belangrike onderwerp op die eerste dag van die G7-beraad wat tans in Japan gehou word. Oekraïne, wat deur verskeie lidlande ondersteun word, het gevra dat ‘n spesiale tribunaal president Vladimir Putin vir die misdaad van […]
Enoch gee geld om SA van gryslys af te kry - May 17, 2023
Die Suid-Afrikaanse finansminister, Enoch Godongwana, het oor die medium termyn 265 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die Finansiële Intelligensiesentrum toegewys om Suid-Afrika van die gryslys te kry. Die Finansiële Aksietaakspan het die land in Februarie op die gryslys geplaas omdat hy nie genoeg doen om geldwassery en die finansiering van terrorisme te keer nie. Hy het […]
Mbumba gesels oor uraan in Omaheke - May 17, 2023
Die vise-president Nangolo Mbumba het streeksbesoek in Omaheke afgelê en het onder andere, die kwessie van uraangontginning aangespreek. Hy sê die gemeenskap het die reg om te vra waar Uranium One die bewyse gekry het dat die water nie besoedel sal word nie. Hy sê die gemeenskap moet na homself kyk en nie gedruk word […]
Plastiekbesoedeling kan met 80% daal indien… - May 17, 2023
Plastiekbesoedeling kan teen 2040 met 80 persent afneem as regerings en maatskappye beskikbare tegnologie gebruik om beleid en mark-aanpassings te doen. Dit is die boodskap van die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres. ’n VN-verslag wat vrygestel is onder die titel, Turning off the Tap: How the world can end plastic pollution and create […]
President van Oekraïnse hooggeregshof vas vir korrupsie - May 17, 2023
Die hoof van die Oekraïnse hooggeregshof is in verband met ‘n korrupsie ondersoek in hegtenis geneem. Volgens berigte word Vsevolod Kniaziev verbind met ‘n 2,7 miljoen Amerikaanse dollar omkoopskandaal. Die teenkorrupsie-buro in Oekraïne het bekend gemaak dat hy saam met die kantoor van die gespesialiseerde teen-korrupsie aanklaer, grootskaalse korrupsie by die hoogste hof oopgevlek het. […]
Koen brei Springbok-vroue se leierskap uit - May 17, 2023
Die Springbok-vrouespan se tussentydse hoofafrigter, Louis Koen, het Chumisa Qawe as kaptein aangewys om die span te lei in die Rugby Afrika-bekertoernooi vir Vroue in Madagaskar. Sy neem oor by haar Westelike Provinsie-spanmaat, Nolusindiso Booi, wat die reis weens ‘n besering sal misloop. Suid-Afrika speel oor die volgende twee weke teen Kameroen, Kenia en Madagaskar. […]
Pampoentjies breek uit in die Noordwes - May 17, 2023
Die Noordwes Departement van Gesondheid sê hy is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag na die uitbreking van pampoentjies in die land. Die virusinfeksie, wat hoofsaaklik kinders tussen vyf en nege jaar oud affekteer, kan deur inenting voorkom word. Pampoentjies veroorsaak pynlike swelling van al die speekselkliere in die gesig en by die ore, en is oor […]
Op-die-hoef bees-uitvoere styg met 103% - May 17, 2023
Die jongste syfers van Agribank toon dat op-die-hoef beesuitvoere met 103 persent vanjaar gestyg het. Daar is 81 142 diere uitgevoer. In Maart het is daar 49 persent meer diere uitgevoer, op net meer as 22 000 vergeleke met die amper 15 000 in Februarie. Volgens Agribank, neem die bemarking van vee regoor die land […]
Sonder groei kan munisipale rekeninge nie betaal word nie - May 17, 2023
Die Okahandja-munisipaliteit bly in die nuus met betoging ná betoging. Die afgelope weke en maande het die inwoners van die dorp bly betoog vir grond-toekennings. Die jongste nuus is dat die munisipaliteit deur die skuldinvorderaars Red Force eis dat die inwoners hul uitstaande water-rekeninge betaal. Dit is iets wat nie die meeste van die inwoners […]