Man skiet homself na hy Walvisbaai-huis probeer afbrandMay 30, 2025

Die Erongo-polisie berig dat ‘n Namibiër, die 50-jarige Johan van Staden, vanoggend omstreeks half-sewe probeer het om ‘n huis by Gausstraat 15 in Hermes, Walvisbaai aan die brand te steek. Hy het ook vier skote op die huiseienaar afgevuur, wat nie getref is nie. Van Staden het in sy wit Toyota-dubbelkajuit bakkie weggejaag. ‘n Soektog na hom is op tou gesit, en Van Staden het selfmoord gepleeg deur homself te skiet by Lover’s Hill naby die soutpan-pad buite Walvisbaai. Geen selfmoord-nota is gevind nie en sy naasbestaandes is in kennis gestel.