
Brics-beraad: Immuniteit in SA-staatskoerant gepubliseer - May 30, 2023
Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, se kennisgewing dat alle internasionale amptenare wat Brics-geleenthede in die land bywoon volgens die Wet op Diplomatieke Immuniteit en Voorregte beskerm word, is in die staatskoerant gepubliseer. Dit beteken die land verleen diplomatieke immuniteit aan amptenare wat Donderdag die vergadering vir Brics-ministers van Buitelandse Sake in Kaapstad bywoon, asook dié […]
Kommer oor Sudan-vlugtelinge - May 30, 2023
Menseregte-owerhede het groot kommer oor die stand van sake in Sudan. Die VN se kommissaris vir menseregte, Filippo Grandi sê dat ‘n miljoen mense teen Oktober uit die land sal vlug wat die risiko vir mensehandel in die reeds kwesbare streek, vererger. Daar is ook kommer oor die onwettige verspreiding van wapens. Grandi het met die media gepraat.
Sterftes in Lombardye was toeriste - May 30, 2023
Die vier mense wat gesterf het toe ‘n passasiersboot Sondagaand op ‘n meer in Italië gesink het, is uitgeken as twee Italianers, ‘n Israeli en die kaptein se Russiese vriendin. Daar was ongeveer 25 mense aan boord toe ‘n onverwagte storm die Lombardye-gebied in die noorde van Italië getref het. Die meeste van die passasiers […]
Ineenstorting van waterinfrastruktuur is skending van menseregte - May 30, 2023
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die ineenstorting van waterinfrastruktuur skep ‘n menseregtekrisis. Die kommissie beweer hy het voorheen owerhede in Tshwane gewaarsku oor die dreigende ramp in Hammanskraal toe hy verklaar het die water is nie geskik vir menslike gebruik nie. Die kommissie se waarnemende bestuurder in Gauteng, Zamantungwa Mbeki, sê daar was moontlik mislukkings in die moniteringsproses van die aanbevelings wat hy […]
Huidige wetgewing beskerm nie hulpbronne nie - May 30, 2023
Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne en oud handelsminister, Tjekero Tweya, sê die bestaande wette wat in die parlement aanvaar word, onvoldoende is om natuurlike hulpbronne te beskerm. Tweya sê dit is nodig om die wetgewing te verbeter en te versterk. In sy mening is dit uiters belangrik om betrokke te raak by ‘n omvattende, eerlike en konstruktiewe dialoog oor die bestuur van natuurlike hulpbronne […]
Dan Marokane is Solidariteit se keuse vir nuwe De Ruyter - May 30, 2023
Solidariteit sê sy voorkeurkandidaat as uitvoerende hoof van Eskom is die kragvoorsiener se voormalige bestuurder, Dan Marokane, met ‘n vorige kliëntediensbestuurder, Ayanda Noah, as sy tweede keuse. ’n Uitgelekte kortlys van kandidate is die naweek in die media gepubliseer. Theuns du Buisson van Solidariteit sê die beste uitvoerende hoof vir Eskom is die een wat bereid sal wees om die kragvoorsiener te bestuur sonder […]
Sudan-weeshuis loop deur, 50 kinders en babas reeds dood - May 30, 2023
Minstens 50 kinders, onder wie 24 babas is die afgelope ses weke sedert die oorlog in middel-April in Sudan uitgebreek het, by ‘n kinderhuis dood. Dr. Abdeer Abdullah sê die kinders by die staatsbeheerde kinderhuis Mygoma in Khartoem het weens ‘n gebrek aan voldoende personeel om vir hulle te sorg, aan ernstige wanvoeding en ontwatering […]
Gerugte dat Russiese missiele op raak, verkeerd - May 30, 2023
Die Oekraïne loop nou daagliks deur onder missielaanvalle deur Rusland en veral teikens in die hoofstad Kiëf word geteiken. Daar is gerugte dat Rusland se missiele besig is om op te raak maar, die politieke redakteur van die Kyiv Independent-koerant, Oleksiy Sorokin, sê dit blyk om verkeerd te wees.
Dogtertjie, 3, dood na beurtkrag blykbaar asemhalingtoestel afskakel - May 30, 2023
Build One South Africa het ‘n klagte van strafbare manslag teen die regering aanhangig gemaak ná die dood van ‘n drie-jarige Johannesburgse meisie nadat haar asemhalingstoestel volgens berigte as gevolg van beurtkrag nie gewerk het nie. Die party het die klagte by die Kaapstad-Sentraal-polisiestasie ingedien. Build One SA se leier, Mmusi Maimane, sê bestendige kragtoevoer sou die tragedie kon voorkom:
Swak rand kelder enige hoop vir brandstofprys-verligting, maar uitkoms onduidelik - May 30, 2023
‘n Namibiese ekonoom het sy verwagting oor die brandstofpryse gegee wat na verwagting vandag deur die ministerie van myne en energie bekend gemaak sal word. Die brandstof-hersieningskomitee vergader vandag om die brandstofpryse te bespreek waarna die aankondiging gemaak sal word. Mei se petrolprys het onveranderd gebly en diesel het met 80 sent per liter gedaal. […]