
Mexikaanse president wil vredesooreenkoms met kartelle hê - June 1, 2023
Mexiko se President Andrés Manuel López Obrador sê hy sal ‘n vredesooreenkoms met die land se magtigste kartelle ondersteun in ‘n poging om die bloedvergieting te stop. Volgens berigte het meer as 100 000 mense sedert 1964 in Mexiko verdwyn, die meeste van hulle die afgelope 15 jaar sedert die regering se oorlog teen kartelle […]
Al Pacino word pappa, op 83 - June 1, 2023
Die Hollywood-akteur Al Pacino gaan op 83-jarige ouderdom die vierde keer pa word. Sy 29-jarige vriendin, Noor Alfallah wat in 2017 met die musikant Mick Jagger uitgegaan het, is agt maande swanger. Pacino het reeds drie kinders – twee by Beverly D’Angelo en een by Jan Tarrant. Hy is veral bekend vir sy rolle in […]
Nored en Suide-dorpe skuld nog vir NamPower - May 31, 2023
NamPower, wat meer as ‘n miljard Namibiese dollar deur sy wanbetalende kliënte geskuld word, het weer sy kliënte herinner om hul uitstaande rekeninge te betaal. Die kragvoorsiener sê in ‘n kennisgewing indien uitstaande rekeninge nie vandag vereffen word nie, gaan beurtkrag steeds in fases vanaf 5 Junie teen hulle begin. Cenored Okahandja, die Karas-streeksraad, die […]
Moses Matyayi is Windhoek se nuwe uitvoerende hoof - May 31, 2023
Stad Windhoek se burgemeester Joseph Uapingene het die aanstelling van Moses Matyayi aangekondig as die nuwe hoof uitvoerende beampte vir die stad, effektief vanaf 1 Augustus 2023. Tans is Matyayi die uitvoerende hoof van die Otjiwarongo-munisipaliteit. Die munisipale raad van Stad Windhoek hou tans sy maandelikse gewone vergadering.
Inligting- en kommunikasieregte in Afrika onder die loep - May 31, 2023
Die Inligting- en Kommunikasieregte in Afrika-konferensie vind in die hoofstad plaas. Die drie daagse konferensie word deur meer as 40 deelnemers uit 16 lande bygewoon. Die streeks-konferensie poog om by te dra tot deurlopende pogings om die groot uitdagings wat digitale regte, toegang tot inligting, vryheid van spraak en media in Afrika raak, te bekamp. […]
Cyril: SA gaan ‘n moeilike winter trotseer - May 31, 2023
President Cyril Ramaphosa het weer gewaarsku Suid-Afrika gaan ‘n moeilike winter moet trotseer as gevolg van verhoogde elektrisiteits-aanvraag. Hy het burgers aangeraai om kragbesparings-maatreëls te ondersoek om Eskom te help om die krisis te bestuur. Ramaphosa het die Presidensie se begrotingsrede in die parlement gelewer.
SA ouditeur-generaal: Munisipaliteite mors geld - May 31, 2023
Suid-Afrikaanse ouditeur-generaal Tsakani Maluleke waarsku die toestand van plaaslike regering is besig om te versleg en verg dringende aandag. Munisipaliteite het ‘n verstommende 4,4 miljard Suid-Afrikaanse rand in verkwistende uitgawes aangegaan gedurende die 2021/22-boekjaar. Maluleke sê dit beklemtoon die voortdurende finansiële wanbestuur en gebrek aan aanspreeklikheid binne plaaslike regering. Sy het aan die parlement se […]
Dodetal van voedselfvergiftiging styg tot 15 - May 31, 2023
Die aantal mense wat in die Kavango-Oos-streek aan voedselvergiftiging beswyk het, het tot 15 gestyg. Dit is deur Walters Kamaya, die woordvoerder van die gesondheidsministerie bevestig. Altesaam 22 lede van ‘n huishouding in die Kayova-nedersetting in die Kavango-Oos-streek is vergiftig en in die Rundu-staatshospitaal opgeneem. Die groep het almal mahangu gemeng met ‘n sediment van […]
Konstruksiebedryf moet groener gaan - May 31, 2023
Die Konstruksiebedryf-federasie het in samewerking met Africa Rise opleiding aan sy lede oor meer volhoubare ekonomiese praktyke aangebied. Altesaam 43 besighede het die werkswinkel bygewoon wat meer volhoubare en groener konstruksiepraktyke ten doel het. Die inisiatief word deur die Europese Unie befonds. Die uitvoerende hoof van die federasie, Bärbel Kirchner verduidelik…
SA sal nie wette omseil met Putin se besoek - May 31, 2023
Suid-Afrika sal nie die wet omseil om President Vladimir Putin na die land te laat kom vir die Brics-beraad in Augustus nie. Dit is die reaksie van die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, op die DA se aansoek om die Russiese President in hegtenis te laat neem indien hy na die land kom. Mbalula het […]