Mwiya ontsteld oor karate-toer na Zimbabwe - June 16, 2023

Die Namibiese Karate-federasie het byna 50 karatekas se hoop verpletter om aan die onlangse 2023 Streek 5-kampioenskap in Zimbabwe deel te neem. Die atlete, sommige wat die beste in die land in hul kategorieë is, kon nie die ‘luukse’ private vervoer na Harare bekostig wat deur die federasie gereël is nie. Elke atleet moes glo […]

Read More

Mej. Tiener wapper Namibiese vlag hoog in Kambodja - June 16, 2023

Mej. Namibië Tiener Zoë Karsten is tans in Kambodja waar sy aan die Mej. Tiener Internasionaal-kompetisie deelneem. Namibiërs kan haar tydens die kompetisie op sosiale media-kanale volg. Die beeldskone Zoë laat Namibië se vlag hoog wapper en het uit Kambodja met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Read More

Eiendomslenings van N$46,74 miljoen in mosiehof - June 16, 2023

Kommersiële banke het 63 aansoeke om verstekvonnisse vanoggend in die mosiehof gebring. Regters Nate Ndauendapo en Orben Sibeya het altesaam 94 aansoeke hanteer. Daar was 14 reël 108-aansoeke op die rol. Daar is 34 eiendomslenings ter waarde van 46,74 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is, met 29 lenings waarop 9,7 miljoen dollar geskuld word. Twee […]

Read More

Geen renosterstropers nog vasgetrek - June 16, 2023

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die renosterstropery wat op ‘n privaat lodge naby die Etosha Nasionale Park plaasgevind het nie. Die karkas van ‘n witrenosterkoei is Donderdag by die lodge ontdek en haar horings is verwyder. Die koei se kalfie is ook dood langs haar gevind, maar het vermoedelik weens honger […]

Read More

Brandbestryders keer veldbrand naby Daan Viljoen - June 16, 2023

Veldbrand het aan die westekant van die hoofstad naby die Daan Viljoen-pad in die omgewing van die padblokkade gewoed. Volgens Stad Windhoek se hoof van die brandweerstasie, Fillipus Sikongo, is sowat 20 brandbestryders op die toneel en probeer keer dat die veldbrand nie na die Daan Viljoen-natuurreservaat versprei nie. Sikongo het met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Nog onduidelikheid oor SA huurvlug in Warskou - June 16, 2023

Daar was drama voor President Cyril Ramaphosa uit Pole vir sy vredesending na Oekraïne vertrek het. Sy veiligheidspan en ‘n groep Suid-Afrikaanse joernaliste het op die Chopin-lughawe in Warskou vasgeval. Die Presidensie het intussen die versekering gegee dat Ramaphosa veilig is, ondanks die feit dat meer as 100 veiligheidsbeamptes wat Ramaphosa moes vergesel, steeds nie […]

Read More

Windhoek is gasheer van Afrika-lugvaartkonferensie in 2024 - June 16, 2023

Die Namibiese Lughawens-maatskappy bied in Junie volgende jaar in Windhoek die AviaDev Afrika-konferensie aan. Hierdie jaarlikse forum is ‘n toonaangewende platform wat toegewy is aan die verbetering van lugverbindings na, van en binne die Afrika-vasteland. Die forum sal invloedryke belanghebbendes, insluitend lugrederye, lughawens, toerismerade, regeringsamptenare en kundiges in die bedryf bymekaarbring om samewerking te bevorder, […]

Read More

Namibië, SA beveg beide koperkabel-diefstal - June 16, 2023

Namibië en sy buurland het groot uitdagings met koperkabel-diefstal. Die Suid-Afrikaanse polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê plaaslike owerhede moet met nuwe idees na vore kom om kabeldiefstal te beveg. Dis veral elektrisiteit en spoorlyne wat deur kabeldiefstal geraak word. Masemola sê ‘n streng beleid rondom die uitvoer van koper behoort ingestel te word. Op plaaslike front […]

Read More

Nege gearresteer oor bootramp langs Griekse kus - June 16, 2023

Nege mense is in hegtenis geneem nadat ‘n boot aan die Griekse kus omgeslaan en minstens 78 mense dood is. Die volgepakte vissersboot, wat uit Libië vertrek het, het in die diepsee omgeslaan. Volgens berigte was daar tussen 400 en 750 mense aan boord. Die Griekse owerhede sê 104 mense is uit die see gered. […]

Read More

Steenkamp: Beskerm Namibiese kind teen internet-gevare - June 16, 2023

Die ministerie van onderwys sê die regte van die kind moet in die digitale era beskerm word. Namibië vier vandag die Dag van die Afrika-kind op Rosh Pinah in die Karas-streek. Vanjaar se tema is die regte van die kind in die digitale omgewing. Vir kinders hou die internet ook baie voordele in, veral in […]

Read More