
IS-groep val skool in Uganda aan - June 17, 2023
Vyf-en-twintig mense, insluitend kinders, is dood in ‘n terreuraanval op ‘n skool in die weste van Uganda deur die Islamitiese Staat-gebonde Geallieerde Demokratiese Magte. Die land se nasionale polisiewoordvoerder Fred Enanga sê die groep, wat in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo gesetel is, het ‘n sekondêre skool in Mpondwe aangeval waar […]
Geen aanduiding dat Putin kernwapens sal, of wil, gebruik nie - June 17, 2023
Die VSA sê hy het geen aanpassings aan sy kernwapen-posisie gemaak ná Rusland se ontplooiing van kernwapens in die naburige Belarus nie. Maar, die land het Russiese President Vladimir Putin veroordeel vir sy aanmerking dat hy teoreties kernwapens kan gebruik as daar ‘n bedreiging vir sy territoriale integriteit is. Amerikaanse minister van buitelandse sake Antony […]
Curriebeker: Halfeindstryde vanmiddag in Bloem, Durban - June 17, 2023
Twee spannende Curriebeker-halfeindstryde word vanmiddag in Bloemfontein en Durban verwag. Die Cheetahs het die ligafase bo-aan die punteleer afgesluit en sal om drie-uur gasheer wees vir die Bulle. Hulle het die span van Pretoria twee keer gedurende die seisoen geklop, maar kenners sê die Bulle kan dalk ‘n opskudding in Bloemfontein veroorsaak. Later pak die […]
Sensus: Uniforms kos tussen N$3m en N$18m - June 17, 2023
Die Namibiese Statistieke-agentskap se tender vir uniforms vir data-insamelaars is in die nuus. Die agentskap het die verkrygingsregulasies oortree deur minder as 30 dae te gee aan voornemende bieërs. Die tender is op 2 Mei aanlyn geadverteer en op 8 Mei in plaaslike koerante. Dit het op 30 Mei gesluit. Daar was 32 bieërs waaronder […]
Een uit 5 Afrika-kinders het basiese vaardighede na graad 7 - June 17, 2023
Die Global Education Monitoring Report moedig beleidmakers aan om onderwys op die vasteland voorrang te gee. Luidens die verslag het slegs een uit elke vyf kinders in Afrika basiese opvoedkundige vaardighede verwerf teen die tyd dat hulle laerskool voltooi. Die opvoedingsaktivis en stigter van Malaika, Noella Coursaris Musunka, sê kinders in Afrika is vyf keer […]
Navo ondersteun Afrika-vredesending na Oekraïne - June 17, 2023
Navo het sy steun uitgespreek vir ‘n Afrika-vredesending wat daarop gemik is om die voortslepende konflik tussen Oekraïne en Rusland op te los. President Cyril Ramaphosa en leiers van Senegal, Egipte, Zambië en die Comore deel hul perspektiewe oor die strewe na vrede. Die afvaardiging het gister tydens ‘n besoek aan Kiëf Oekraïne se President […]
Bibberweer, sneeu vir Oos-Kaap - June 17, 2023
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n geel vlak-een waarskuwing van ontwrigtende sneeuval vir dele van die Oos-Kaap uitgereik. Die weerpatroon kan moontlike gevare en ontwrigtings meebring. Die weerdiens waarsku inwoners oor die potensiële impak, wat skade aan eiendom insluit weens moontlike haelstorms, swaar reën en sterk wind. Inwoners word aangeraai om waaksaam te wees.
ECB veroordeel ook NamPower-beurtkrag, maar sê verbruikers moet betaal - June 17, 2023
Die Elektrisiteitsbeheerraad het in ‘n verklaring sy misnoeë uitgespreek oor NamPower se toepassing van beurtkrag by plaaslike owerhede en streekskragvoorsieners met uitstaande skuld. Die maatskappy het op 5 Junie beurtkrag begin toepas om skuld van rondom 1 miljard Namibiese dollar in te vorder. Dit is uiteindelik opgehef tot einde Augustus vanjaar na die regering ingegryp […]
Jan Alleman sal betaal vir Eskom-salarisverhogings - June 17, 2023
Suid-Afrikaanse ekonome het te midde van die voortslepende beurtkrag en kragonderbrekings, finansiële reddingspakette en gebrekkige infrastruktuur, hulle skok en kritiek uitgespreek teenoor Eskom se loonooreenkoms met vakbonde. Die Efficient Group-ekonoom, Dawie Roodt, sê die jaarlikse loonooreenkoms is ‘n klap in die gesig van belastingbetalers. Hy verwys ook na die hoë werkloosheidsyfer. Gerald Mwandiambira van die […]
Trump-prokureur bedank in twee van sy sake - June 17, 2023
’n Prokureur wat reeds verlede week bedank het in die verdediging van Donald Trump in die kriminele saak oor sy hantering van geklassifiseerde dokumente, het ook bedank in ‘n ander saak wat Trump het. Jim Trusty het onversoenbare verskille as die rede vir sy jongste bedanking aangedui. Hy het stukke by die hof in die […]