
Maandag was wêreld se warmste dag ooit - July 6, 2023
Maandag, 3 Julie, was die warmste dag op aarde ooit. Die gemiddelde temperatuur is op 17,01 grade Celsius, hoër as die Augustus 2016-rekord van 16,92. Die Britse klimaatwetenskaplike, professor Kevin Anderson sê die wêreld weet reeds meer as 30 jaar oor klimaatsverandering en tog, op die huidige trajek, sal die planeet tussen 3 en 4 grade Celsius warmer word […]
Telecom sukkel steeds met wanbetaling, sperdatum is Sondag - July 6, 2023
Telecom Namibia stel sy kliënte in kennis dat alle onbetaalde rekeninge op Sondag 9 Julie opgeskort sal word. Betalings moet teen môre ontvang word om opskorting te voorkom. Kliënte moet verseker dat hul elektroniese betalings korrek voltooi word. Die waarnemende hoof van korporatiewe kommunikasie van Telecom Ndapewa Neshila het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en ‘n beroep op kliënte gedoen om […]
Druk op huishoudings krimp Namibië se BBP - July 6, 2023
Namibië is nie gespaar van die vinnig stygende inflasie en rentekoerse wat die afgelope jaar en ‘n half oor die hele wêreld ervaar is nie. Dit het kommer oor huishoudelike verbruikers-dinamika laat ontstaan, gegewe die druk op besteebare inkomste. Alhoewel daar ‘n toename in salarisse was, het die verswakking van huishoudelike verbruiksbesteding ‘n impak op […]
Motinga blykbaar sat vir politieke inmenging by NamPower - July 6, 2023
Plaaslike berigte lui dat die bekende ekonoom, Daniel Motinga, dreig om as voorsitter van NamPower se raad te bedank indien politieke inmenging in die bestuur van die maatskappy nie end kry nie. Die Engelse dagblad The Namibian berig dat die kwessie handel oor die beurtkrag wat die maatskappy toegepas het op munisipaliteite. Die kabinet het […]
‘Profeet’ Babi wil appelleer teen stroperyvonnis - July 6, 2023
Die selfverklaarde profeet Jackson Babi, beplan om te appelleer teen sy vonnis van 27 jaar vir renosterstropery. Hy is in September verlede jaar op Gobabis op 11 klagte skuldig bevind. Hy is in Mei 2020 in Kleine Kuppe in hegtenis geneem na ‘n klopjag op sy huis en renosterhorings wat daar gevind is het hom […]
Uranium One open kantore op Leonard, stuur skoolkombuis konstruksie van stapel - July 6, 2023
Die Russiese uraan-reus Uranium One wat boere in die Leonardville-omgewing in die Omaheke-streek omgekrap het omdat hulle boorwerk in die Stampriet-akwifer wou doen, open vandag hul kantore op Leonardville. Die geleentheid sal bygewoon word deur Uranium One se verteenwoordiger, Kirill Egorov-Kirillov, die streeksgoewerneur Pijoo Nganate en die raadsvoorsitter van die Leonardville-nedersetting, Petra Witbooi. Hulle sal […]
Menzies kry verlof tot appèl teen weiering van interdik - July 6, 2023
Dit wil voorkom asof Menzies Aviation gaan aanhou vrag hanteer op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe. Regter Eileen Rakow in die Windhoekse hoërhof het die maatskappy verlof tot appèl tot die weiering van die pendente lite-interdik toegestaan. Die aansoek is apart van die dringende aansoek voor regter Shafimana Ueitele wat op 4 Augustus sal uitspraak […]
Gaslekkasie dood 16 op Boksburg - July 6, 2023
‘n Gaslekkasie het die lewens van minstens 16 mense, insluitend vroue en kinders, in die Angelo-plakkerskamp in Boksburg aan die Oos-Rand geëis. Die voorval volg ses maande nadat ‘n gastenkwa op Oukersaand in Boksburg ontplof het. In hierdie voorval is 41 mense dood en tientalle ander beseer. ‘n Woordvoerder van Ekurhuleni se nooddienste, William Ntladi, […]
Seksuele geweld in Sudan wek kommer - July 6, 2023
Die Verenigde Nasies het wat hy toenemende seksuele geweld teen vroue en meisies noem, in Sudan veroordeel. Die land is reeds meer as twee maande in ‘n burgerlike oorlog gewikkel. Sedert die konflik middel April uitgebreek het, het die VN se menseregtekantoor in Sudan geloofwaardige verslae ontvang van 21 voorvalle van konflikverwante seksuele geweld teen […]
Geen bomme, plofstof tot dusver by Zaporizhzhia gevind nie - July 6, 2023
Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê daar is geen sigbare aanduidings van landmyne of plofstof by die Zaporizhzhia-kernkragsentrale in Oekraïne nie. Dit volg nadat Kiëf en Rusland mekaar beskuldig het van planne om Europa se grootste kernkragsentrale aan te val. Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, het Russiese troepe daarvan beskuldig dat hulle plofstof op die dak […]