Kevin Spacey as predator uitgemaak in die hof - July 5, 2023

‘n Man wat beweer dat Kevin Spacey hom seksueel aangerand het, sê die Hollywood-akteur is ‘n aggressiewe predator wat ongemaklik is met sy seksualiteit. Die vermeende slagoffer getuig in ‘n Londense hof en beweer Spacey het hom meer as twee dekades gelede seksueel begin aanrand. Hy sê ten spyte van die feit dat hy dit duidelik […]

Read More

Invoer-rekening sal styg en hier is hoekom… - July 5, 2023

Daar is twee kwessies wat Namibië se invoer-rekening bedreig. Simonis Storm se ontleding van die handelsyfers wat Dinsdag bekend gemaak is toon dat tot dusver vanjaar, 38 persent van ons invoere vanuit Suid-Afrika kom teenoor 35 persent in dieselfde tydperk verlede jaar. Verder, plaaslike handel met die res van Afrika het vanaf 22 persent se […]

Read More

DA vat krediet vir arrestasie in diefstalsaak van 51 renosterhorings - July 5, 2023

Die DA in Noordwes het die Valke se inhegtenisneming verwelkom, van ‘n verdagte wat betrek word by die diefstal van 51 renosterhorings. Hy is in Rustenburg vasgetrek nadat die horings by sy huis in Boitekong gevind is. Volgens berigte het die Noordwes se Parkeraad verlede week ‘n inbraak by sy perseel aangemeld toe die horings […]

Read More

Rusland en VSA gesels blykbaar oor WSJ-joernalis - July 5, 2023

Rusland en Amerika het die moontlike uitruiling van gevangenes bespreek wat moontlik die Wall Street Journal-verslaggewer, Evan Gershkovich wat in ‘n Russiese tronk is, insluit. Die 31-jarige Gershkovich is in die stad Yekaterinburg gearresteer terwyl hy in Maart op ‘n reis na Moskou was om verslag te doen. Hy staar aanklagte van spioenasie in die […]

Read More

Eagles pak die Cranes in opwindende reeks in die hoofstad - July 5, 2023

Die opwindende reeks tussen die Richelieu Eagles en die Cranes van Uganda skop vanmiddag net na twee op die United-sportgronde in die hoofstad afs. Die reeks van vier T20- en twee eendag-wedstryde vorm deel van die Castle Lite T20-reeks en het ‘n jaarlikse instelling geword. Die hoof uitvoerende beampte van Krieket Namibië, Johan Muller deel […]

Read More

Duisende gesteelde watermeters kos Kaapstad miljoene - July 5, 2023

Die Stad Kaapstad het sy kommer uitgespreek oor die diefstal van watermeters wat nou wyd voorkom. Sowat 2 255 is sedert Julie verlede jaar tot Mei vanjaar deur die hele stad gesteel. Dit kos die stad se Direktoraat van Water en Sanitasie sowat 3,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, […]

Read More

Nooddienste het Elisenheim-brand onder beheer - July 5, 2023

Die veldbrand wat Maandagnag by Elisenheim begin het, is onder bedwang gebring deur noodspanne wat voorbrande gemaak het. ‘n Span is vanoggend ontplooi om ondersoek in te stel en moontlike nasorg, indien nodig toe te pas. Kosmos 94.1 Nuus het met die Windhoek-brandweer se senior statsiebeampte, Fillipus Shilongo, gesels.

Read More

Mashatile se manne sal ligte straf kry, meen kenner - July 5, 2023

Dit is ondoeltreffend om op tug- en strafregtelike prosesse staat te maak in sake van mishandeling teen individuele polisiebeamptes. Dis die mening van die Suid-Afrikaanse onafhanklike navorser van polisiëring, David Bruce, wat gereageer het op die voorval waar adjunkpresident Paul Mashatile se lyfwagte motoriste op ‘n Johannesburgse hoofweg aangerand het. Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat ondersoek die […]

Read More

Rusland is meer verenig as ooit – Putin - July 5, 2023

Die Russiese President Vladimir Putin sê sy land is meer verenig as ooit tevore. Hy het leiers toegespreek tydens die Sjanghai-samewerkingsorganisasie wat deur die Indiese premier Narendra Modi aangebied is. Dit volg dae nadat Putin die rebellie deur die Wagner-huursoldaatgroep ontlont het. Met verwysing na die uitwerking van die oorlog op Oekraïne, het hy gesê […]

Read More

F1 waarsku oor Britse olie-betogers - July 5, 2023

Formule Een se hoof, Stefano Domenicali, waarsku omgewingsaktiviste om nie hulle lewens op die spel te plaas met betogings tydens die naweek se Britse Grand Prix nie. Ses Just Stop Oil -aktiviste het tydens verlede jaar se wedren op die baan gehardloop ná ‘n botsing in die eerste ronde. Dieselfde groep het die afgelope maande […]

Read More