
Money Stress Tracker: Driekwart mense ervaar finansiële angs - July 25, 2023
DebtBusters se tweede jaarlikse Money Stress Tracker toon drie uit vier mense ervaar finansiële angs weens die uitdagings met lewenskoste. Die verslag onderstreep ‘n kommerwekkende neiging, met baie deelnemers se grootste vrees dat hulle geld voor die einde van die maand sal opraak. Die stygende lewenskoste beïnvloed bestedingsgewoontes aangesien een uit elke twee verbruikers op […]
Israelse dokters staak uit protes - July 25, 2023
Dokters in Israel gaan vandag vir 24 uur lank staak as deel van die afgelope maande se protesoptrede oor die omstrede hervormings aan die regstelsel. Die polisie het met protesgangers slaags geraak in Jerusalem en Tel Aviv nadat die Parlement vroeër die dag die eerste van ‘n reeks wette goedgekeur het. Die Knesset het ‘n […]
AfriForum vra ondersoek na wanbestuur in sport - July 25, 2023
AfriForum vra die minister van sport Zizi Kodwa om dringend in te gryp in die bestuur van die Suid-Afrikaanse Sport-konfederasie en Olimpiese Komitee. Hulle versoek ook ingryping in sportfederasies soos Netbal Suid-Afrika, Skaak Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Rugby-unie. Ronald Peters van AfriForum het kommer uitgespreek oor dié federasies se swak stand van sake en beweer […]
ActionSA gaan optog lei na polisieminister - July 25, 2023
Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, die party se voorsitter, Michael Beaumont, en nege provinsiale voorsitters sal volgende Woensdag ‘n optog lei na die kantore van die minister van polisie, Bheki Cele, in Pretoria. Die party gaan eis dat Cele Suid-Afrika se polisiekantore verbeter. ‘n Lid van ActionSA, Lerato Ngobeni, sê die misdaadstatistiek wat aanhoudend […]
Namibiese mediese kongres ‘n sukses - July 25, 2023
Die jaarlikse Namibiese mediese kongres het ‘n oorsig gegee oor hul rol in die toekoms van Namibië se gesondheidsorg-sektor. Die tweedaagse kongres het meer as 250 gesondheidswerkers, top-spesialiste en noemenswaardige navorsers van Namibië en elders byeen gebring. Die kongres, onder die tema, ‘Medicine today into tomorrow’, word as ‘n sukses beskou, volgens Armid Azadeh, uitvoerende […]
ActionSA gaan optog lei na polisieminister - July 25, 2023
Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, die party se voorsitter, Michael Beaumont, en nege provinsiale voorsitters sal volgende Woensdag ‘n optog lei na die kantore van die minister van polisie, Bheki Cele, in Pretoria. Die party gaan eis dat Cele Suid-Afrika se polisiekantore verbeter. ‘n Lid van ActionSA, Lerato Ngobeni, sê die misdaadstatistiek wat aanhoudend […]
Aardbewing van 5,5 in suidelike Turkye - July 25, 2023
Die Kandilli-sentrum vir aardbewing-monitering in Istanbul, Turkye, het bevestig ‘n aardbewing van 5,5 het die suidelike Turkse provinsie Adana vanoggend getref. Die seismiese voorval kom net ses maande nadat ‘n verwoestende aardbewing van 7,8 Turkye en Sirië getref en tot die verlies van meer as 50 000 lewens gelei het. Volgens die Europese Middellandse See […]
Frankryk is in sig vir Namibiese swemmers oor Engelse Kanaal - July 25, 2023
Die drie Namibiese swemmers het vanoggend bitter vroeg vanaf Dover in Engeland weggespring om oor die Engelse Kanaal na Calais in Frankryk te swem. Hulle swem in ‘n aflos-formaat in die yskoue water sonder duikpakke. Die swemmers is Christopher du Plessis, Roual Spangenberg en John Valentin. Hierdie uitdaging is ten bate van die Ladybug-trust. Spangenberg […]
Reëlings vir die Ongwediva-handelskou op dreef - July 25, 2023
Die Ongwediva-handelskou word vanjaar vanaf 25 Augustus tot 2 September gehou. Die skou word as uiters belangrik vir die Noorde se ekonomie geag en lok ook talle buitelandse uitstallers wat nuwe beleggings- en besigheidsgeleenthede bied. Kosmos 94.1 Nuus het met Jackson Muma, woordvoerder by die Ongwediva-dorpsraad gesels oor die vordering met die jongste reëlings…
Mpho sê dis moontlik om toekoms sonder beurtkrag te sien - July 25, 2023
Eskom se raadsvoorsitter, Mpho Makwana, sê Suid-Afrika is besig om uit die energiekrisis te beweeg en dis nou moontlik om ‘n toekoms sonder beurtkrag te sien. Eskom se energiebeskikbaarheidsfaktor het verlede maand tot 60 persent gestyg waar dit laas in September verlede jaar was. Makwana sê beurtkragvlakke sal afneem soos die beskikbaarheid van energie toeneem. Hy […]