
Rundu-abattoir vandag oorhandig aan Meatco - August 31, 2023
Die pas-voltooide Rundu-abattoir word tans amptelik deur die landbouministerie aan Meatco oorhandig. Meatco sal die abattoir, wat reeds teen 2017 operasioneel moes wees, bedryf om die waardeketting in die noordelike kommunale gebied te versterk. Die abattoir, wat 110 miljoen Namibiese dollar gekos het, is ook ‘n uitvoer-abattoir en sal die markte in Angola, Ghana en […]
Werkeprogram in Kaap werp vrugte af - August 31, 2023
Die Stad Kaapstad sê die geleenthede vir inwoners wat na werk soek, het met die hulp van die Uitgebreide Openbare Werkeprogram in die 2022/2023 boekjaar met 6 persent toegeneem. Die program is een van die regering se sleutelprogramme wat tydelike werk verskaf om armoede te verlig en aan werkloses ‘n inkomste bied. Die burgemeesterskomiteelid vir […]
McConnell vries vir tweede keer voor joernaliste - August 31, 2023
Amerikaanse Senaat Republikein Mitch McConnell het Woensdag vir meer as 30 sekondes gevries tydens ‘n openbare verskyning voordat hy wegbegelei is. Dit is die tweede keer wat hy in die openbaar vries, met die eerste voorval op 26 Julie vanjaar. Die 81-jarige het voor verslaggewers gestaan en staar, en nie op enige vrae of hulp […]
Proteas verbrou eerste wedstryd in Durban - August 31, 2023
Die Proteas het hul seisoen op ‘n teleurstellende noot begin, toe hulle in die eerste T20-kragmeting op Kingsmead in Durban deur Australië vermorsel is. Kaptein Mitchell Marsh met ‘n onoorwonne 92 en Tim David met 64 lopies, het bygedra tot die besoekers se 226, voordat die gashere vir net 115 uitgehaal is. Dit is ‘n […]
Dodetal in Johannesburg-brand sal styg - August 31, 2023
Johannesburg se nooddienste sê die dodetal na vanoggend se brand in ‘n vyf-verdieping-gebou in Marshalltown in die middestad sal na verwagting styg nadat begin is om in die puin na slagoffers te soek. Minstens 56 mense, wat ‘n kleuter insluit, se dood is bevestig en meer as 40 is vir rookinaseming en verskeie beserings behandel. […]
Gastehusie moet toeriste waarsku om waaksaam te wees - August 31, 2023
Aanvalle op toeriste wek groot kommer. Woensdag is drie Franse toeriste voor hulle akkommodasie in Windhoek deur drie mans met messe aangeval en beroof. Hulle was ten tyde van die voorval slegs vier ure in die land. Al hul besittings soos paspoorte, kontant, kaarte en selfone is gesteel. Die Windhoek Stadspolisie het ‘n streng waarskuwing […]
SARB het kommer oor stygende brandstofpryse - August 31, 2023
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank maan die regering om aandag te gee aan die stygende brandstofpryse, en stel voor dat kleinhandelmarges, vervoerkoste, basiese brandstof en die Padongelukkefondsheffing hersien word. Die bank stel ook meer gereelde brandstofprys-aanpassings voor wat beter met markskommelings tredhou. Dié waarskuwing kom te midde van verwagtings van ‘n aansienlike petrolprysverhoging van tussen 1 Suid-Afrikaanse […]
AU veroordeel Gaboen-staatsgreep - August 31, 2023
Die voorsitter van die Kommissie van die Afrika-unie, Moussa Faki Mahamat, het die poging tot ‘n staatsgreep in Gaboen ten sterkste veroordeel. Weemagoffisiere in die land het beheer oorgeneem en die president, Ali Bongo Ondimba, onder huisarres geplaas. Die weermag wil hê dat die uitslag van die presidensiële verkiesing omgekeer word. Hulle probeer om Ondimba […]
Djokovic is deur na derde ronde by Flushing Meadows - August 31, 2023
Die 23-malige Grand Slam-kampioen Novak Djokovic is deur na die derde ronde van die Amerikaanse Ope in New York. Die 36-jarige Serwiër het die Spanjaard, Bernabe Zapata Miralles, met 6-4, 6-1 en 6-1 verpletter in sy poging om ‘n 24ste major-titel te wen. Dominic Stricker van Switserland het die wêreld se nommer sewe, Stefanos Tsitsipas […]
Kenner sê Ace sal nie beter as ANC vaar nie - August 31, 2023
Die politieke ontleder in Suid-Afrika, Omry Makgoale, sê dis te betwyfel of Ace Magashule se nuutgestigte politieke party, African Congress for Transformation, beter sal vaar as die ANC. Magashule het die stigting van ACT aangekondig. Hy sê dit is ‘n politieke beweging sowel as ‘n volksparty, wat fokus op grondvlak-betrokkenheid en insluiting. Hy sê ACT handhaaf Afrika-nasionalisme as grondslag, terwyl Pan-Afrikanisme as bevrydende oortuiging bevorder […]