
Gratis vervoer vir Heldedag-vieringe verskaf - August 24, 2023
Die inligtingsministerie het aangekondig gratis openbare vervoer word na en van die Onafhanklikheidstadion in Windhoek aangebied vir die Heldedag-herdenking wat Saterdag sal plaasvind. Die hekke open om halftien die oggend en busse sal vanaf agt-uur lede van die publiek by die geïdentifiseerde punte optel. Lede van die publiek word aangeraai om betyds by optelpunte te […]
EFF maak amok by Kaapstad-raadsitting - August 24, 2023
Spanning het vandag hoog geloop op ‘n raadsitting van die Stad Kaapstad toe lede van die EFF die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, se openingstoespraak onderbreek het. Die EFF-lede het baniere met sterk-bewoorde boodskappe omhoog gehou en geëis dat die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, verwyder word. Lede van verskeie politieke partye het hulle by […]
Zelensky wys vingers ná Wagner-vliegtuig neerstort - August 24, 2023
Die President van Oekraïne, Volodimir Zelensky, sê sy land was nie betrokke by neerstorting van ‘n vliegtuig Woensdagaand naby Moskou nie. Die leier van die Wagner-roep, Yevgeny Prigozhin, en nog ‘n senior leier van die groep, Dmitri Utkin, is vermoedelik tydens die voorval dood. Zelensky het aan joernaliste in Kiëf gesê hy dink almal is […]
Ongwediva-handelskou gereed vir besoekers en uitstallers - August 24, 2023
Die Noorde is in rep en roer oor die Ongwediva-handelskou wat môre afskop en tot 2 September duur. Die Ongwediva-dorpsraad sê hy is gereed om besoekers en uitstallers van heinde en verre te ontvang. Die meerderheid van die gasvryheidsinstansies is vol bespreek, maar daar is ‘n paar gastehuise wat nog plek beskikbaar het. Die woordvoerder […]
Landwye massa-optog môre teen banke - August 24, 2023
Die National Ownership Association gaan môre ‘n landwye massa-protesoptog hou teen kommersiële banke en die Bank van Namibië. Die groep sê hy beoog om te betoog teen die beslaglegging van eiendom deur kommersiële banke in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met August Maletzky, die voorsitter van die vereniging gepraat, wat die doelwitte en belangrikheid van […]
NAC: Paragon wag op akkreditasie vir direkte vraguitvoere na EU - August 24, 2023
Die Namibiese Lughawensmaatskappy het vandag aankondig dat terwyl die nuwe gronddiensverskaffer Paragon op hul akkreditasie vir direkte vraguitvoere na die Europese Unie wag, lugrederye vragvervoer op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe hervat het. In- en uitvoere deur die lughawe is aktief en direkte uitvoere na die Europese Unie kan plaasvind sodra die sertifisering bereik is. […]
Bosa versigtig optimisties oor China wat beurtkrag wil takel - August 24, 2023
Build One South Africa verwelkom die regering se gesamentlike ooreenkoms van verstandhouding met Chinese instellings om beurtkrag aan te pak. Die korttermyn ooreenkoms, gerugsteun deur China se bydrae van byna 700 miljoen Suid-Afrikaanse rand, het ten doel om elektrisiteitstoevoer na skole, hospitale, klinieke en polisiestasies te herstel. Bosa toon versigtige waardering vir die stap, maar […]
Bespiegelinge van bom in wynkrat op Wagner-vliegtuig - August 24, 2023
’n Voormalige Britse intelligensie-amptenaar meen die Russiese vliegtuig met die Wagner-goepleier Yevgeny Prigozhin aan boord, het waarskynlik weens ’n bom in ’n wynkrat neergestort. Christopher Steele het aan Sky News gesê die dood van die oligarg is eintlik ‘n ironiese einde vir President Vladimir Putin se voormalige spysenier. Prigozhin, wat die leier was van die […]
Creecy woon omgewingsfasiliteit-beraad in Kanada by - August 24, 2023
Die Suid-Afrikaanse minister van bosbou, visserye en die omgewing, Barbara Creecy, neem vandag en môre deel aan die sewende byeenkoms van die Wêreldwye- omgewingsfasiliteit in Vancouver, Kanada. Suid-Afrika neem ‘n dubbele rol aan, as ontvanger en bydraer. Die Wêreldwye-bioverskeidenheids-raamwerkfonds sal tydens die vergadering van stapel gestuur word. Die departement se waarnemende woordvoerder, Peter Mbelengwa, sê […]
Syfers van Kaza-olifantsensus binnekort bekend - August 24, 2023
Die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied se belangrike olifant-sensusopname wat verlede jaar deur die Kaza-lande gedoen is, sal op 31 Augustus in Livingstone in Zambië bekendgestel word. Namibië, Angola, Botswana, Zambië en Zimbabwe is lidlande van Kaza. Die Namibiese omgewingsministerie ag die olifant-sensus word as baie belangrik. Kaza se olifant-sensusspan het tot einde Oktober verlede jaar olifante in die […]