Hoekom moet gay mense trou, vra Henk Mudge - August 11, 2023

Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy aanmerkings oor homoseksualiteit en die wettiging van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek. Hy sê sonder oordeel of veroordeling is die Bybel duidelik wanneer dit kom by onder meer homoseksualiteit. Dit stel dit duidelik dat dit nie net as ‘n sonde […]

Read More

Banke word die week N$50m in mosiehof geskuld - August 11, 2023

Daar was 104 aansoeke om verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend. Kommersiële banke het 47 van die aansoeke gebring met ‘n totaal van amper 50 miljoen Namibiese dollar wat betaalbaar is. Die banke soek 22 eiendomme ter waarde van 43,9 miljoen dollar in skuld terug en eis ook 5,947 miljoen dollar in onbetaalde lenings terug. Twee […]

Read More

Qatar se opskorting handel oor toerisme-syfers nie vrag nie - August 11, 2023

Daar blyk om niks vreemds te wees met die opskorting van vlugte na Namibië deur Qatar Airways vanaf 23 November nie. Die redery het vragvervoer opgeskort met die regsgeding tussen Menzies Aviation en Paragon maar dit speel volgens kenners nie ‘n rol nie. Volgens Nathaly Ahrens van die toer- en safarivereniging van Namibië, is dit […]

Read More

Orano kry sonkrag-aanleg - August 11, 2023

InnoSun Energy Holdings, ‘n filiaal van die Franse maatskappy InnoVent, het bouwerk aan ‘n 9,8 megawatt sonkragplaas by Trekkopje in Namibië begin. Die fasiliteit sal die Franse groep Orano se ontsoutingsaanleg in die Erongo-streek met krag voorsien. InnoSun wil sy geïnstalleerde kapasiteit in Namibië vergroot en het ‘n jaar gelede ‘n tien-jaar kragkoopooreenkoms met Orano […]

Read More

AR se aansoek is nie teruggestuur nie - August 11, 2023

Die Namibiese Verkiesingskommissie het homself van plaaslike berigte gedistansieer dat die aansoek deur die Affirmative Repositioning-beweging, om as politieke party te registreer, teruggestuur is vir aanpassings. Volgens ‘n verklaring, word die aansoek op die oomblik hersien. Die woordvoerder, De Wet Siluka verduidelik.

Read More

Desentralisasie bly belangrik vir GRN - August 11, 2023

Die Namibiese minister van stedelike en landelike ontwikkeling Erastus Uutoni het die regering se verbintenis tot die ondersteuning van ontwikkelingsinisiatiewe deur streeks- en plaaslike-owerheidsrade herbevestig. Hy sê desentralisasie bly ‘n kern-doelwit. Volgens die minister is een van die instrumente wat hulle gebruik om die ekonomiese potensiaal van streke en plaaslike owerhede te benut ‘n 2011-witskrif […]

Read More

Onderwysers in Mpumalanga word nie betaal nie - August 11, 2023

Die DA in Mpumalanga sê hy is bekommerd omdat die Openbare Beskermer moes ingryp om tydelike onderwysers te betaal. Die departement sê tydens ‘n onlangse oorsigbesoek aan die Lamulelani High School is bevind ses tydelike onderwysers is meer as ‘n jaar lank nie betaal nie. ‘n DA-lid, Jane Sithole, sê die departement het net vier […]

Read More

Mackenzie bly in aanhouding, ondersoek nog nie voltooi nie - August 11, 2023

’n Keniaanse hof het die aanhouding van die kultusleier Paul Mackenzie verleng. Hy word daarvan beskuldig dat hy meer as 400 van sy volgelinge aangehits en moontlik gedwing het om hulself uit te honger. Mackenzie is sedert middel April in polisie-aanhouding terwyl ondersoekers na nog lyke in ‘n woud naby die kus van die Indiese […]

Read More

Gazza weer in die hof oor kontrakte - August 11, 2023

Die bekende Namibiese kunstenaar, Gazza, oftewel Lazarus Shiimi, is weer vandag in die hof rakende ooreenkomste wat hy met Namibië Brouerye en KFC aangegaan het. Hy word deur Trinity Transaction Advisory vir net minder as 409 000 Namibiese dollar gedagvaar. Die aansoeker sê hy het ‘n ooreenkoms vir konsultasies sowel as regshulp met Gazza onderteken […]

Read More

Zuma se vrylating sal regstoets slaag – Lamola - August 11, 2023

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, hou vol die besluit om oudpresident Jacob Zuma se vonnis te versag, sal regsondersoek deurstaan. Die gewese president trek voordeel uit die kwytskeldingsproses wat tot gevolg sal hê dat meer as 9 000 gevangenes onder korrektiewe toesig vrygelaat word om verligting te bied in oorvol […]

Read More