
SA20-veiling vind vandag plaas - September 27, 2023
Meer as 250 plaaslike en internasionale spelers is vandag in Johannesburg beskikbaar op die veiling vir die tweede jaarlikse SA20-kompetisie. Talle internasionale T20-sterre kan opgeraap word, tesame met sommige van die beste plaaslike spelers en nuwelinge. Die salarisperk vir die tweede seisoen is met 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand verhoog tot 39 miljoen rand. Die SA20-liga […]
Spanne ontplooi na Kaapse informele nedersettings - September 27, 2023
Die Stad Kaapstad sê sy rampbestuur- en frontliniespanne is steeds besig om kwesbare inwoners in informele nedersettings wat deur die dodelike storm geraak is, by te staan. Die burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Carl Pophaim, sê spanne van menslike nedersettings, basiese dienste, ramprisikobestuur, en veiligheid en sekuriteit, werk onverpoosd om inwoners by te staan met die nodige materiaal, hervestiging en noodpakkies waar dit nodig […]
PDM-LP vra vir uitstel van SIM-kaartregistrasie - September 27, 2023
Maximalliant Katjimune, parlementslid van die Popular Democratic Movement, doen ‘n beroep op die kommunikasie-minister, Peya Mushelenga, om die sluitingsdatum vir die registrasie van SIM-kaarte uit te stel. Hy sê die lae registrasiekoers tot op hede is as gevolg van ‘n gebrek aan bewustheid onder veral mense in landelike gebiede. Katjimune het in die Nasionale Vergadering gesê daar is nie genoeg inligting oor die SIM-kaartregistrasieproses versprei nie. […]
Kommer oor SA se hawens wat swakste ter wêreld is - September 27, 2023
Die Padvragvereniging glo Suid-Afrika se seehawens belemmer die land se handels- en beleggingsgeleenthede. Dit volg nadat Suid-Afrika se seehawens onder die swakste ter wêreld gereken word. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê kwessies soos kabeldiefstal en ander kapasiteit-beperkings het tot die lae plek op die ranglys gelei:
Biden sê UAW-lede verdien verhogings - September 27, 2023
Die Amerikaanse president Joe Biden het Dinsdag by stakende motorwerkers aangesluit in Detroit, Michigan in wat die Withuis sê ‘n historiese eerste vir ‘n sittende Amerikaanse president was. Die 80-jarige Demokraat het ‘n vakbond-bofbalpet gedra en ‘n megafoon gebruik om werkers van die United Auto Workers vakbond toe te spreek. Hy het gesê hulle verdien die aansienlike salarisverhoging wat hulle nodig het en […]
Vrou toets Aston Martin se F1-voertuig - September 27, 2023
Aston Martin het bevestig die Britse renjaer, Jessica Hawkins, is die eerste vrou in bykans vyf jaar om ‘n Formule Een-motor te toets. Die 28-jarige het by die Hungaroring in Boedapest agter die stuurwiel ingeklim. Die voormalige Britse renstelkampioen was ‘n waaghalsjaer in die James Bond-fliek, “No Time to Die”. Sy sê sy moes elke bietjie bloed, sweet en trane inspan om haar jongste prestasie […]
Jerry se gade-wet is op pad na Geingob se tafel – wat nou? - September 27, 2023
Reaksies word ontvang op die Nasionale Vergadering se goedkeuring van die mosie oor ‘n wysigingswetsontwerp op die huwelik deur die Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo. Dit kom nadat die mosie verskeie kere bespreek sou word, maar dit nie gebeur het nie. Die wetsontwerp, wat ‘n “eggenoot” definieer om die erkenning van selfdegeslaghuwelike te omseil, word nou aan […]
Menzies sal volgende week oor sy toekoms sê - September 27, 2023
Plaaslike berigte lui dat die meer as 100 werknemers van Menzies Aviation volgende week hulle lot sal hoor met ‘n hoërhofbeslissing wat op 3 Oktober verwag word. Die maatskappy het ‘n rits hofsake gebring om verskillende aspekte van die tendertoewysing vir grond- en vraghantering by die internasionale lughawe aan Paragon Aviation, ter syde te laat […]
Nuwe balmeul: Navachab belê in komende dekades - September 27, 2023
Navachab-goudmyn se balmeul is vervang. Dit was ‘n reuse-operasie om die 230 ton meul uit te lig en daarvoor is ‘n spesiale kruipkraan deur Concord Cranes vir die vervanging voorsien. Die besturende direkteur van Navachab, George Botshiwa sê die meul is die hart van die myn en hy sien uit na nog ‘n paar dekades […]
Biden se Commander byt weer, 11de keer - September 27, 2023
Commander, die Biden-gesin se tweejarige Duitse Herdershond, het nog ‘n geheimediens-agent gebyt. Dit is die 11de keer dat Commander hap en daar word beaam dat hy onder druk is as gevolg van die stres van die Withuis se omgewing. Commander is die jongste van die Biden-gesin se twee Duitse Herdershonde. Die ander bytvoorvalle het by […]