DA: Kuberkrakery by verdediging - August 25, 2023

Die DA vra die minister van verdediging en militêre veterane, Thandi Modise, om dringend te reageer op berigte van ‘n losprysware-aanval rakende militêre data. Die kuberkraker-groep Snatch het volgens berigte by die departement se stelsels ingebreek en 1,6 teragrepe data onttrek, waaronder militêre kontrakte. Die party eis antwoorde oor die tydsverloor, data wat in gedrang […]

Read More

Rugby: Tonga se senter ook in sop oor duikslag - August 25, 2023

Rugby: Die voormalige All Black-senter, George Moala, sal nie vir Tonga kan uitdraf in die Wêreldbeker-groepwedstryd teen die Springbokke nie, nadat sy appèl teen ‘n skorsing van vyf wedstryde van die hand gewys is. Hy is geskors oor ‘n gevaarlike duikslag in ‘n wedstryd teen Kanada vroeër die maand. Moala, wat van 2015 tot 2016 […]

Read More

NamWater: Skuld kan nie net afgeskryf word - August 25, 2023

NamWater het sy reaksie gegee op die Rundu Concerned Citizens Association wat gepleit het om die dorp se waterskuld van 211 miljoen Namibiese dollar aan NamWater te laat afskryf. Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Menslike Hulpbronne en Gemeenskapsontwikkeling Reginald Ndara, wat ook as raadslid by die Rundu-dorpsraad dien, het die pleidooi tydens […]

Read More

EU: Zim-verkiesing voldoen nie aan standaarde - August 25, 2023

Die Europese Unie het by die Afrika-Unie en die SAOG se verkiesingswaarnemingsending aangesluit. Hulle sê dat die Zimbabwe-verkiesingskommissie beter kon gevaar het in die land se algemene verkiesings. Die hoof van die Europese Unie-sending, Fabio Castaldo, het by die lewering van hul voorlopige verslag gesê dat die gebrek aan ‘n gelyke speelveld nie ‘n bevorderlike […]

Read More

Rusland sê Biden moet sy woorde tel - August 25, 2023

Rusland het die Amerikaanse President Joe Biden geroskam oor sy uitlating oor die hoof van die Wagner-groep, Jevgeny Prigozhin, wat vemoedelik Woensdag dood is nadat sy vliegtuig in die noorde van Moskou neergestort het. Biden sou glo gesê het dat hy nie verbaas was om van Prigozhin se dood te hoor nie. Biden het ook […]

Read More

Daar loop weer ‘n luiperd los! - August 25, 2023

Die Gautengse departement van landbou, landelike ontwikkeling en die omgewing waarsku inwoners oor ‘n luiperd wat ronddwaal in die omgewing van die Roodeplaatdam-natuurreservaat. Bewaringsbeamptes monitor die situasie en beplan om ‘n wildsveearts te betrek om die dier veilig te hervestig. Die luiperd se oorsprong is onbekend en ‘n ondersoek is tans aan die gang. Luiperds, […]

Read More

Namibiese rolprent op KykNET en kie uitgesaai - August 25, 2023

Die Namibiese rolprentvervaardiger, die 27-jarige Riejhaat Wolhuter se eg Namibiese rolprent word op Sondag 1 Oktober op kykNET en Kie uitgesaai. Instant Love is ‘n romantiese komedie-film in Engels en Afrikaans en speel af in Rehoboth. Nóg ‘n lid van die Kosmos 94.1-span, die bekroonde akteur Armas Shivute Armas, het ook ‘n rol weggeslaan. Wolhuter […]

Read More

Bielie van ‘n mosiehofrol vandag hanteer - August 25, 2023

Regters Boas Usiku en Hannelie Prinsloo het vandag ‘n bielie van ‘n mosiehofrol hanteer met altesaam 140 aansoeke. Kommersiële banke het 67 aansoeke om verstekvonnisse vanoggend in die mosiehof gebring. Daar was agt reël 108-aansoeke op die rol. Daar is 31 eiendomslenings ter waarde van ‘n allemintige 37,54 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is, […]

Read More

Olifante beskadig daagliks Veterinêre Kordonheining - August 25, 2023

Mens-olifant-konflik is ‘n groot uitdaging in Namibië met boere en gemeenskappe wat reuse-skade weens die grootvoete ly. Die Vleisraad van Namibië het sy bydraes verhoog om die direktoraat van veeartsenydienste in die landbouministerie te ondersteun met die instandhouding van die Veterinêre Kordonheining. Vier persone is in die instandhoudingspan aangestel met die doel om die huidige […]

Read More

China grom weer vir VSA oor militêre hulp aan Taiwan - August 25, 2023

Die Chinese regering het skerp gereageer op Amerika se besluit om ‘n moontlike verkooptransaksie van 500 miljoen Amerikaanse dollar aan Taiwan goed te keur. Die transaksie sluit infrarooi opsporingstelsels vir F16-vegvliegtuie en ander toerusting in. Die Chinese ministerie van verdediging het in ‘n verklaring gesê die VSA moet die bewapening van Taiwan staak, en sy […]

Read More