
Buthelezi word Vrydag begrawe - September 11, 2023
Die provinsiale regering in KwaZulu-Natal het aangekondig dat die begrafnisdiens van prins Mangosuthu Buthelezi Vrydag sal plaasvind. Die IVP-stigter is Saterdagoggend in die ouderdom van 95 by sy woning KwaPhindangene naby Ulundi dood. Premier Nomusa Dube-Ncube is deurlopend in gesprek met die Presidensie oor die begrafnisreëlings. Die provinsiale regering sê Buthelezi se familie het ‘n […]
9/11: 22ste herdenking met 1 000 liggame wat nog uitgeken moet word - September 11, 2023
Amerikaners dink vandag terug aan die gruwel en nalatenskap van die aanvalle op 11 September 2001. Daar sal op verskillende plekke vergader word vir die 22ste herdenking van die dodelikste terreuraanval ooit op Amerikaanse grondgebied. Twee gekaapte vliegtuie met selfmoord-aanvallers het in die Wêreldhandelsentrum se Twin Towers vasgevlieg. Byna 3 000 mense is in die […]
Shell V-Power het aan die kus gekook - September 11, 2023
Die Shell V-Power-tydren wat op Swakopmund plaasgevind het was ‘n reuse-sukses. Daar was tien trajekte oor 103 kilometer. Francois Lottering was daar.
Jhb-brand: Nog 18 slagoffers uitgeken - September 11, 2023
Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê nog 18 liggame is uitgeken ná die noodlottige brand in die Usindiso-gebou in Johannesburg waarin 77 mense verlede maand dood is. Die slagoffers is vermoedelik inwoners wat onwettig in die gebou gebly het wat aan die Stad Johannesburg behoort. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê vingerafdrukke van die oorledenes word […]
Veediefstal maak weer sy verskyning op misdaadverslag - September 11, 2023
Veediefstal duur voort. Die Namibiese polisie sê twee bees is deur stropers op ‘n plaas wes van Okahandja geskiet. ‘n Derde bees is gewond. Die stropers het die twee diere geslag en ingewande agtergelaat. Die waarde van die diere word op 39 000 Namibiese dollar beraam. In die Ooste, op Plessis-plaas is daar in twee […]
Voorkoming van selfmoord-dag vandag herdenk - September 11, 2023
Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula sal vandag die Internasionale Dag van Selfmoord-voorkoming herdenk met ‘n geleentheid by die ministerie se hoofkantoor in die hoofstad. September is geestesgesondheidsmaand, ‘n kwessie wat internasionaal en plaaslik na vore tree, met trae dienste in die land se fasiliteite. Namibië het die hoogste selfmoord-koers op die vasteland met 770 gevalle wat in die afgelope 12 […]
Afrika, verkiesings en sosiale media onder die loep - September 11, 2023
‘n Konferensie wat in Ethiopië gehou is, het beginsels en riglyne neergelê vir die gebruik van digitale en sosiale media in verkiesings in Afrika. DIe mikpunt is om meer kiesersdeelname en deursigtigheid in die verkiesingsproses te verseker. Die voorsitter van Suid-Afrika se Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, het die belangrikheid uitgelig van ‘n ondersoek na hoe sosiale […]
Bokke se oorwinning is ‘n stap in die regte rigting - September 11, 2023
Die Springbok-afrigter Jacques Nienaber sê die oorwinning in hulle eerste Wêreldbeker-wedstryd is vir die span ‘n stap in die regte rigting. Danksy Pieter-Steph du Toit en Kurt-Lee Arendse se drieë in die tweede helfte het die verdedigende kampioen in Marseille in Frankryk ‘n oorwinning van 18-3-behaal in hulle Groep B-wedstryd teen Skotland. Nienaber sê hulle […]
Kommer oor geslagsgeweldsake wat in howe teruggetrek word - September 11, 2023
Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid en Polisie-oorsig Reagen Allen, het kommer uitgespreek oor ondoeltreffendheid in die polisie met die oplos van geslagsgeweldsake in die provinsie. Die tweede- en derdekwartaalverslae van die departement se Hofmoniteringsopdrageenheid dui aan tussen Oktober verlede jaar en Maart vanjaar is altesaam 283 sake wat by 33 howe dopgehou is van die […]
Net N$200m beskikbaar vir droogtehulp - September 11, 2023
Die Namibiese regering het erge tekorte om droogtehulp te voorsien. Amper 900 miljoen Namibiese dollar is nodig en volgens die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila, is daar net 200 miljoen dollar beskikbaar. Die premier het ‘n beroep op noodkomitees in die streke gedoen om hul politieke verskille opsy te sit en daarop te fokus om die mense in nood […]