Swakop-pastoor uit op borg, verskyn weer einde Oktober - September 11, 2023

Die Swakop-pastoor wat van onsedelike aanranding aangekla is, sal weer op 31 Oktober terugkeer hof toe. Die 34-jarige Felix Kandjimi van die Christ Centre Ministry Church in Mondesa het volgens die polisie twee van sy bediening se vroulike lede, 31 en 37 jaar, met salwingswater betas. Die polisie sê die vroue se borste, heupe en privaatdele is daarmee ingevryf, onder die voorwendsel dat hy hulle genees en seën. Hulle […]

Read More

Tshwane en Rand Water het twee weke vir plan - September 11, 2023

Die adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, het die Stad Tshwane en Rand Water twee weke tyd gegee om met ‘n medium- tot langtermynplan vorendag te kom om die waterkrisis te hanteer. Die metro beleef ‘n daling in watervlakke by nege reservoirs weens ‘n toename in waterverbruik. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê Mahlobo het gister met amptenare van die stad en […]

Read More

Chinese spioen in Britse parlement? - September 11, 2023

Die Britse premier Rishi Sunak het by die G20 gesprekke met Chinese verteenwoordigers gevoer oor die land se vermeende spioenasie in die Verenigde Koninkryk. Nou het dit aan die lig gekom dat daar moontlik ‘n Chinese spioen in die Britse parlement kan wees. Die land se minister van handel en sake, Kemi Badenoch sê dit is uiters kommerwekkend. 

Read More

Libanon-ontploffing moet ondersoek word - September 11, 2023

Die VN se menseregte-hoof Volker Turk het die gebrek aan aanspreeklikheid vir die 2020 Beiroet-hawe-ontploffing verwerp en ‘n internasionale ondersoek aangemoedig/ na die massiewe ontploffing wat dele van die stad vernietig het. Op 4 Augustus 2020 het ‘n groot hoeveelheid ammoniumnitraat wat by die hawe van Beiroet in die hoofstad van Libanon gestoor is, ontplof, […]

Read More

Verskeie brand woed, sommige buite beheer - September 11, 2023

Daar is verskeie groot brande wat op die oomblik woed naby Midgard en Oamites. Beide brande het reeds Sondag ontstaan. Sean Naude van die Namibia Marshall Rangers het die jongste. By Ovitoto brand dit reeds vir twee dae… 

Read More

Gauteng-skole teken sedert Januarie 40 selfmoorde aan - September 11, 2023

Gauteng se Departement van Onderwys is in gesprek met die provinsiale Departement van Gesondheid vir ‘n ontleding van selfdoodgevalle, om die oorsake en redes vir hierdie voorvalle te bepaal en te verstaan. Daar was sedert die begin van die jaar 40 vermeende selfdoodvoorvalle in skole in die provinsie. LUR Matome Chiloane sê hulle werk nou […]

Read More

Aanval dood 40 burgerlikes in Sudan - September 11, 2023

Minstens 40 burgerlikes is dood en tientalle beseer in ‘n lugaanval op ‘n mark in Sudan se hoofstad, Khartoem. Dis die grootste sterftesyfer in ‘n enkele voorval sedert die oorlog in April begin het. Die aanval het plaasgevind terwyl die oorlog tussen regeringsmagte en die paramilitêre Rapid Support Forces die einde van sy vyfde maand […]

Read More

Duisende in Vladivostok vir eknomiese beraad - September 11, 2023

Die Russiese stad Vladivostok het duisende deelnemers vir die 8ste Oostelike Ekonomiese Forum verwelkom om ekonomiese en kulturele uitruilings tussen die streke van die Asië-Stille Oseaan te bevorder. Die forum sal na verwagting ongeveer 7 000 deelnemers lok met meer as 60 sakegeleenthede wat handel, belegging, infrastruktuur, energie, toerisme, onderwys en kultuur dek wat bespreek […]

Read More

Kommer oor afvalwater-hantering in buurland - September 11, 2023

ActionSA in die Oos-Kaap sê hy is bekommerd omdat die bestuur van afvalwater in die land en veral die provinsie jammerlik onvoldoende is. Dit skep ernstige gesondheids-, omgewings- en ekonomiese risiko’s vir inwoners. Die party sê hy het onlangs na die watersuiweringsituasie in Nelson Mandelabaai, Makhanda en Buffalo City gekyk. ActionSA se provinsiale voorsitter, Athol […]

Read More

Vermiste man was by geslote Myl 72 – NWR - September 11, 2023

Die Erongo-polisie soek steeds na die vermiste Robby Michael van Omaruru. Die 53-jarige het oor die naweek naby Myl 72 vermis geraak na hy blykbaar daar gaan hengel het. Sy motor is beskadig op die strand gevind. Kosmos 94.1 Nuus het met Nelson Ashipala van Namibia Wildlife Resorts gesels.

Read More