Padowerheid fokus op Omaheke-streek se paaie - September 29, 2023

Die hoof uitvoerende beampte van die Padowerheid, Conrad Lutombi, sê ondanks die beperkte hulpbronne tot hul beskikking, werk hulle onverpoosd daaraan om te verseker dat die meeste paaie in die Omaheke-streek broodnodige aandag kry. Die Gobabis-, Aminuis- en Aranos-paaie is almal nog in aanbou, en teen Desember vanjaar sal fase een van die pad amptelik […]

Read More

Mans moet praat, nie selfmoord pleeg, sê stigting - September 29, 2023

Die voorsitter van die Afleweringskamer-stigting, Elago Nantana, moedig mans aan om te praat en hulp te soek wanneer dinge moeilik word, in ‘n poging om selfmoord onder mans in die land aan te spreek. Volgens statistieke wat deur gesondheids-minister Kalumbi Shangula vrygestel is, het Namibië tussen Augustus 2022 en Junie 2023 623 lewens weens selfmoord […]

Read More

DA, ActionSA se koalisie in Tshwane onbevoeg: Tau - September 29, 2023

Die leier van die Transformation Alliance, Abel Tau, betrek nie-regerings- en burgerlike organisasies ter voorbereiding vir ‘n algehele stilstand in die Stad Tshwane. Die party is bekommerd oor die voortdurende ineenstorting van dienslewering in die metro, en skryf dit toe aan die onbevoegdheid van die DA en ActionSA se koalisieregering. Tau sê die munisipale werkers-staking […]

Read More

Stampriet uraanmyn-vereniging vergader volgende week - September 29, 2023

Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association se algemene jaarvergadering is geskeduleer vir Woensdag, 11 Oktober by die Stampriet Boereverenigingsaal in die dorp. Die vergadering begin om tien-uur. Geregistreerde lede van die vereniging is welkom om dit by te woon, maar potensiële lede moet egter voor die vergadering om lidmaatskap aansoek doen. Divan Opperman, voorsitter van […]

Read More

Opdatering van voorafbetaalde elektrisiteitsmeters in Pionierspark - September 29, 2023

Stad Windhoek kondig aan dat sy span wat die opdatering van voorafbetaalde meters vir elektrisiteit behartig, vanaf die 3de Oktober tot die 27ste Oktober 2023  in Pionierspark bedrywig sal wees. Kliënte word aangemoedig om enige ongebruikte krediettekens wat voor die meter-opdatering gekoop is te herlaai, aangesien hulle na die opdatering nie meer deur die meter […]

Read More

Verbod op beweging van pluimvee kom dalk - September 29, 2023

Die direkteur vir Veeartsenydienste in Noordwes, Langa Madyibi, sê ‘n verbod op die beweging van pluimveeprodukte moet afgedwing word indien die situasie met voëlgriep dit noodsaak. Noordwes is die jongste provinsie waar die siekte waargeneem is, met 2,7 miljoen hoenders wat reeds van kant gemaak is as gevolg van uitbrekings. Madyibi sê die sleutelfaktor wat […]

Read More

Proteas vrouespan honger vir nog ‘n sege - September 29, 2023

Krieket: Suid-Afrika en Nieu-Seeland se vrouespanne pak mekaar Sondag in Durban in die laaste eendagwedstryd, nadat die Proteas gister in Pietermaritzburg die reeks beklink het. Die gasvroue was indrukwekkend toe hulle die teiken van 253 gehaal het met sewe paaltjies staande en nog 28 balle oor. Die waarnemende kaptein, Laura Wolvaardt, het met ‘n onoorwonne […]

Read More

Reaksie op Afrika SME-forum in Namibië - September 29, 2023

‘n Besluit geneem by die kabinetsinligtingsessie van 26 September 2023 dat Namibië sy belangstelling uitdruk om as gasheerland van die Afrika-klein- en medium-ondernemingsforum in 2024 op te tree, is deur die kabinet goedgekeur. ‘n Aansoek om die die Afrika-Unie se mikro-, klein- en medium-ondernemingsberaad in 2024 aan te bied is ook goedgekeur. Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Vierde verkragting van minderjarige in vyf dae - September 29, 2023

Die vierde verkragting van ‘n minderjarige meisie is in vyf dae deur die Namibiese polisie aangemeld. In die jongste geval is ‘n sewe-jarige meisie op Okahandja in die Oshetu-nedersetting deur haar 18-jarige neef verkrag. Volgens die mag deel die twee ‘n kamer en die meisie was aan die slaap toe die voorval plaasgevind het. Die […]

Read More

Kenner sê Eskom is dalk nie heeltemal eerlik nie - September 29, 2023

Die onafhanklike Suid-Afrikaanse energie-ontleder, Hilton Trollip, sê hy is bekommerd dat die Eskom-bestuur dalk nie heeltemal eerlik is in hul pogings om beurtkrag te bekamp nie. Vroeër die week het die kragvoorsiener se bestuur gesê, hulle is vol vertroue dat die terugkeer van drie eenhede van Kusile twee maande voor skedule, sal lei tot verminderde […]

Read More