
Swak dissipline kelder Welwitschias: Allister - September 28, 2023
Rugby: Namibië se hoofafrigter, Allister Coetzee, erken ʼn gebrek aan dissipline het sy span duur te staan gekom in gisteraand se Wêreldbeker-groepswedstryd teen Uruguay in Lyon. Die span het skitterend begin en was kort na rustyd 23-12 voor, maar ʼn rooikaart vir Des Sethie en geelkaarte vir kaptein Tjiuee Uanivi en Johan Coetzee het die […]
Nuwe egskeidingswet op pad - September 28, 2023
Die justisie-minister Yvonne Dausab het verlede jaar ‘n mosie om die egskeidingswet by te werk in die parlement ter tafel gelê, onder meer om die skuld-gebaseerde stelsel waarvolgens egskeidings aangevra en toegestaan word, te verwyder. Die minister het tydens die ministerie se kabinetskomitee-inligtingsessie gesê die voorgestelde stuk wetgewing is in die finale opstel-stadium en sal […]
Vissermanne van Fishrot-vaartuig wag steeds op hul geld - September 28, 2023
Drie-en-twintig vissermanne wat op die omstrede Heinaste-vaartuig gewerk het wat betrokke was by die Fishrot-skandaal, het steeds nie hul skeidingsbetalings ontvang nie. Hulle is in November 2018 onregmatig ontslaan, wat aan hulle ‘n arbitrasietoekenning van die arbeids-ministerie besorg het. Die arbitrasie gedateer 24 Junie 2021 het die vaartuig se eienaar, Articnam Fishing, beveel om die […]
Parlement verdaag na chaos in die NV - September 28, 2023
Daar was chaos in die Nasionale Vergadering vandag nadat ‘n hoogs ontstoke Landless People’s Movement parlementslid, Henny Seibeb, sy teleurstelling uitgespreek het met die aantal ministers en lede van die huis wat nie die sessie bywoon nie. Ondersteun deur McHenry Venaani, leier van die PDM, het Seibeb voorgestel dat lede se salarisse gesny word as […]
Veiliger paaie verg ‘kollektiewe poging’ - September 28, 2023
Die uitvoerende hoof van die motorvoertuigongelukke fonds, Rosalia Martins-Hausiku, sê die erkenning van padveiligheid as ‘n kernwaarde stel die fonds in staat om kosbare lewens te red. Sy het by die vierde Vroue in Padveiligheid-konferensie in Oshakati gesê die bemagtiging van gemeenskappe vir veiliger paaie verg ‘n kollektiewe poging wat proaktiewe betrokkenheid, opvoeding en die […]
Mashaba sê Cyril moet aanspreeklik wees vir Phala-Phala - September 28, 2023
ActionSA sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank het nie binne die wettige mandaat van 30 dae gereageer op sy aansoek om toegang tot die Phala Phala-verslag te kry nie. Die Reserwebank het president Cyril Ramaphosa van alle blaam onthef ná die ondersoek na die miljoene onverklaarde buitelandse valuta wat in 2020 op sy plaas in Limpopo gesteel […]
Kabinet verbind hom tot watersekerheid - September 28, 2023
Die kabinetsinligtingsessie van 26 September 2023 het tot verskeie besluite gelei, waarvan die Kabinet een goedgekeur het. Die Kabinet het kennis geneem van die uitslag van die 2023 Wêreldwaterweek wat in Augustus 2023 in Stockholm, Swede gehou is, en onderskryf dat Namibië ‘n aantal aktiwiteite onderneem om water-sekerheid vir sy burgers te verseker. Informasie-minister Dr. […]
Jong meisies sonder toestemming tot intimiteit gedwing - September 28, 2023
Volgens misdaadverslae het twee jong meisies onlangs in die noorde van die land klagtes gelê nadat hulle gedwing was om met mans intiem te wees. ‘n Graad 5-leerling van die dorp Iinongo in die Oshikoto-streek is in Februarie na ‘n man se kamer geroep waar hy haar met ‘n pistool gedreig en teen haar sin […]
SA klim hoog op misdaadaanwyser - September 28, 2023
Tax Justice South Africa het kommer uitgespreek omdat Suid-Afrika sewende uit 193 lande is op ʼn skaal wat misdadigheid meet. Die tweede uitgawe van die aanwyser vir georganiseerde misdaad toon die land het 12 plekke op die misdaadaanwyser geklim. Dit was in 2021 in die negentiende plek, maar het vanjaar ʼn telling van 7,18. Suid-Afrika […]
Russe staan tou om ‘Barbie’ te sien - September 28, 2023
Russe staan tou om die Hollywood-rolprent, “Barbie” te sien ondanks Westerse sanksies oor die land se oorlog in Oekraïne. Sommige fliekteaters verkoop selfs kaartjies vir plaaslik vervaardigde kortfilms en wys dan ongemagtigde kopieë van “Barbie” as die voorskou. Die kultuur-ministerie het vroeër gesê die fliek strook nie met die beginsels en doelwitte wat president Vladimir […]