Man kry net N$15 000 in skadevergoeding in hoërhof
Die staat moet ‘n man van die Babylon informele nedersetting 15 000 Namibiese dollar vir onwettige arrestasie en aanhouding. Kalimbwe Kalimbwe is op 16 November 2022 in hegtenis geneem en by die Otjomuise-polisiestasie oornag aangehou op klagte van aanranding. Hy het die volgende dag verskyn, borg ontvang en alle klagtes is in Januarie 2023 laat […]
Kaapstad baklei teen Eskom se 44%
Die Stad Kaapstad sal vandag en môre mondelingse en geskrewe voorleggings doen tydens die Nasionale Energiereguleerder se verhore oor Eskom se 44-persent prysverhoging vir ‘n veeljarige bepaling. Die metro is ‘n heftige teenstander, namens inwoners, van die verhoging. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê dit is onbeskostigbaar, onregverdig en uit voeling met die finansiële […]
Plastiekafval veroorsaak kragonderbrekings in Kongo
Plastiekafval wat in ’n groot hidro-elektriese dam in die ooste van die Kongo invloei, veroorsaak gereelde kragonderbrekings in verskeie groot stede, wat ’n uitdaging skep wat plaaslike owerhede probeer oplos. Die Ruzizi-dam wat aan die suidpunt van die Kivu-meer geleë is, voorsien die stad Bukavu en ander van elektrisiteit en die kragonderbrekings knou plaaslike besighede. […]
Aboriginee-senator wat koning uitjou is in die sop
Australiese wetgewers het ‘n Aboriginee-senator, Lidia Thorpe, oor die kole gehaal nadat sy koning Charles verlede maand uitgejou het tydens sy besoek aan Canberra. Sy het die verwelkoming onderbreek deur uit te roep: “Jy’t volksmoord teen ons mense gepleeg” en “Jy’s nie ons koning nie”. ʼn Mosie van sensuur dra geen grondwetlike of wetlike gesag […]
Ruben mik hoog met stigting
Die Ruben Lambrechts-stigting is amptelik in bedryf na ‘n sooispit-geleentheid oor die naweek. Soos vroeër bevestig word die eerste fondse aangewend vir Droogtehulp Namibië. Ruben Lambrechts het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en terwyl hy nog nie kan bevestig presies hoeveel fondse ingesamel is nie, mik hy hoog. Henriëtte le Grange van Droogtehulp Namibië het […]
Tropiese vleilande stel ongekende vlakke van metaan vry
Volgens nuwe navorsing stel tropiese vleilande ongekende vlakke van metaangas vry wat wêreldwye pogings bedreig om klimaatsverandering die hoof te bied. Metaan is ‘n kragtige kweekhuisgas en 80 keer meer doeltreffend as koolstofdioksied om hitte oor 20 jaar vas te vang. Studies skryf die skerp styging toe aan tropiese streke met die Kongo, Suidoos-Asië, die […]
Senegal se Faye toon meerderheid in parlementêre verkiesings
Verwagtinge neem toe dat president Bassirou Diomaye Faye se party Sondag se wetgewende verkiesings in Senegal sal wen nadat twee opposisieleiers toegegee het terwyl stemme nog getel word. Faye, wat ‘n duidelike parlementêre meerderheid soek om sy beloofde hervormingsagenda uit te voer, het die kiesers aangemoedig om kalm te bly, ongeag die uitslag. Dit is […]
Talavera vol lof vir 12-jarige Cooper wat geskiedenis maak met Lukas
Reaksie word ontvang op die toekenning van die beste jong Afrika-akteur aan die Namibiese Alejandro Cooper. Die 12-jarige het die toekenning by die Sotigui-toekennings in Burkina Faso ontvang vir sy rol in die rolprent Lukas. Hy was die enigste Namibiër wat genomineer is en die eerste een om die pryskategorie te wen. Kosmos 94.1 Nuus […]
Groente- of vrugteboer? Registreer by NAB
Registrasie by die Namibiese Akkerbouraad is noodsaaklik vir beide aspirant- en gevestigde plaaslike gewasprodusente. Dit bied erkenning as ‘n wettige produsent en toegang tot formele en informele markte. Dit bring ook integrasie in ‘n spesifieke produksiesone, wat bydraes tot plaaslike landbou verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, ‘n tegniese adviseur by Agribank […]
SAKP vergader oor sy ‘onafhanklikheid’
Die SAKP gaan sy vyfde spesiale nasionale kongres volgende maand gebruik om sy verhouding oor tientalle jare met die ANC te hersien. Die drie-party-alliansie se verhouding is gespanne na die ANC se besluit om die DA by die regering van nasionale eenheid in te sluit. Die SAKP sê in sy konferensiebesprekingsdokument sy identiteit as ‘n […]