Werkloosheidsyfer in SA nie eweredig versprei nie

Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, sê die effense verbetering in die algemene werkloosheidsyfer is nie eweredig en regverdig versprei nie omdat die swart middelklas, vroue en die jeug steeds werkloosheid in die gesig staar. Die werkloosheidsyfer het met een persentasiepunt gedaal van 33,9 persent in die vorige kwartaal tot 32,9 persent in die jongste […]

Read More

Alzheimer-middel toon belowende resultate

Alzheimer’s Research UK sê die eerste middel wat kan keer dat Alzheimer se siekte die brein vernietig, is ‘n hoogtepunt. ‘n Kliniese proefneming met die eksperimentele middel, Lecanemab, het bevind dit verminder oor ‘n tydperk van 18 maande die agteruitgang in pasiënte se breinvermoë met 27 persent. Die grootskaalse proefneming het 1 795 vrywilligers in […]

Read More

Natuurlik sal nasionale gesondheidsversekering nie plaasvind nie – DA

Die DA in die buurland sê hy het nog altyd gesê die nasionale gesondheidsversekering kan nie sonder ‘n studie oor finansiële volhoubaarheid oorweeg word nie. Die finansminister, Enoch Godongwana, het onthul volgende jaar se begroting wat in Februarie ter tafel gelê word, sal waarskynlik nie groot klem op die NGV lê nie. Michele Clarke van die DA sê die […]

Read More

Afrika-lugvaart projek sal goed wees vir verbruikers

Namibië gaan deelneem aan die sogenaamde Single African Air Transport-mark, wat na verwagting ‘n 27 persent vermindering in lugtariewe sal meebring, byna 600 000 werkgeleenthede sal skep en 4,2 miljard Amerikaanse dollar by die vasteland se bruto binnelandse produk sal voeg. Volgens Toska Sem, die uitvoerende direkteur van die Namibiese Burgerlugvaartowerheid, is die bedoeling om […]

Read More

ANC het geen idee hoe om werkloosheid aan te spreek nie

Die DA sê werkloosheid is die grootste bedreiging vir die inrigting van die samelewing en die ANC het geen idee hoe om dit te hanteer nie. Werkloosheid het in die derde kwartaal vanjaar met een persentasiepunt afgeneem van 33,9 persent tot 32,9 persent. Maar 7,7 miljoen aktiewe werksoekers is steeds sonder werk. Michael Cardo van die DA sê die bedreiging […]

Read More

Al hoe minder Britte is Christene

Daar is ʼn merkbare afname in die aantal mense in Engeland en Wallis wat hulleself as Christene beskou en hulle verteenwoordig nou vir die eerste keer minder as die helfte van die bevolking. Dit is volgens data in die Sensus van 2021. Ongeveer 46,2 persent beskryf hulleself as Christene –  ʼn daling vanaf die 59,3 […]

Read More

Norman moet waai sodat PGA, LIV kan praat, sê Woods

Tiger Woods sê dat as Greg Norman LIV Golf verlaat sal dit moontlik wees om samesprekings tussen die PGA-toer en die wegbreek-toernooi te hou. Hy sê daar is te veel “vyandigheid” vir samesprekings terwyl Norman as LIV-uitvoerende hoof aanbly. Hy voeg by die twee organisasies moet hul regsgedinge teen mekaar laat vaar.

Read More

Al hoe meer SA-staatsamptenare betrek by korrupsie

Die Suid-Afrikaanse kriminoloog, Kholofelo Rakubu, het kommer uitgespreek oor die hoë voorkoms van staatsamptenare wat by korrupsie betrek word. Sy skryf dit onder meer toe aan die ondoeltreffendheid in beleid en die algehele ontoereikendheid van Suid-Afrikaanse wetgewing. Rakubu se opmerkings kom teen die agtergrond van die Valke se onthulling dat hulle in die vorige kwartaal […]

Read More

Dieseltekorte duur internasionaal voort

Internasionale analiste sê ’n volmaakte storm is besig om in globale dieselmarkte te ontvou. Raffinaderye is onder druk, en die koste daarvan is hoog, dus word voorrade uitgeput namate die koue seisoen van die Noordelike Halfrond begin. Verskaffingstekorte kan kritieke vervoernetwerke in gevaar stel. Bloomberg waarsku dat daar binne maande in byne elke streek op die planeet ‘n gevaar van ‘n dieseltekorte kan wees. Dieselvoorraad in die VSA het tot die laagste vlak gedaal sedert 1982 en daar is volgens berigte net 25 […]

Read More

Cosatu verwelkom verlaging in werkloosheid

Die buurland se vakbondfederasie Cosatu het die verbetering in die werkloosheidstatistiek verwelkom. Statistiek SA het die uitslae van sy Kwartaallikse Arbeidsopname bekend gemaak. Data toon Suid-Afrika se werkloosheidskoers het in die derde kwartaal met een persentasiepunt tot 32,9-persent gedaal. Matthew Parks van Cosatu sê egter die land het nog ‘n lang pad om te stap voor hierdie afwaartse neiging gehandhaaf kan word. […]

Read More