Britse Arbeidersparty ondersteun tribunaal om Rusland te ondersoek

Stephen Kinnock, die Britse skaduminister van immigrasie, sê hy ondersteun die Oekraïnse presidentsvrou Olena Zelenska se versoek aan Brittanje vir ‘n tribunaal om Rusland vir oorlogsmisdade te vervolg. Zelenska is op besoek aan die Verenigde Koninkryk. Kinnock voeg by dat Arbeidersparty sal doen wat nodig is om Rusland tot verantwoording te roep.

Read More

Musk sê Apple is lelik met Twitter

Elon Musk, eienaar van Twitter, sê Apple het die meeste van sy advertering op Twitter gestaak en hy het die maatskappy daarvan beskuldig dat hy dreig om die sosialemediaplatform van sy app-winkel te verwyder. Die helfte van Twitter se grootste adverteerders het hul bemarking op die platform gestaak te midde van Musk se chaotiese oorname van die maatskappy. Vyftig van Twitter se voorste 100 adverteerders het sedert 21 November hul […]

Read More

Repokoers: Komitee het ekonomiese herstel in ag geneem

Die Bank van Namibië se monetêre beleidskomitee het die repokoers met 50 basispunte opgestoot na 6,75 persent toe, minder as die verwagte 75 basispunte. Die goewerneur van die bank Johannes !Gawaxab sê die komitee het die herstel van die Namibiese ekonomie in ag geneem.

Read More

Vleispryse sal plaaslik ook styg oor feestyd, nes in SA

Vleispryse in Suid-Afrika sal na verwagting met die feesseisoen styg. Die afskaffing van invoertariewe op hoender, maak nie juis ‘n verskil aan hoenderpryse nie en varkvleispryse bly ook hoog. Namibiese landboukenner, Wallie Roux verduidelik hoe vergelyk die vleispryse in Namibië met dié van buurlande in die SAOG-streek en of Namibiërs die feesseisoen ‘n vleisie op […]

Read More

Man vas vir verdrinking van 27 migrante

‘n Twee-en-dertigjarige man sal na verwagting vandag in die Westminster-landdroshof verskyn om moontlik aan Frankryk uitgelewer te word waar hy tereg sal staan op aanklagte van strafbare manslag. Dit volg nadat hy in Gloucestershire in hegtenis geneem is in verband met die dood van minstens 27 mense wat verlede jaar verdrink het in ‘n poging […]

Read More

Navo-lede sal Oekraïne bystaan met energie-infrastruktuur

Die vergadering van ministers van buitelandse sake van Navo-lande in Boecharest het onderneem om verdere militêre ondersteuning aan die Oekraïne te bied sowel as om hulp te verleen met die land se kragtekorte. Dit sluit nie net bystand in verband met infrastruktuur nie maar ook kragopwekkers en brandstof daarvoor. Die sekretaris-generaal van Navo, Jens Stoltenberg, […]

Read More

Agra se ‘Skenk vir Pienk’-veldtog ‘n reuse-sukses

Gedurende Oktobermaand het Agra Auctions hul eerste “Skenk vir Pienk”-veldtog aangebied om fondse vir die Kankervereniging van Namibië in te samel. Weens die oorweldigende reaksie van die Namibiese boere en op hul versoek, is die veldtog tot 15 November verleng. Meer as 177 965 Namibiese dollar is vir die veldtog ingesamel en aan die uitvoerende […]

Read More

ANC loop deur onder skade deur oorstroming van Oranjerivier

Die DA in die Noord-Kaap sê die departement van landbou het miljoene Suid-Afrikaanse rand bestee om te probeer om die risiko van natuurlike rampe te temper. Hierdie maatreëls kon nie die oormatige skade van oorstromings langs die Oranjerivier keer nie. ‘n Woordvoerder van die party, Reinette Liebenberg, sê die huidige oorstromings het uitgeloop op die […]

Read More

Swapo-stemme sal oorgetel word, maar mag die komitee dit doen?

Die oortel van die stemme in die verkiesing vir Swapo se sentrale komitee sal na verwagting rondom 11-uur begin. Die party se sekretaris-generaal het laat Dinsdagaand opdrag gegee dat dit vandag gedoen word na klagtes ontvang is. Daar is teenstrydige berigte oor of die party se verkiesingskomitee wel die stemme oor kan tel. Die veteraan […]

Read More

1GB-data: Namibië is 6de duurste in Afrika

High Economic Intelligence in die hoofstad het ‘n ontleding gedoen van datakostes in Afrika-lande Suid van die Sahara. Namibië is onder die lande die sesde duurste land en dit kos plaaslik 10 Amerikaanse dollar en 52 sent vir een gigabyte se data. Die duurste land is Sao Tome en Principe waar ‘n gigabyte 29 Amerikaanse […]

Read More