Mudge sê Geingob moet Saara laat gaan, na vertoning by kongres

Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, sê President Hage Geingob moet eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila vervang. In sy mening is haar swak vertoning in die afgelope Swapo-kongres se verkiesings net weer ‘n bewys dat sy haar nie goed van haar taak kwyt nie. Hy voeg by daar is ook geen vertroue in haar […]

Read More

Afrika-landbou se tyd raak min

Landbou-ontleders waarsku dat Afrika se tyd beperk is in die wedloop na voedselsekerheid. Dit volg nadat bevind is daar is ongeveer 80 miljoen mense wat aan hongerte en wanvoeding kan ly weens die droogte. Ontleders glo om landbou-oplossings in te stel wat bekend is om produktiwiteit van beter sade en kunsmis te verbeter, kan die […]

Read More

G7-justisieministers sal oorlogsmisdade-ondersoek koördineer

Die G7 se ministers van justisie het ingestem om ‘n netwerk saam te stel om ondersoeke na oorlogsmisdade te koördineer, as deel van ‘n veldtog om mense wat vermoedelik gruweldade in Oekraïne gepleeg het, te vervolg. Oekraïne het tot dusver byna 50 000 oorlogsmisdade aangeteken en sowat 600 verdagtes geïdentifiseer wat van oorlogsmisdade verdink word. Die […]

Read More

Brandstofprys: Diesel is die buiteperd

Die brandstofprys was nog altyd maklik om te bepaal – ons kyk na ru-oliepryse en die wisselkoers maar, diesel is op die oomblik die buiteperd. Volgens internasionale analiste is ’n volmaakte storm is besig om in globale dieselmarkte te ontvou. Raffinaderye bly onder druk en voorrade in Europa en die VSA is baie laag, veral […]

Read More

Repokoers: Ekonoom waarsku oor besteding die Kersfees

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat die terugkoopkoers met 50 basispunte na 6,75 persent deur die Bank van Namibië se monetêre beleidskomitee opgestoot is. Prima is dus 10,25 persent. Die Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu sê verbruikers moet uiters versigtig wees met besteding die feesseisoen.

Read More

Netumbo Nandi-Ndaitwah as president het ekonomiese implikasies

Die Swapo-kongres oorheers steeds die nuus en veral die herverkiesing van Netumbo Nandi-Ndaitwah as vise-president van die party. Sommige Namibiërs is verheug oor die moontlikheid dat dit ‘n vrou sal wees wat die land sal lei na President Hage Geingob se termyn. Theo Klein van Simonis Storm sê wat dit vir Namibië sal beteken as […]

Read More

Geen rybewys-toetse op Outjo nie

Die Padowerheid rybewys-toetsdienste by sy NaTIS-sentrum op Outjo met onmiddellike effek opgeskort. In ‘n mediaverklaring sê die owerheid opknappings duur voort by die perseel op die dorp en sal duur tot 9 Desember. Dienste wat verband hou met leerlinglisensies en padwaardigheidstoetse word nie geraak nie en sal by die sentrum voortgaan. Die owerheid raai mense […]

Read More

‘Oefensessies in die begraafplaas laat ons lewendig voel’

Dinge gaan dalk sleg in Zimbabwe maar die begraafplase in Harare is duidelik veiliger as dié van Windhoek. Internasionale nuusagentskappe berig dat talle inwoners van die buurland se hoofstad oefengroepe in die Warren Hills-begraafplaas vroegoggend bywoon kom om fiks te word. Sommige inwoners staan reeds vier-uur op om dit op tyd te maak vir die […]

Read More

Krediet: Huishoudings maak 54,4% van totaal uit

Kredietverlening deur die privaatsektor het in Oktober vanjaar effe verlangsaam en met 3,5 persent op ‘n jaargrondslag gestyg vergeleke met 4.1 persent wat in September aangeteken is. Krediet opname vir die jaar staan op ‘n gemiddeld van 3,6 persent en is hoër as die gemiddeldes van 2020 en 2021. Kredietopname deur korporatiewe maatskappye, wat 39,1 persent […]

Read More

Trans-Kalahari-spoor van kritieke belang, ministers ontmoet

Die ontwikkeling van die Trans-Kalaharispoorlyn is uiters belangrik vir beide Namibië en Botswana. Kosmos 94.1 Nuus het onlangs berig oor die beplande vervoer van steenkool vanuit Botswana na Gobabis waar dit dan oorgedra word na die spoorlyn vir uitvoer deur Namport. Die Namibiese minister van werke en vervoer John Mutorwa vergader vandag met eweknie van […]

Read More