Groot ontwikkelings aan die kus sal druk op paaie verhoog

Padvragvervoer sal na verwagting in die volgende jaar of twee skerp toeneem in Namibië, veral aan die kus. Die burgemeester van Arandis, Risto Kapenda, sê dat die ontginning van gips, wat in Julie vanjaar sal begin, nie net werksgeleenthede sal lewer nie maar ook vervoer sal ontwikkel. Die Namibiese groenhoutskool produksie-aanleg, ‘n belegging van België, wat in Augustus vanjaar ingehuldig word […]

Read More

EFF veroordeel kwytskelding van Ramaphosa oor Phala Phala

Die EFF het die waarnemende Openbare Beskermer Kholeka Gcaleka se bevindinge verwerp wat President Cyril Ramaphosa vryspreek van wangedrag. Gcoleka sê Ramaphosa het nie onbehoorlik opgetree ná die voorval by sy wildsplaas in Limpopo in 2020 nie. In haar voorlopige verslag sê Gcoleka die president het na behore sy belange in sy boerdery verklaar. Sy het ook bevind ander aantygings teen Ramaphosa […]

Read More

Nog 3 Palestyne deur Israel se weermag doodgeskiet

Israeliese magte het drie gewapende Palestynse mans naby die stad Nablus doodgeskiet, nadat hulle gister losgebrand het op troepe in die besette Wesoewer. Die sterftes bring die aantal Palestyne wat sedert die begin van die jaar dood is op 80 te staan, sedert Israel se aanvalle in die Wesoewer verskerp het. Veertien mense is tot dusver vanjaar […]

Read More

Yeoh sê haar Oscar is monumentaal

Everything Everywhere All at Once het sewe Academy-toekennings gewen wat dit die mees bekroonde beste-rolprentwenner maak sedert Slumdog Millionaire in 2008. Die fliek wat 11 benoemings ontvang het, het uiteindelik met sewe weggestap. Dit sluit in beste rolprent, beste regisseur, beste vroulike hoofrolspeler Michelle Yeoh, ondersteunende aktrise Jamie Lee Curtis, en ondersteunende akteur, Ke Huy Quan. Brendan Fraser het die toekenning vir beste akteur gewen vir sy […]

Read More

Job as president? Dis sy volle reg om te staan…

Die omstrede leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda is doodstil oor advertensies wat in Windhoek en die Noorde opgerig is oor sy 2024 presidensiële veldtog waar Amupanda aangewys word as Namibië se president vir 2025 tot 2030. Dit kom voor asof die veldtog nie gekoppel is aan die beweging nie – veral omdat die beweging steeds sukkel om as vakbond te registreer […]

Read More

Shiimi sê hy sal met vakbonde oor verhogings gesels

Plaaslike media berig dat die minister van finansies, Ipumbu Shiimi, sê dat hy hoopvol is dat daar ooreengestem kan word oor die eise vir ‘n 8 persent en volgende jaar, ‘n 10 persent verhoging vir staatsamptenare. Volgens Shiimi is hulle oop vir onderhandelings maar, hy voeg by dat die staatskas onder druk is. Hy sê […]

Read More

Amushelelo reël groot optog vir 21 Maart

Michael Amushelelo, ‘n lid van die Namibia Economic Freedom Fighters en ‘n uiters omstrede arbeidsaktivis wil op 21 Maart, Onafhanklikheidsdag, ‘n massa-protes reël teen werkloosheid. Amushelelo, wat vandag in die hof op Walvisbaai verskyn vir chaos rondom nog onlangse ‘n protesoptrede, sê die kwessie van werkloosheid is nie partydig nie. Hy sê dit raak almal. […]

Read More

Diefstal oorheers weeklikse misdaadverslag

Vier gevalle van gewapende roof van voetgangers is Saterdagaand tussen nege en tien in Otjomuise in die hoofstad aangemeld. In alle gevalle sê die polisie in sy weeklikse misdaadverslag, is selfone en beursies gesteel. Geen verdagte is in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort. Oor die algemeen neem diefstal toe en daar is […]

Read More

Namibië se reën hang alles van Freddy af en wat hy gaan doen

Freddy is nou in sy 36ste dag en moker Namibië se reënpatrone. Kenners meen dat as die sikloon, wat op die oomblik in Mosambiek woed, noordwes beweeg, Namibië se reënseisoen gered kan word maar, modelle toon dat hy moontlik ‘n u-draai kan maak terug see toe wat ons reën daadwerklik sal beëindig. Die bekende Namibiese […]

Read More

Beurtkrag op van fase een na vier

Eskom is genoodsaak om beurtkrag van fase een tot fase vier te verhoog, weens onklaarrakings en vertragings met die heringebruikneming van eenhede. Fase vier-beurtkrag is tans tot vier-uur vanmiddag in werking waarna fase vyf tot môreoggend vyf-uur van krag sal wees. Hierdie patroon sal tot verdere kennisgewing herhaal word. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die afgelope […]

Read More